Die Huishouding van God - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 161

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281.

Henog se aanmaning om ywerig na die waarheid te soek en God te leer ken

161. Maar Henog sien die groot verleentheid van die vier en vra hulle: "Dus, aan die waarheid is julle weinig geleë, maar slegs die feit, dat julle in alle rus en volstrekte behaaglikheid kan voortlewe, sonder om julle werklik ernstig in julle harte af te vra en te ondersoek hoe dit met al hierdie dinge gesteld is!

2. O julle slapende dwase! Wat het julle dan tot nou toe met al julle louheid gewen?!

3. Vir elkeen kom die tyd van onthulling beslis een keer, met al haar verskrikkinge van die dood; en wie hom al lankal voorberei het, sal sekerlik nie verras word en in die duistere benoudheid van alle vertwyfeling gedryf word nie!

4. Maar wanneer iemand homself, hoe dan ook, wil bedrieg om in so `n nag van bedrog tenminste behaaglik te kan slaap, hoe verskriklik sal die roep dan in die ore klink van hom, wanneer sy afnemende kragte hom sal toefluister, en goed hoorbaar sal sê: 'Trae slaper, - ontwaak tot die dood!'

5. Sien, as JaHWeH van oudsher iets vir julle beteken het, dan sou julle julleself lankal ernstig daarmee besig gehou het en julle sou gevra het: 'Wie, wat en waar is JaHWeH?'

6. Maar om julle so `n moeite te bespaar, glo julle liewer blindelings wat julle van mond tot mond gehoor het. Maar om ooit self enigsins daaroor na te dink, - nee, dit sou vir julle te veel moeite gewees het! Dus moes `n Abedam julle uit julle diep slaap wakker skud, anders sou julle tot op hede nog in `n soete sluimering versink gewees het, en dit sou sekerlik nie by julle opgekom het, om meer te wete te kom oor JaHWeH nie!

7. O julle loues, hou julle nou besig met die lewe! Wat het julle dan vir `n honderd en nog eens honderd jaar gedoen, dat julle net so weinig van JaHWeH weet as nou, ja nog veel minder!? Want nou weet julle tog hoe dit met JaHWeH gesteld is; maar destyds het julle heeltemal niks geweet nie en het julle altyd daarteen opgesien om iets van naderby oor Hom te wete te kom, omdat skyn vir julle beter was as die waarheid! Waarom het julle eers vandag, en nog nooit vroeër, hierheen gekom nie?

8. Omdat Abedam julle `n bietjie uit julle slaap wakker geskud het, deurdat Hy `n paar vraagtekens by julle droomgod gesit het!

9. Nou sou julle graag die ou droomgod weer in ere herstel sien, om dan julle ou slaap weer rustig te kan voortsit; maar daaraan het nou `n einde gekom.

10. Want julle wil tog maar net lig gehad het in hierdie saak. Ek het julle die lig daarvoor in die uitgesproke waarheid gegee; waarom wil julle dan nou weer, in plaas van die lig, die ou bedrog van julle sintuie hê?

11. Omdat julle nie terwille van die waarheid nie, maar slegs terwille van die skyn hierheen gekom het, wat deur die wyse môreland bewoner aan die wankel gebring is. En nou wil julle, terwille van julle soet behaaglikheid, die ou JaHWeH weer in ere herstel hê, onder wie se lewensbeskerming julle so heerlik rustig kon geslaap het, terwyl ons wag gehou het en in `n voortdurende stryd met die dood verwikkeld was!

12. O waak nou maar met ons, en help ons almal om die uiters sware las van die dood te dra; julle skouers is immers breed en sterk genoeg daarvoor!

13. Waarlik, die ou JaHWeH sal julle ewig van geen enkele nut meer wees, as `n nuwe JaHWeH nie in julle begin gestalte aanneem nie!

14. Daarom het ek immers in my eerste toespraak vir julle gesê: Uit ons moet JaHWeH voortkom, as Hy vir ons moet bestaan; as dit nie die geval is nie, dan het niemand van ons ook maar iets aan alle JaHWeH's wat daar maar sou bestaan nie.

15. Wat beteken my eie selfbewuste bestaan vir `n klip?

16. Maar as dit vir die klip moontlik was om in homself tot die bewussyn te kom en `n wese te word wat hom vry kan beweeg, dan sou ek vir hom ook iets kan wees soos wat ek dit vir julle is! Maar wat beteken ek vir die dooie klip? - Niks, `n pure en suiwer niks!

17. In die verhouding waarin ek en die klip tot mekaar staan, in dieselfde verhouding staan julle ook ten opsigte van julle ou JaHWeH! 

18. Hierdie JaHWeH moet eers in julle tot die hoogste algehele selfbewussyn kom, en wel deurdat julle dit werklik wil, voordat Hy vir julle `n werklik lewende JaHWeH word! En dit sal deur julle werke moet gebeur; maar gebeur dit nie, dan is daar vir julle lewe gedurende alle tye der tye nêrens `n JaHWeH, soos wat daar vir die klip ook geen mense bestaan nie!

19. Vra daarom nie vir nog meer bedrog en leuens nie, maar kies vir die waarheid; leer dit uit die groot boek en uit die tekens van die natuur, dan sal dit immers goed blyk of julle harte ontvanklik sal wees vir die saad van JaHWeH!

20. Gaan nou vir enige tyd heen; dink na oor dit wat gesê is en kom dan weer hierheen; dan sal ons julle harte beproef, om te sien deur welke liefde sy beheers word! Gaan dus! Amen."


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205