Die Huishouding van God - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 16

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281.

Henog bring vir Uranion, sy ses broers en die kinders uit die Môreland na die Heer

16 Direk na die woorde van Henog, en met Abedam se volledige instemming, begewe Henog hom na die kinders van die môreland, wat hulle kamp vlak by Adam se grot opgeslaan het.

2. Toe hy nou by hulle aankom en hulle hom in die oog kry, roep hulle van vreugde: "Kyk, kyk, Henog kom na ons toe, die liefdevolle, wyse leraar Henog, aan wie se woorde selfs aartsvader Adam hom gewillig onderwerp! Ja, hy het al by ons gekom en is nou al by ons, onder ons en in ons!"

3. En een vader uit die môreland, genaamd Uranion, gaan voor Henog staan en vra met groot en liefdevolle eerbied:

4. "Vader Henog, wyse leraar van die groot God, wat die ewige liefde en wysheid Self is, welke heilige bedoeling laat ons die groot barmhartigheid deelagtig word, dat jy self na ons toe gekom het?

5. Waarlik, dit sal nie gering wees wat jy vir ons in voorraad het nie!

6. As jy wil, kan jy dit dan vir ons vertel. Want ons enigste geluk bestaan daarin, om iets oor Hom te verneem, Wie se Naam te gewyd is om deur ons tonge uitgespreek te word en geeneen van ons het nog ooit na `n ander geluk gesoek nie!

7. Daarom, eerbiedwaardigste vader Henog, laat ons weet wat jou na ons groot armsaligheid gevoer het!"

8. En Henog rig hom daarna met die volgende woorde tot hulle en sê: "Luister dan, al my geliefde vaders, broeders en kinders! Ten eerste dank ek julle vir julle liefde vir my en al my en julle vaders, broeders en kinders, en ek loof altyd julle opregte vrees vir God en julle allersaligste liefde vir die groot, heilige, liefdevolle en mees sagte en lankmoedige Vader in die groot deemoed van julle hart. Ek voeg egter ten tweede daaraan toe, dat julle groot liefde my in die toekoms sal verskoon van die byna vergoddelikende uitdrukkings van julle warmste liefdevolle gevoelens; want sien, niemand behalwe God alleen, ons alle liefdevolle, Heilige Vader, is dit, aan wie alle eer, alle lof, alle roem, alle liefde en alle aanbidding toekom!

9. Ons is almal gesamentlik broeders onder mekaar, want niemand sal bo `n ander staan nie, maar, soos gesê, sal hy slegs `n broeder en `n liewe suster en `n wyse vader vol liefde vir die kinders wees en `n rein, liefdevolle man vir sy vrou soos dit die Heilige Vader welgevallig is, dat die een broeder in alle liefde die ander lei as hulle die lig van die lewe verloor. Wat bo dit uitgaan, is ons alles aan die Heilige Vader verskuldig.

10. Neem dit ter harte en luister nou verder. Jy Uranion, het my al dadelik in die begin gevra na die heilige bedoeling wat my na julle gelei het. Verneem dan nou wat ek aan julle gaan bekendmaak:

11. Wat sou jy van `n mens dink, wie se woord so magtig is, dat hy met die sagste wenk reeds `n storm, soos die van gister, tot bedaring bring, asof dit nooit daar was nie?

12. Wat met één woord hierdie ontsaglike pragtige grot van Adam, wat, so baie van julle vanmore vroeg sou gemerk het, deur die storm in `n puinhoop verander was, weer so kon herstel, asof dit reeds ewig daar gestaan het as `n bouwerk!

13. Ja, ek sê vir julle, `n mens, vir wie se asemtog die see vlug en vir wie se stem die hele oneindigheid vol eerbied begin te bewe, vir wie se blik die son uitdoof, onder wie se voetstap die hele wêreld ten gronde gaan, `n mens wat iedereen tot wie hy sy hart wend, vervul met alle mag, krag en gesag oor alle dinge van die wêreld en wie se hart word tot `n allerlewendigste vuurherd van die reinste liefde, van die innigste deemoed en van die ewige lewe uit haar!

