Die Huishouding van God - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 171

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281.

Die wonderbaarlike aanvulling van die spyskamers van Set

171 En alle vaders saam met die viertal uit die middag staan na hierdie woorde van Henog op en daal af na hulle wonings. Toe hulle daar aankom, nooi Adam vir Henog en die bekende Abedam en ook die viertal uit die middag uit om die nag by hom deur te bring en die maal in sy hut te gebruik.

2. Daarop begroet die gaste vir Adam met kinderlike liefde en willig sy wens graag in en betree Adam se hut.

3. Adam vra vir Set om die maal gereed te maak en Set sorg ook daarvoor.

4. Hy gaan daarom met vinnige treë na sy woning en dra sy kinders op om drie middelgrote mandjies, gevul met die beste vrugte, melk, bessiesap, water, brood en heuning, te bring.

5. Vinnig hardloop die kinders van Set na sy groot voorraadkamers om die wil van hulle vader te vervul; maar hoe verbaas en droewig kom hulle nie baie gou van die voorraadkamers terug nie, toe hulle dit heeltemal leeg aantref!

6. Toe hulle dit aan Set meedeel, gaan hy self saam die kamers in en sien tot sy groot spyt die woorde van sy kinders bevestig.

7. "Wat moet ek nou doen?" vra Hy aan sy eie hart; maar dit bly nou stom, sodat hy daar geen goeie raad kon vind nie.

8. Hy verlaat daarom sy woning en begewe hom weer na die van Adam.

9. Daar aangekom, vertel hy met `n spytige gesig die buitengewone jammerlike toestand van sy voorraadkamers.

10. Toe die reeds taamlik hongerige Adam dit hoor, word hy bedroef en wend hom ten slotte tot Henog en vra hom of sy voorraadkamers miskien beter voorsien was as die van Set.

11. En Henog antwoord daarop: "Luister, as dit met die kamers van vader Set werklik is soos wat hy ons almal hier verkondig het, is ek by voorbaat daarvan oortuig dat my voorraadkamers nie so armsalig uitsien soos syne nie!

12. Maar ek dink dat vader Set hierdie keer in sy groot ywer nie goed genoeg rondgekyk het in Sy huis nie; staan my nog eenmaal toe om te sê: Set se voorraadkamers is propvol; en vader Set sal nog `n keer daarheen moet gaan, sodat hy dit volledig gevul sal aantref!

13. Want Abba JaHWeH is nie net vervul van liefde en erbarming wanneer Hy sigbaar in ons midde wandel nie, maar Hy is, ook as Hy vir ons oë verborge is, geheel en al dieselfde; daarom sy vir ewig aan Hom al ons liefde, alle lof en alle eer! Amen."

14. En Set sê: "Henog, jy het reg gespreek; die goeie, mees liefdevolle Vader sy al ons liefde en aanbidding! Want Hy het Hom nou groot betoon aan my en buitengewoon barmhartig, want waarlik: My voorraadkamers was tot op die laaste druppel leeg, en nou sien ek dit weer volop aangevul in my hart!"

15. Dadelik gaan Set weer sy woning binne en al sy kinders en sy vrou yl hom tegemoet en roep: "Vader, vader! Ons voorraadkamers is propvol allerlei heerlike en welriekende spyse!"

16. En Set val neer op sy aangesig en wil dank en bid; maar `n stem roep as`t ware uit die hemele: "My liewe broer Set, Ek ken jou tog en jy ken My ook; staan daarom op en sorg vir Adam en sy gaste wat deur My bemin word! Amen."

17. Toe spring Set op en kyk om hom heen, ten einde iets van die heilige Abba te sien.

18. Maar die stem spreek weer: "Set, waarom soek jy, deur met jou oë rond te kyk? Is jou hart dan nie My huis in jou nie? Gaan daarom maar en bedien die gaste! Amen."

19. Toe gaan Set en voorsien die bekende gaste oorvloedig en vertel wat hom oorgekom het.

20. En Henog antwoord daarop: "So is dit en so sal dit bly, dat dit oor die lewe nader staan as die oog; maar slegs die hart is die Ewige woonplek van die lewe! Daarom aan Hom, die Vader van die lewe, vir ewig die volledige toewyding van ons harte! Amen."

21. Daarop seën Adam die gaste, prys God saam met hulle, en begewe hulle toe ter ruste.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205