Die Huishouding van God - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 157

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281.

Die heilige Vader omring deur Sy kinders. Adam herken Abel in die tweede vreemdeling. Satan, die ou leuenaar, probeer tevergeefs om met die Heer te redetwis.

157. Na hierdie oproep hardloop almal na Abba toe en vly hulle op alle moontlike maniere om Hom heen, en Abba loof die ywer van hulle hart.

2. Maar aangesien Adam nie so goed ter been was soos die ander nie, gebeur dit, dat die ander vir Abba heeltemal omring het, voordat Adam in staat was om naby te kom.

3. Dit grief die ou man ietwat, dat hulle hierdie keer so weinig rekening gehou het met hom en hy neem hulle dit dan ook werklik kwalik.

4. Maar Abba sê vir Hom: "Adam, waarom mompel jy nou so?! Het ons dan nie as twee persone gekom nie?! As jy te min plek het hier, kyk, daar staan immers nog iemand! Vly jou teen hom! Maar herken hom eers, en vra dan aan jou hart wie van ons twee meer in jou hart begrawe is! Maar Ek sê vir jou dat jou eie hart jou duidelik sal sê waarom jy hierdie keer te laat aan My sy uitgekom het!

5. Maar Ek sê vir jou ook dat die vreemdeling, wat jy weldra sal herken, beter daaraan toe is as jy nou. Want Hy is al onsterflik; terwyl jy eers nog volledig moet sterf voordat jy onsterflikheid sal bereik.

6. Bekyk My begeleier daarom ietwat beter; en as jy hom herken het, vertel ons almal dan wie jy in hom herken het!"

7. Hieroor verwonder Adam hom en wend hom langsaam na die vreemdeling, bekyk hom van kop tot toon; en omdat hy tog nie in staat lyk om hom te herken nie, wend hy hom weer tot Abba en vra aan Hom:

8. "Abba, ek kan U begeleier nie herken nie! Wie is hy dan, en welke naam dra hy? Abba, sê dit vir my, sodat my verwagting nie te lank op die proef gestel word nie!

9. Dat ek en my nakomelinge eers in ons vlees op aarde sal moet sterf, voordat ons gees weer in sy vaderland sal aankom, is vir my al sedert die tye van Abel bekend, want hy het immers vir ons almal as treurige voorbeeld geword!

10. Maar desondanks bewe ek immers nie, want ek weet tog ook dat ek in U arms sal sterf, net soos wat ek uit U arms ter aarde gekom het!

11. Maar ondanks dit alles bly die vreemde vir My `n onbekende en ek kan hom nie herken nie. Laat My, o Abba, daarom deur U heilige mond weet wie hierdie vreemdeling tog is!"

12. En Abba sê daarop vir Adam: "Gaan staan maar naby aan hom, dan sal dit wel blyk of jy hom sal herken of nie!"

13. En Adam gaan staan toe naby die vreemdeling. Maar toe hy nog nouliks `n paar tree gestap het, sien, toe skree hy plotseling hardop, want hy herken in die vreemdeling Sy seun Abel en wou ook dadelik op hom afstorm.

14. Maar hy sê vir Adam: "Hou jou in en luister! Jou kinders het die ware Vader omarm; waarom wil jy jou dan ver van Hom af hou, en in plaas van Hom, dan vir my omarm? Ek is tog niks ten opsigte van Hom nie?

15. Draai daarom vinnig om, sodat jy by Hom kan kom, wat alleen die Ewige oergrond is van alle wesens, want anders sterf jy vandag nog!

16. Sien, juis vandag is vrye speelruimte aan die groot slang gegun; vandag mag hy selfs hierdie hoogte bekruip! Haas jou, sodat hy jou nie inhaal, voordat jy in die kring van die lewe sal tree nie.

17. Kyk na jou grot: Daar staan hy al, die groot vyand van die lewe!

18. Haas jou daarom, vader Adam, haas jou, want Hy is so vinnig soos `n bliksemstraal en grimmig soos `n geprikkelde leeu!"

19. Toe loop Adam ylings na Abba toe, en Hy neem hom op.

20. Maar ineens staan, vonke spattend van woede, ook die vors van die wêreld in menslike gedaante tussen Abel en die groep wat hulle aan Abba vasgeklamp het en skreeu:

21. "Almagtige, waarom vervolg Jy my hier in my eiendom?! Wat het Jy met my skepsels te make?! Waarom wil Jy diegene van My wegruk wat nie uit Jou, maar uit My voortgekom het, en wil Jy van My `n kinderlose vader maak?! Het Jy dan nie tallose legioene rein geeste agter Jou nie?!

22. Verdwyn daarom van die aarde af, en trek Jou heeltemal terug uit my groot wêreldryk, want dit is my eiendom, omdat dit uit My, en nie uit Jou voortgekom het nie! Jy vertrap my eiendom met Jou voete en is `n dief in my ryk; wyk daarom van hier!" 

23. En Abba sê vir hom: "Boosdoener, met jou mond vol leuens! As dit jou eiendom is, wie se eiendom is jy dan eintlik self? Wie het jou in die lewe geroep, net soos tallose ander legioene?!

24. Hoe kan jy dan oor jou eiendom spreek?! Toon My die plant wat jy op die aardbodem geskape het, en Ek sal jou die hele aarde en die hele sigbare hemel tot eiendom gee!

25. Ellendige leuenaar, nou bewe jy voor My, omdat Ek jou skande blootgelê het; waarom bewe jy nie vir jouself nie, omdat jy jou iedere sekonde `n ewigheid dieper verdoem, deur jou groot boosaardigheid?!

26. Weet dan, Ek is die Heer van hemel en aarde! Wyk daarom; want hierdie plek is te gewyd vir jou voete!"

27. Brullend en vloekend verdwyn die vyand van die hoogte.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205