Die Huishouding van God - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 182

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281.

Kisehel, Sethlahem en Joram op besoek by die vier siek geworde broers. Die gees van Abel onderrig Kisehel oor die belangrikheid van geduld. Die genesing van die vier siekes

182 In hierdie drie dae besoek die drietal die vier ander broers, wat nog siek in `n herberg gelê het, deurdat die gees van Abel hulle `n bietjie getugtig het, omdat hulle hulleself deur Lameg se dienaresse laat bekoor het.

2. Die drietal het wel geweet dat Ek die vier `n bietjie laat tugtig het; maar deur wie, - dit wis hulle nog nie.

3. Omdat Kisehel hom in hierdie aangeleentheid dadelik tot My gewend het, het Ek sy innerlike gesig geopen, en hy sien die gees van Abel, buig voor hom en vra hom: “Broer uit die hemele, hoe lank moet jy hierdie vier arme broers nog in hierdie toestand hou?”

4. En Abel antwoord Kisehel: “Totdat die skouspel van die vlees uit hulle hart sal verdwyn!

5. Kyk maar net, noudat hulle harte geopen is! Sien julle hoe daar nog `n hele klomp vet, naakte beelde die kamers bewoon wat slegs aan die liefde tot God gewy sou moes gewees het, en hoe die gees van die broers hulle verlustig by dié aanblik en in hulle vlees rondwoel?!

6. Sien, dit moet daar uit; voor dit sal my roede geen rus kry nie!

7. Daarom kan julle hulle ook wel ernstig vermaan en hulle ook toon hoe dit daar met hulle staan, maar my naam moet julle verswyg!”

8. En Kisehel vra daarop aan die gees van Abel: “Luister, my broer uit die hemele! Welke hoop koester jy nog vir Lameg? Want ek glo dat hy hom nooit heeltemal sal bekeer nie; en as hy hom sal bekeer, sal dit dan nie eerder `n skynbekering wees in plaas van ook maar in die minste die korrekte en die geheel volledig innerlike ware bekering nie?!”

9. Maar Abel sê aan Kisehel: “My broer! Wees nie besorg oor hoe dit sal afloop nie, maar handel geduldig volgens die aan jou baie welbekende wil van God, dan sal alles hom uiteindelik na die korrekte doel wend en dit ook beslis onfeilbaar bereik!

10. Jy moet egter veral geduld hê; as jy dit in die regte mate het, dan sal jy alles maklik doen en afwag!

11. Kyk daarom nie hoe Lameg hom wend of afkeer nie, maar slaan altyd sorgvuldig ag op die neiging van die goddelike wil in jou, en handel streng daarna, soos tot nou toe; dan bewandel jy sonder meer die regte en dus ook kortste en goeie weg van die liefde!

12. Of die verstokte Lameg hom vandag, môre of eers oor enkele jare bekeer, speel geen rol nie, - want dit behou die Heer altyd alleen vir Homself; want Sy weë is ondeurgrondelik en Sy besluite onnaspeurlik!

13. Ons sal egter alles goed doen, as ons maar net Sy wil vervul en Hom, die mees liefdevolle, mees heilige Vader bo alles lief het!

14. Wees daarom nie besorg oor die uiteindelike afloop van julle sending na Lameg nie. Doen God se wil, en lê al die ander in die almagtige hande van Hom, wie jou vir dié amp steeds Sy heilige wil te kenne gee. Dan sal alles goed eindig!

15. Kyk maar na my! Dink julle dat ek my bedruk maak oor wanneer hierdie broers van jou sal genees? Nee, heeltemal nie! Want my liefde vir hulle is immers maar al te veel daarvan oortuig dat die allerhoogste en eindeloos wyse, heilige Vader geen onwerksame geneesmiddel uitgekies het nie!

16. Dus is my taak daarby, om dit alleen maar allergetrou oor te bring en dit dan stip aan die behoeftiges toe te dien; al die ander lê in die hand van ons Vader!

17. En dan is geduld ons vernaamste taak; wie dit in sy hart het, sal sy werke bekroon sien, terwyl die ongeduldige dikwels in één oomblik meer verniel, as wat hy in tien jaar opgebou het!

18. As `n moeder sien dat haar kinders `n voorliefde het vir nuttige, verhewe en mooi dinge, maar haar hart ongeduldig is en haar vererg omdat die kinders al dit waaraan hulle plesier belewe en waarna hulle in hulle hart `n edel verlange het, nie oombliklik kan begryp nie, - sê my, hoe sal dit dan mettertyd gaan met die innerlike vorming van die kinders? En hoe met hulle gees?

19. Die kinders sal in hulle hart kwaad word en hulle ongeduldige moeder heimlik begin verag en haar altyd as `n klip des aanstoot sien, wie hulle in hulle hart soveel moontlik sal ontwyk!

20. Sien, omdat geduld veral vir `n moeder, by die vorming van die hart van haar kinders nodig is, omdat sy andersins slawe en knegte van hulle sal maak, in plaas van liefdevolle en edele mense, hoeveel te meer heilige geduld moet ons dan wel vanuit die Vader hê, as ons deur Hom as wegwysers aangestel word, en diegene wie ons moet lei, nie die weg wil versper nie, maar hulle na die ewig lewende doel wil voer!

21. Wees ook jy, my liewe broer, daarom baie geduldig by die uitoefening van jou belangrike amp, en lyk nie soos `n dwase moeder wat haar kinders liewers klippe sien kap, as om hulle besig te sien met alles wat goed is vir hulle hart, - dan sal jy jou werk bekroon sien!

22. Neem die seën van my hart aan in die Naam van ons heilige Vader! Amen.”

23. Hier word Abel weer onsigbaar vir Kisehel, en hy griffel hierdie woorde diep in sy hart en deel dit ook aan die ander broers mee, maar vertel nie waar dit eintlik vandaan gekom het nie.

24. En almal beleef `n groot vreugde daaraan en gee, vanuit die grond van hulle hart, aan My die eer, en spoedig daarop gaan dit ook veel beter met die viertal; want toe hulle uit die mond van Kisehel so baie en ook hierdie woorde gehoor het, reinig hulle baie spoedig hulle hart van die vlees en genees sodoende weer in My barmhartigheid en erbarming, staan op en verlaat die slegte herberg saam met die ander.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205