Die Huishouding van God - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 176

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281.

Kisehel se kragtige woorde tot die woesteling Lameg. Die weerbarstige Lameg word deur Kisehel tot gehoorsaamheid opgevoed

176 En Kisehel tel nogmaals sy hand op en rig die volgende woorde met `n magtige stem tot die in raserny en woede ontbrande Lameg:

2. “Lameg, jy, nietige koning van alle sondes, alle gruwels en die blindste en swartste kwaad, in die Naam van die groot, almagtige God: Nie op `n enkele een van die smerigste vertrapte klippe na, op die grond in die straat van jou stad hoef jy ons skatting te betaal nie! Wanneer ons weer hierdie laagte sal verlaat, sal al die stof selfs van ons voete afgevee word!

3. So het ons ook gedurende die tyd van ons verblyf hier, behalwe die vry lug en die suiwer water, niks in ons ingewande opgeneem wat die laagte ook maar aan vrugte en eetware voortbring nie; want vanuit die hoogte is ons ryklik van alles voorsien. Hieruit kan jy goed aflei dat ons nie hier vanweë die een of ander belasting is nie! 

4. Maar tog vra ons `n hoë skatting van jou; geen materiële skatting nie, maar `n daadwerklike skatting verlang ons van jou en wel die skatting van jou gehoorsaamheid!

5. Sien, jy is `n koning, het van iedereen die stipste gehoorsaamheid geëis op lewe en die mees gruwelike dood na, en tog was jy nog nooit self gehoorsaam nie!

6. Daarom sal jy nou vir die eerste keer in jou hele lewe eweneens jou goed deurvoede nek onder die swaar juk van die gehoorsaamheid moet buig. Jy sal moet doen wat ons aan jou opdra, en wat jy deur ons opgedra word, in die Naam van JaHWeH dra!

7. Dit sal goed vir jou afloop, as jy by alles sal inwillig; as jy jou egter sal verset, sal jy God se skerp tugroede solank op die hewigste wyse voel, totdat jou stywe koningsnek hom gewilliglik onder die juk van ons wil, in die Naam van JaHWeH sal voeg en soepel sal buig! Ken jy nou die belasting?”

8. Hier spring Lameg van grimmige woede op en storm soos `n rasende op Kisehel af, asof hy hom in stukke wou skeur. Maar Kisehel gryp vir Lameg wat op hom afstorm behendig aan sy lang hare, tel hom al skuddend op en vra ernstig aan hom: “Lameg, jou ellendige wurm van die stof en van alle onmag en totale kragteloosheid, sê my nou hoe lank jy dink dat jy jou nog so teen ons sal kan verset!

9. Jy, vir wie ons, deur God se krag in ons, met die sagste suggie uit ons monde kan wegblaas, jy wil jou verset teen die almagtige wil van God?!

10. Sê my, wat wil jy doen wanneer ek jou weer sal loslaat? Want jy sal die grond nie met jou voete aanraak, alvorens jy jou, hier in die lug hangend, allerduidelik uitgespreek het oor wat jy dink om te doen wanneer ek jou weer sal vrylaat nie!

11. Watter nut jy van jou knegte in ons aanwesigheid het, kan jy nou goed sien; spreek daarom!” 

12. En Lameg knars met sy tande en sê ten slotte: “Gee my tenminste drie dae dinktyd, sodat ek tot myself kan kom! Want ek sien nou in dat ek teen vyande soos wat julle is, geen wapens het nie; daarom wil ek daaroor nadink, hoe ek julle sal kan gehoorsaam!

13. Sit my weer op die grond, en sê my dan wat ek moet doen!” En Kisehel sit vir Lameg weer op die grond neer en laat hom los.

14. Maar toe Lameg vry was, loop hy dadelik na sy troon, neem daar in sy koninklike houding plaas en vra toe baie streng: “Wat moet die groot koning en heerser van die hemel en die aarde dan doen?!”

15. En Kisehel sê op hierdie allerdomste vraag: “Ten eerste moet hierdie groot koning en heerser van die hemel en die aarde onmiddellik van sy troon afkom, as hy nie op die ystertroon tot as wil verbrand nie!”

16. Hierop begin die troon steeds warmer en warmer te word en Lameg spring dadelik daarvan af en vervloek die troon vir die eerste keer.

17. En Kisehel sê verder: “En dan sal die onttroonde groot koning hom onmiddellik met ons na buite begewe na die plasse, moerasse en rioolputte; en sy lyfwagte sal hom volg! As hy daar saam met ons buite op die bestemde plek aangekom het, dan sal hy weer `n volgende opdrag kry, vir dit wat hom alles te doen staan!

18. Volg ons dus in die Naam van JaHWeH, die groot, Almagtige God! Amen.”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205