14. Sê my wat julle sou dink van so iemand! Maar hou my buite al julle gedagtes!"

15. En Uranion besin hom vir enkele oomblikke en gee eindelik antwoord: "Henog, jou woorde klink misterieus! As daar werklik so `n mens sou bestaan, welke onderskeid sou daar dan eintlik tussen hom en God wees?!

16. Want wat jy oor hom vertel, is immers alles wat ons moontlikerwys oor God kon bedink en daarom sou hierdie mens van die gehele Godheid deurdronge en vervul moet wees, of hierdie mens is God Self!

17. Want so iets sou onmoontlik te begrype wees, as ons nie aanneem wat ek jou nou net gesê het nie! Want al is die mens vanuit God tot groot, verbasingwekkende barmhartigheid in staat, hy is `n klein houer, waarin ons sewe handevol water kon laat tap waarvan iedere druppel `n versamelplek is van wel seker onvermoede, tallose wondere. Maar soos dit ondenkbaar is om die hele ontsaglike see in die houer te giet, is dit ook ondenkbaar dat daar `n mens sou wees wat soos ons lyk; `n natuurlike mens wat in staat is om met die besit van suiwer goddelike groot krag, mag, gesag, liefde, barmhartigheid en erbarming te bestaan, sonder dat hy onder die eindelose swaarte van so `n suiwer goddelike volheid vergaan.

18. Daarom dus, geliefde Henog, druk jou voor ons nie so geheimsinnig uit nie, maar laat ons almal duidelik sien wat daar agter hierdie oppermagtige mens skuil!"

19. En Henog antwoord hom: "Ek sê dit vir jou, Uranion, roep jou ses broers en volg my dan met al julle duisende kinders en dan sal julle op die môreheuwel van Adam almal die wese van hierdie magtigste mens van naderby leer ken!"

20. En Uranion handel ooreenkomstig die woorde van Henog en staan spoedig heeltemal gereed saam met sy ses broers.

21. En Henog oorsien die ordelikheid en versoek hulle toe om hom te volg.

22. Vrolik en vervul van die grootste verwagting, gaan hulle op pad na die wonderlike môreheuwel. Toe hulle egter daar naby kom; oorval `n groot angs en bangheid hulle almal, so sterk, dat hulle nouliks verder durf gaan.

23. Henog moedig hulle aan om hom dapper te volg, maar sy woorde wil nie tot hulle deurdring nie. En Henog was uit die veld geslaan dat hy so `n slegte bode was.

24. Toe hy egter rondkyk, sien, daar staan Abedam al aan sy sykant!

25. Henog, baie verheug daaroor; wil dadelik sy nood by Hom bekla.

26. Maar Abedam sê vir hom: "Laat dit nou maar! Vir sover jou krag moes werk, het hy dit ook getrou gedoen; noudat Ek jou egter te hulp gekom het, hoef jy jou nie meer te kwel nie, - laat Ek nou maar vir alles sorg!"

27. Daarop wend Hy Hom tot die sewe broers: "Waarom is julle bevrees om verder te gaan? Sê My dit! Miskien ken Ek `n middel wat al julle vrees sekerlik sal wegneem!

28. En Uranion sê daarop: "Edele broeder en vriend! Daar moet hom hier bo-op die heuwel `n mens bevind wat so magtig is, soos wat God Self is! En die gedagte hieraan verhinder ons om verder te gaan!"

29. En Abedam antwoord hom: "As dit al is wat julle vrees, dan is julle vrees nou verby; want sien, die vreeswekkende Mens is Ek Self! Waarlik `n Mens aan wie die gehele ewigheid en oneindigheid, alle hemele en alle aardes (planete), alle engele, alle mense en alle skepsele ewig ondergeskik is en dit ook vir ewig sal bly!

30. Maar waarom sou julle My daarom vrees? Volg My moedig en vrees niks; want julle sal My baie spoedig van `n heel ander kant leer ken! Amen." En almal volg Hom.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205