Die Huishouding van God - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 168

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281.

Die vier wêreldse wyses herken die Heer in die vreemdeling. Die wysheid en die liefde as die lang en kort weg vir diegene wat na God soek

168 Na hierdie woorde van Abba begin die viertal hulle buitengewoon te verwonder en die een sowel as die ander dink by homself: "Daar is tog waarlik iets besonders met hierdie man aan die gang!

2. Wie en wat is Hy dan en waar moes Hy vandaan gekom het? Waarlik, die man spreek net asof Hy JaHWeH Self is!"

3. Hier tree al vier `n bietjie terug, nadat die eerste aan die voor hom nog vreemde Abba gevra het om hulle te verskoon en hulle beraadslaag oor die baie wyse vreemdeling.

4. Die eerste vra aan die ander drie: "Broer! Net so goed soos ek, het julle ook die woorde van hierdie onbekende man verneem en dit sekerlik ook begryp soos wat ek dit begryp het! Wat dink julle van hom? Wie is Hy? Wie kan Hy wees?"

5. En die tweede sê daarop: "Broer, jy weet, dat ek in bepaalde gevalle die plank nog nooit ver misgeslaan het nie en daarom is ek ook nou van mening dat my hamer nie so ver langs die spyker sal neerkom nie!

6. Die beeld van die tuin, die water, die vergelyking van die bronwater met die reënwater en ten slotte die vergelyking van ons woorde met die reeds kragtelose bronwater, Sy eie woorde met die lewende reën uit die wolke van die hemel en dan heeltemal aan die einde, nog die duidelike aanwysing oor die aanwesigheid van Abedam, laat by My altans geen twyfel meer bestaan dat JaHWeH agter Abedam skuil nie!

7. Sien broer, dit is die oordeel wat hom onherroeplik aan My opdring, en tegelykertyd ook my hele wese met so `n salige vreugde vervul wat ek nog nooit voorheen gevoel het nie!

8. Daarmee wil ek my mening egter aan niemand opdring nie, - en ek sou ook baie graag julle mening wil hoor!"

9. En die derde antwoord dadelik daarop: "Broer, soos wat dit altans vir My voorkom, blyk hierdie broer bepaald nie ongelyk te hê nie! Ek wil ewenwel nog nie my volle ja daaraan toevoeg nie; maar as julle almal dieselfde mening op hierdie punt het, dan sal ek sekerlik nie die nee uitspreek nie!

10. Dat hierdie man meer moet wees as maar net `n gewone mens, laat elke woord van hom oorduidelik sien; maar of Hy nou direk Abedam JaHWeH Self is, of dat slegs Sy gees deur hom, die vreemdeling, spreek, dit moet nog gesien word.

11. As dit slegs van My afhang, dan sou ek eerder vir Sy regstreekse, as vir Sy indirekte aanwesigheid stem, sonder om daardeur ook maar die minste afbreuk te doen aan die sienswyse van die ander!"

12. En die vierde open sy mond en sê: "Broer, ek dink dat as ek volledig met jou opvatting instem, ook ek nie ver daarnaas sal sit nie! Nou moet ons voorman nog net spreek en dan sal dit spoedig blyk na welke kant die meerderheid van die stemme deurslaan!"

13. En die hoofspreker sê daarop: "Broer, ons is dit volkome eens! Want dit was dadelik, na Sy eerste woorde, al my heimlike mening, en dit verskaf my nou groot vreugde dat ons so geheel en al één van hart en één van sin is! Maar nou rys die vraag: Hoe sal ons dit aanpak, - hoe gaan ons Hom weer benader? Watter offer sal ons Hom bring? Hoe sal ons onsself ten opsigte van Hom gedra? Wat sal ons nou vir Hom sê, Hom, aan wie ons geheimste gedagtes reeds baie ewighede bekend was, nog voor ons deur Sy almagtige woord denkende en voelende mense geword het?

14. Hy, wat eens deur één woord hemel en aarde en alle tallose skepsels geskape het, het nou soveel woorde tot ons gespreek! - Sê my, bedink net, wat kan, wat sal daar gebeur?!"

15. Hier tree Abba plotseling in hulle midde en sê: "Kinders, vriende en broers! My hart beleef `n groot vreugde aan julle; want julle het My waaragtig, soos wat dit vrye mense betaam, gevind.

16. Maar julle weg tot My, julle Ewige, heilige Vader, was `n moeisame weg; want die wysheid maak klein en moeisame treë, terwyl die liefde met die deur in huis val. Maar verheug julle van harte, noudat julle My so gevind het; want Ek, God die Almagtige, is immers sigbaar in julle midde as julle mees liefdevolle Vader!

17. Kom almal aan My hart, en voel dat Ek waaragtig julle Ewige, heilige, liefdevolste Vader is! Kom, kom! Amen."


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205