Die Huishouding van God - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 155

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281.

Adam dreig die vreemdeling met skerp woorde en verbanning. Die onthulling van die vreemdeling as die Heer Self.

155. Na die gesprek verlaat die vreemdeling vir Abedam en gaan tussen Henog en Adam staan en vra in `n sekere sin aan beide:

2. "Julle bespreek iets in die geheim! Is dit dan ook `n reël op die geskilledag?

3. Vroeër moes die regter baie lank swyg en hy mag niemand eers benader het nie en niemand aangesien het nie, sodat sy oordeel onberispelik sou wees.

4. Maar nou het Henog, wat deur God Self Sy verkose liefdesregter is, reeds op die eerste geregsdag gepraat! Hoe moet ons so iets interpreteer?

5. Henog, jy was tog steeds hier aanwesig gewees, dan ken jy tog ook die voorskrifte vir die regter op die geskildag goed!

6. As jy dit nie kan ontken nie, watter rede het jy dan om jou nie daarby te hou nie?

7. Of het die hoë Abedam jou dalk daarvan onthef en ander voorskrifte ingevoer?! Maar dit sal Ek tog ook moet weet!

8. Vir sover My bekend, weet Ek niks daarvan nie, behalwe dat Hy van die vroeëre droë regtersamp `n leer- en liefdesamp gemaak het.

9. Maar van die res van die reëls op hierdie dag, of dit wel moet of nie moet bestaan nie, kan Ek My volstrek nie herinner of Hy iets daaroor voorgeskryf het nie!

10. Daarom sou Ek ook graag wil weet om welke rede jy jou nie by die ou wet van Adam hou nie?"

11. Nou word Henog baie verleë en weet volstrek nie wat hy die vreemdeling moet antwoord op so `n kwaai opmerking nie.

12. Maar Adam was baie vinnig by hierdie geleentheid. Hy staan onmiddellik op, neem sy ou ampshouding aan, wend homself tot die vreemdeling en sê aan Hom:

13. "Luister, my kind! Jou Wysheid skyn te vergeet het op watter punt jy jou nou bevind!

14. Jy ken die ou reëls van die geskildag kennelik so goed, dat jy by elke afwykende handeling van die nuwe regter in staat is om grondige aanmerkings daarop te maak. Vertel my dan eers of jy niks van die ou wet van Adam gehoor het nie, waarvolgens diegene wat hulleself op die geskilledag met wat dan ook aan die regter wil vergryp, hetsy met sy tong, sy vinger of met `n skewe blik, - dadelik vir dertig jaar verban moet word!

15. Wat sê jy nou van hierdie wet? Hierdie wet het nog altyd gegeld, en die Hoë Abedam het dit na my wete ewemin opgehef as enige ander waaroor jy spreek! - Het jy dit begryp?

16. Maar ek is die ou wetgewer van hierdie aarde en ek kan `n wet ophef, hoe en wanneer ek dit wil! - Begryp jy dit?

17. En met gevolg hef ek dan ook alle wette op, waardeur die regter tot nou toe, op watter gebied dan ook, gebonde was; maar die wette vir die strydendes bly! - Het jy dit begryp, wyse aandbewoner?

18. Bring daarom `n geldige verontskuldiging na vore, en as jy nie in staat is daartoe nie, dan wag vir jou `n onherroeplike dertigjarige eensame verbanning! - Verstaan?

19. Spreek dus, en verontskuldig jou, - anders sal jy my oordeel baie gou verneem! Begryp jy dit, wysneus van `n twissoeker!"

20. Die Vreemdeling kyk die baie vertoornde, grimmige Adam aan asof Hy buitengewoon verbaas was, swyg `n kort tydjie, open eindelik Sy mond en sê:

21. "Adam! Wat sou jy daarvan sê as ek jou laat sien dat ek voldoende mag en reg het om ook die tweede deel van jou wette geheel en al op te hef?"

22. En Adam antwoord die vreemdeling baie heftig: "Nog so `n vraag en jy het selfs die verskoningsreg verspeel! - Begryp dit, oordink dit en spreek!"

23. Die vreemdeling gee Adam as antwoord:

24. "Adam! Drie dae het die Hoë Abedam, JaHWeH, God, die Ewige Self, niks anders as die liefde gepredik nie! Is dit die vrugte van Sy goedertierenheid?!

25. Het ek my dalk aan Henog vergryp, toe ek hom maar net gevra het om watter rede hy homself nie in alle punte aan jou ou wet hou nie?

26. Adam, jy het Abedam se leer sleg verstaan!

27. Het Abedam dan nie die hele oordeel verban en daarvoor in die plek alleen die liefde ingestel nie?! Het Hy daarom nie die algemene Adam van jou afgeneem en jou daardeur van elke rekenskap ten opsigte van jou nakomelinge onthef nie?!

28. Waarom wil jy dan nou weer die ou las op jou nek neem?!

29. O, ondankbare mens! Wat moes Abedam dan nog meer gedoen het?! - Vol grimmigheid is jou wese, en jy sou My graag wil vernietig, as jy daartoe in staat sou gewees het! O, hoe sleg het jy die duisend en nog eens duisend woorde van Abedam begryp!

30. Die oordeel wat jy nou uitspreek, sal My weliswaar tref. Ek sal die dertig jaar verbanning goed verdra, - maar nou is dit nog nie die tyd daarvoor nie!

31. Daarom hef Ek nou ook hierdie wet op, sodat niemand meer verban sal word nie; op hierdie hoogte, niemand meer nie!

32. Want broers moet mekaar nie oordeel nie, behalwe met liefde, geduld, sagmoedigheid en erbarming!

33. Maar wanneer broers begin om mekaar te veroordeel, dan sal ook ek as regter opstaan en sal hulle tot die Ewige dood veroordeel!

34. Adam, begryp jy dit nou?" Hier val die skille van almal se oë en hulle herken die Vreemdeling.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205