Die Huishouding van God - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 165

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281.

Die drievoudige wese van Abedam, die hoë, en die wese van Henog as werktuig van die Heer

165 En die eerste van die vier sê vir die ander drie: "As julle dit goedvind, dan sal ek die woord voer; maar as iemand van julle wil spreek, dan vind ek dit ook goed!"

2. En die ander drie sê: "Broer, spreek jy, jy is al aan die woord; ons is immers één van sin en één van opvatting!"

3. En so begin die eerste dadelik en nou nog vryer as netnou net die woord te voer en sê:

4. "Goeie man, vriend en broer, daar ek uit jou woorde opgemaak het, dat ook jy oor `n hoë graad van wysheid beskik, wil ek nou dan ook ooreenkomstig die hoë wysheid teenoor jou, die woord neem om my volle hoogagting en erkenning van jou hoë wysheid aan die dag te lê; en wil ek dan ook toegewend oor die volgende verneem:

5. Wat Abedam betref, wat Hom drie volle dae in ons midde opgehou het, onder die verrigting van sulke buitengewone wonders, het ons die volgende mening, wat ek jou nou baie presies te kenne wil gee.

6. Abedam is `n tweevoudige wese, ek sou selfs wil sê `n drievoudige wese!

7. `n Tweevoudige wese is Hy omdat Hy in Hom duidelik `n menslike en `n goddelike natuur uitgespreek het: `n Menslike in Sy verskyningsvorm, wat by ons was en daarmee in alles volkome ooreenkom; voorts in Sy woorde en dade `n goddelike natuur, omdat `n woord by Hom eintlik as `n volbringde daad was om te aanskou.

8. Die eenvoudige mens kan weliswaar ook verskillende dinge bedink en wil, maar Sy gedagtes en Sy wil is slegs heel subtiele skeppings in homself, wat ewenwel in hulle allereerste stadium nooit sigbaar kan verskyn nie, maar eers na moeisame ondersteuning van meganiese en organiese kragte, waardeur ons innerlike skepping pas, weliswaar hoogs onvolkome, nagebou word.

9. So kan ons byvoorbeeld `n volmaakte grasplant vir onsself voorstel en dit dan ook uitspreek. Daardeur is dit as`t ware ook in ons geskape; maar so volkome as wat ons dit vir ons kan voorstel, kan ons dit onmoontlik buite ons plaas. Ons wese is immers afhanklik en noodsaaklikerwys beperk, en ons kan daarom nie iets skep in die oneindige wese van God, maar alleen maar in die ruimte van ons eie wese en dit op die kleinste skaal, soos wat die Godheid dit doen in die ruimte van Sy oneindige wese.

10. Maar heel anders was dit met Abedam, wat niks anders was as JaHWeH is nie, wat in staat is om Hom in iedere vorm te uiter! Want deur die menslike vorm in Abedam werk die Godheid vanuit Sy oneindigheid, en wat die mond van Abedam derhalwe gespreek het, moes immers `n volbringde werk wees, omdat alle dinge wat ons sien, niks anders kan wees as gedagtes en woorde wat in die oneindige Godheid ook self oneindig voorhande moet wees nie. En as dit deur die Godheid Self uitgespreek word, moet dit ook wel sigbaar wees, net soos wat in onsself elke gedagte en elke woord wat ons vir ons en in ons, min of meer duidelik uitgespreek het.

11. Sien nou, liewe, goeie man, vriend en broer, so is dit! Iemand kan weliswaar iets daarteen inbring en sê:

12. 'Wanneer dit dan so is, hoe sit dit dan met die dikwels voorkomende wonderkrag in die gewone mens, as God se gedagtes hom gehoorsaam?'

13. Maar dan sê ek: Dan het die mens self tot uiting van die Godheid geword, wat deur hom op `n kleiner skaal werk, soos wat Hy op, vir ons, grootste moontlike skaal deur Abedam gewerk het.

14. En so lê dan die goddelike werksaamheid, nie in die wese van die mens nie, maar alleen in die wese van God, wat Hom deur `n mens op die een of ander wyse wil uiter!

15. En so is dit ook met Henog, wat op homself niks meer of minder is as ons almal is nie, naamlik `n heel gewone mens; maar as God hom deur Abedam beroep en bestem het tot hoëpriester, of tot `n orgaan waardeur Hy Hom voortdurend in menslike vorm tot die mense wil uiter, dan is Henog, as God Hom deur hom deur woord of daad uiter, byna wat Abedam Self was, naamlik `n heilige of bevoegde middel waardeur die oneindige wese van God Hom plaaslik en tydelik wil uitdruk.

16. Maar Henog as mens, kan vanuit homself net so weinig doen as ek; maar as hy tot iets in staat is, dan is alleen God daartoe in staat deur Henog, - dit sal Henog beslis nog beter insien as ek, omdat Hy `n wyse is wat alles deursien!

17. Ek het egter reeds vroeër gesê, dat Abedam ook as`t ware `n drievoudige wese is; dit lê daarin beslote, dat juis hierdie Abedam, soos wat ek tenminste glo, die volheid van die goddelike krag in Hom bevat het, deurdat Hy volkome as die suiwerste liefde in God as`t ware selfstandig opgetree en gespreek het en vanuit hierdie selfstandigheid gehandel het, asof, nie Hy aan die Godheid nie, maar die Godheid in al Sy volheid aan Hom onderworpe was.

18. En wanneer dit onmiskenbaar so is, is Abedam immers drievoudig, naamlik: Die Godheid Self, vanweë die Liefde; verder die werkende Almag van God Self, weens die suiwer liefde van die Woord; en ten slotte die Liefde Self, omdat Hy die Godheid met al Sy eindelose magsvolheid Self is!

19. Sien, dit is nou ons idee oor Abedam en Henog! Ek het dit aan jou weergegee soos wat ons dit gevind het. Dit is nou weer aan jou om dit goed of af te keur; want slegs die wysheid kan die wysheid keur en belig! God sy egter alle eer vir ewig! Amen."


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205