Die Huishouding van God - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 180

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281.

Lameg se hardnekkigheid en trots. Kisehel se skerp woorde en Lameg se hoogmoedige antwoord

180 Gedurende `n kort tydjie wag Kisehel wat Lameg sou doen, dit wil sê, wat hy daarop sou sê. Die wag was hier egter pure tevergeefs. Weliswaar het al drie dit al by voorbaat geweet; maar tog moes daar aan hom, ter wille van homself, `n dinktyd gegee word, sodat hy, as hy opnuut sou en ook moes aangepak word, nie sou kan sê: “Waarom het julle my nie laat bedaar sodat ek my behoorlik kon voorberei nie?!”

2. Die drietal wag weliswaar, maar Lameg wil glad geen aanstaltes maak om hom te regverdig nie. Hy verloor hom egter steeds meer in suiwer gruwelike wraakgedagtes en begin heel konkreet na te dink hoe hy die drie bodes ten gronde sou kan rig saam met die vier ander, van wie hy deur die vrouens baie goed op die hoogte van was. Kisehel wend hom weer na hom toe en sê:

3. “Lameg, jou bose kneg van die Satan, jy het stom geword, omdat my woord jou in `n drievoudige net gevang het, en jy vul nou jou hart so met wraakgedagtes, dat jou hele wese daardeur `n gruwelike vloek is teen ons en dus ook teen God!

4. Sê my: Watse wese is jy eintlik? - Jy word gewys op jou onmag ten opsigte van ons; ons toon jou God se onoorwinlike krag in ons; jy sien in dat jy nooit in hierdie gedaante, in der ewigheid, iets teen ons sal bereik nie, - en tog weerstaan jy aller hardnekkig die Gees van God se ewige liefde in ons!

5. Sê, sê, wat se wese is jy tog! - Kyk na die meisies wie jy op die eerste en die tweede trap gesit het om te verhinder dat ons na jou toe sou kom! Sien, hulle was dood; want ons wilskrag vanuit God het hulle almal onmiddellik na buite gedryf, hierdie poele in, waarin hulle jammerlik omgekom het, en hulle almal lewe weer.

6. En jou vrouens het jy met eie oë tot as sien verbrand, en jy sien hulle daarna met boaardse glans omgewe liggame weer uit die as herrys.

7. Is dit nie `n meer as voldoende kragtige bewys vir ons goddelike sending nie?!

8. Sê, sê nou, wat jy met jou koppigheid en jou wraakgedagtes teen ons wil en kan bereik!

9. Jy ellendige, onmagtige wurm in die stof van die grootste nietigheid! Jy wil jou teen God verset, terwyl ons jou al deur die geringste suggie uit ons mond kan wegblaas, as ons dit maar wou doen?!

10. O jou gruwel uit die hel! Met God wil jy stry, terwyl jou lewe iedere oomblik enkel en alleen van Sy groot erbarming afhang?!

11. Hoe wil jy God dan aanval, - Hom, wie jou in die oomblik van jou aanval kan vernietig en jou kan verdoem in die hel van Sy ewige toornvuur?!

12. Probeer `n stryd met ons te begin, ellendige wurm van die slyk en die mees stinkendste stof, en jy sal vinnig merk wat jy teen ons kan uitrig!

13. Ontbrand in die afskuwelikste, mees dodelike toornvuurspuwende wraak teenoor my, jou ellendige gat van die duiwel, en vernietig my, jou groot wraak afkoelend, soos jy wil en kan, en oortuig jou nog meer van jou groot onmag en blindheid!

14. Jy sien hoe volkome nietig jou hele mag is, net ten opsigte van die asem uit my mond; sê my, waarom wil jy ons dan die hardste koppigheid in plaas van die gedweë gehoorsaamheid toon, terwyl jy alleen daardeur weer tot God se barmhartigheid kan kom en vir ons `n weliswaar berouvolle, maar andersyds `n bo alles geliefde broer kan word?

15. Spreek, spreek, ek gebied dit vir jou in Naam van Hom, wat ons uit oorgroot erbarming van die heilige hoogte na jou toe in hierdie, met jou vloek belaste slykdiepte, gestuur het, om jou vir Hom te wen!”

16. En Lameg, geweldig snuiwend, antwoord ten slotte: “Wat julle daar gesê het, begryp ek nie en ek wil dit ook nie begryp nie, want so praat mens nie met `n koning, wat netso goed soos jy met God gespreek het en eweneens van Hom Sy woord het dat diegene wie hulle een keer teen hom sou vergryp sewe-en-sewentig maal gewreek sal word!

17. Ek sal my op jou en nog minder ooit op God wreek nie, want ek ken my onmag maar al te goed!

18. Maar jy het jou al teen my, koning Lameg, vergryp, sien nou maar hoe jy met jou God in die reine gaan kom!

19. God se ordening en wysheid reik verder as jou oë; maar soos ek is, is ek en ek doen wat ek doen sekerlik nie buite God nie, maar soos jy in God, waarom maak jy dan van my `n gruwel wat sy weerga nie ken nie?

20. As ek koning van die laagte is en jy na my gestuur is, dan moet jy ook na behore met die koning spreek soos `n afgesant, en nie asof jy my wil teregstel nie!

21. My mag kan jy wel so breek, maar op dié manier in der ewigheid nooit my wil nie! - Begryp jy dit, magswellustige sondaar teen my, koning van dié ongelukkige, vervloekte land!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205