Die Huishouding van God - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 172

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281.

Die eerste kerk/gemeente op aarde. Die sewe bodes van die hoogte in Lameg se paleis te Hanoch

172 Ons het nou al sewe dae lank op die hoogte by die kinders van God gebly en het die stigting van die eerste kerk/gemeente op aarde deur JaHWeH se sigbare aanwesigheid uitvoerig van dag tot dag en woord vir woord saam aangesien en gehoor. Dit is die volledige verklaring van die ses skeppingsdae wat in die Bybel deur Moses genoem word, waaronder niks anders verstaan moet word nie as die grondvesting van die eerste kerk/gemeente op hierdie aarde. Nou kan ons die hoogte weer vir `n kort tydjie verlaat en ons na Hanoch begewe om te sien en te hoor hoe dit daar gaan, en welke veranderinge daar in één week plaasgevind het.

2. Laat ons dus afdaal! - Wat gebeur hier? Wat is hier aan die gang?

3. Sien, so gaan Kisehel, Sethlahem en nog `n broer, genaamd Joram, na die paleis van Lameg!

4. Wat is hulle wel van plan om te doen, wat gaan hulle daar doen, en watter ysingwekkende gruwelvertonings sal nie alles voor hulle oë afspeel nie? - Luister en kyk!

5. Die sewe bodes het hulle sedert hulle spoedige aankoms in Hanoch reeds enige male na Lameg begewe. Alles was aan hulle getoon, en dit ontbreek nie aan sierlike dienaresse wat met allerlei verlokkende houdings en aantreklike woorde en gebare om hulle heen draai en ook reeds vier van hulle werklik die kop volledig op hol gejaag het. Daarom het Ek ook op die geskilledag die engel Abel na hulle toe gestuur en daarom is die viertal ook die keer nie aanwesig nie; maar daar het vir hulle nog geen deur oopgegaan na Lameg self nie!

6. Maar hierdie keer was die ander drie vasbeslote en wou ten alle koste na die verblyfplek van Lameg deurdring! - Daarom betree hulle nou juis die paleis.

7. Wat wou hulle dan by Lameg doen, wat hulle nie wou binnelaat nie, maar hulle slegs deur sy nuwe verworwe dienaresse en minnaresse die kop op hol wou bring en wou versmelt?

8. Julle weet wat hy met die Naam van JaHWeH gedoen het; sien, dit kom dus daarop neer dat hy die gat eiehandig moes uitgrawe en die plaat op die voorgeskrewe manier skoonmaak!

9. Wat hulle by hierdie geleentheid alles sal sien, sal julle aan hulle sy baie duidelik saam kan aanskou.

10. Toe hulle by die eerste trap aankom, was dit aan beide kante vol van die mooiste en mees weelderige en bekoorlike vrouens in geheel naakte toestand, en die vrouens kerm met klaaglike stemme en smeek die drie bodes om hulle te red; want anders moes hulle die volgende uur die mees gruwelike dood sterf, omdat hulle die vorige dag nie geslaag het om die ergste vyande van Lameg te vang en daarna oor te lewer aan sy gloeiende wraak nie.

11. Maar dit was slegs `n lis van Lameg. Die drietal deursien terstond hierdie lis en Kisehel sê vir die naakte vrouens: "Luister, julle verdorwe addergebroedsel! Lameg sal julle nie op gruwelike wyse verdelg nie, maar die skerp gesel van JaHWeH!

12. Etter en swere sal julle in lewende lywe verteer in die plasse, moerasse en rioolputte buite die stad! JaHWeH se almagtige wil geskied vir ewig! Amen."

13. Op dieselfde oomblik word die ongeveer sestig vrouens, wat naak daar gestaan het, deur `n vreeslike brandende melaatsheid oorval en hulle loop rasend, tierend en gillend deur die strate, die stad uit na die voorgenoemde plasse, moerasse en rioolputte en stort hulle halsoorkop daarin.

14. Hulle liggame word onmiddellik geheel met etter en swere bedek en hulle vlees begin, terwyl hulle nog leef, te veretter en vreeslik stinkend van hulle beendere los te raak.

15. Hierdeur word die eerste trap gesuiwer. Maar toe hulle by die tweede aankom, ontstaan daar `n nog vreesliker kermgehuil; want ook hierdie trap staan vol naakte vrouens wat deur die lyfwagte van Lameg met die skerpste roede gewoonweg verskeur word.

16. Toe die bloeiende vrouens die drie magtige mans sien, begin hulle nog harder te skree, in die hoop dat die drietal hulle uit die hande van Lameg se lyfwagte sou red.

17. En Kisehel gebied die beulsknegte: "Staak die swaai van julle gesels en bring Lameg se heldinne weg na die plasse, moerasse en rioolputte; daar sal hulle hulle verdorwe metgeselle aantref en saam met hulle, hulle loon deel!

18. Maar julle hand mag voortaan nooit meer `n gesel aanraak nie, anders sterf julle net soos wat hierdie heldinne van die verdorwenheid sal sterf! – JaHWeH se wil geskied nou en vir ewig! Amen."

19. En onmiddellik werp die beulsknegte hulle roedes weg, bind die gemartelde vrouens hulle hande op die rug en sleep hulle toe die stad uit na die plasse, moerasse en rioolputte; hier begin die vrouens eers werklik vreeslik te gil toe hulle die lot van hulle metgeselle sien.

20. Die knegte maak hulle hande los en verlaat hulle; die vrouens werp hulle egter uit vertwyfeling in die moerasse en gaan daar net soos die ander ten gronde.

21. Toe die knegte weer by die paleis aankom, word hulle deur die drietal te kenne gegee, dat hulle hulle tot JaHWeH moes wend en nooit meer die paleis moes betree nie, maar dat hulle, met hulle vrouens, na Farak moes gaan, waar `n ander bestemming op hulle gewag het.

22. Die honderd beuls verlaat nou die paleis en die drie begewe hulle na die derde trap.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205