Die Huishouding van God - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 169

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281.

Die liefde as die ware godsdiens en as die ware offer. Die Heer word weer onsigbaar

169 En onmiddellik kom almal nader gehardloop, nie slegs die viertal nie, maar almal wat hulle op daardie tydstip op die hoogte bevind het en omarm vir Abba, met trane van vreugde en liefde; almal prys en loof Hom in hulle hart - en gee Hom sy eer.

2. Hy seën hulle almal en sê ten slotte vir hulle: "Kindertjies, julle almal het nou in My die ware Vader en God aanskou; julle het My met liefde omring, omdat Ek uit liefde na julle toe gekom het. Glo nou vas in julle hart, dat Ek alleen die ware, goeie, heilige Vader is en die enige Heer van hemel en aarde, God van alle mag, krag en gesag, Skepper, Bestuurder en Instandhouer van alle dinge en die enige, volkome lewe Self, omdat Ek die Ewige en eindelose Liefde en Wysheid Self is!

3. Glo dit dus vas in julle harte en voel werklik dat, deur My liefde, die Ewige lewe volkome in julle is, dan sal julle altyd gelukkig wees hier én aan ander kant in die Ewige huis van My liefde en My wysheid! Hier sal julle gelukkig wees, omdat julle die dood nooit sal sien en ondergaan nie, en aan die ander kant deur die steeds groter innerlike gewaarwording van die eindelose oorvloed van die wonders van My lewe in julle gees!

4. As ware Vader het Ek julle nou geseën; maar seën julle ook My in julle hart deur trou, bestendige liefde, dan sal julle deur julle lewende werke toon, dat julle glo dat Ek die enige, goeie Vader is, wat julle ewighede lank reeds bemin het, nog voor daar ook maar één son aan die uitspansel gebrand het!

5. Wie My eer, sal met sy hand geseënd wees vir elke werk; wie My eer, sal met sy voete op die weë wat hy gaan, geen klip vind nie; wie My eer, sal ook `n geseënde liggaam hê, en geen pyn sal ooit `n vesel van Sy vlees beroer nie; wie My eer, sy mond sal geseënd wees, sodat alle volkere hom sal loof; wie My eer, sal die dood nooit met sy oë sien nie; wie My eer, sal nooit met sy ore `n bose stem hoor nie, maar harmoniese klanke sal hom bekoor; wie My eer, sy hele hoof sal Ek seën met groot wysheid en die krag daarvan; maar wie My in Sy hart eer as die enige goeie Vader, dit is hy wat My eer met Sy hele lewe, omdat hy My eer met Sy liefde, wat sy hele lewe uitmaak; en wie My eer met Sy hele lewe, die sal ook geheel geseënd wees met die Ewige lewe vanuit My, die heilige, liefdevolle, goeie Vader!

6. Eer julle almal My daarom altyd met julle hart, dan sal die Ewige lewe in julle wees, omdat julle hart vervul sal wees met wat die Ewige lewe is, naamlik met My heilige, almagtige Liefde!

7. Niemand kan My seën met sy hande nóg met Sy voete, met sy liggaam nóg met sy mond, met sy oë nóg met sy ore, maar slegs met `n suiwer, van My heilige liefde vervulde hart.

8. En wie My seën met so `n hart, die seën My ook met Sy hande, voete, met sy mond, met sy oë, ore en met sy hele hoof en met Sy hele liggaam, ja met al sy kragte, en Ek sal daarom ook die hele mens volkome seën tot die Ewige lewe.

9. Maar wie My gedeeltelik wil seën, sal Ek ook, soos wat gesê is, slegs gedeeltelik seën!

10. Bly daarom slegs by die liefde, dan sal julle steeds die volheid van My seëninge ontvang; maar as julle julleself nie net by die liefde hou nie, dan sal My seëninge ook gelyk wees aan julle liefde!

11. Waarlik, Ek sê vir julle, My kinders: Ek, julle Vader, het geen offers nodig en ook geen sogenaamde godsdiens wat My ekstra sou moet eer nie; want Ek is almagtig genoeg om vir ewig elke diens te verrig soos wat Ek dit reeds sedert ewighede gedoen het, sonder julle offers en sonder julle godsdiens.

12. As julle My egter wil dien, dien dan mekaar wedersyds in My vaderliefde, dan sal julle waaragtige dienare van God wees!

13. Wie wil offer, laat hy in sy hart offer! Laat hy My vaderliefde in sy hart ten offer bring; so `n offer sal Ek altyd met welgevalle aansien!

14. Nou weet julle alles lewend in julle; neem dit altyd werklik in ag en handel daarvolgens, dan sal die volheid van die Ewige lewe uit julle lendene stroom en sal daar die woning van die dood vernietig vir ewig, ewig, ewig! Amen.

15. Henog is My mond by julle; luister na hom, en Sy woord sal julle seën of rig volgens die hoedanigheid van julle hart! Amen. Amen, Amen."

16. Hier word Abba weer onsigbaar en verdwyn vir die laaste keer voor die oë van die wenende kinders, dit wil sê gedurende die tyd dat Adam nog geleef het, en was daarna nie meer in die openbaar in die vlees gesien nie, tot aan die groot tyd der tye as Seun van die mens.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205