Die Huishouding van God - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 188

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281.

Kisehel onderrig vir Lameg in die verwerking van gouderts. Thubal-Kain word `n amp aangebied

188 Nadat die bodes na alle kante uitgegaan het om arbeiders te werf, en dit volgens die hedendaagse tydrekening reeds om en by vyfuur in die middag geword het, wend Kisehel hom tot Lameg en sê:

2. “Sien Lameg, hier op hierdie plek lê baie duisende vate suiwer goud in die aarde! Dié metaal is die edelste van alle metale op aarde; maar so, met sand vermeng, is dit onbruikbaar.

3. Dit moet daarom eers deur `n meester ertsbewerker gesuiwer word en wel deur middel van `n sterk vuur; sodat dit dan tot swaar klonte kan saamvloei, en sal hulle met hamers op breë aambeelde met weinig moeite tot groot plate laat slaan, so selfs, dat `n vuisgrote klont van die metaal `n plaat sal oplewer waar honderd mense voldoende plek sal hê om op te staan.

4. Daarom sal dit nodig wees om `n bekwame meester ertsbewerker te bekom!

5. As jy so iemand het, laat hom dan hier kom, dan sal ons hom leer hoe hy die metaal moet bewerk!”

6. En Lameg, hoogstens verheug oor hierdie mededeling, antwoord vir Kisehel: “Luister, groot vriend, hy is immers heel maklik te vinde!

7. My seun, Thubal-Kain, wie vir `n tyd met sy suster Naëhme in `n huwelik verbind was, is immers hoofertsbereider, en verstaan die kuns om `n soortgelyke metaal van die aarde te onttrek deur middel van vuur en vervolgens te bewerk deur die geweld van sy swaar hamers. Jy kan dit sien aan hierdie graafwerktuie, wat almal deur hom gemaak is! Sou hy, met sy helpers, nie die regte man wees vir hierdie taak nie? As ek hom laat roep, dan sal hy ook dadelik hier wees!

8. As julle akkoord gaan met my seun, gee my dit dan te kenne, dan sal ek my uiterste bes doen om nie in die minste meer teen julle wil te handel nie!”

9. En Kisehel sê daarop aan Lameg: “Ja, Thubal-Kain is die regte man! Laat hom daarom kom; maar voor hy met sy helpers dié metaal sal suiwer, moet hy eers self gesuiwer word.

10. Want in hom bevind hom nog baie meer onrein sand as in die edele, maar nou nog ruwe metaal!

11. Soos die metaal deur vuur en sout gesuiwer word, sal Thubal-Kain ook eers deur ons vuur en ons sout moet gaan voordat hy ten volle in staat sal wees om die edele metaal te suiwer!

12. As julle `n bode na hom toe stuur, sê hom dan dat hy teenoor Thubal-Kain moet swyg oor alles wat hier voorgeval het! - En so kan julle dit doen! Amen.”

13. Maar Lameg sien dat daar hier geen manlike wese meer aanwesig was nie en vra ietwat verleë aan Kisehel: “Grote vriend, alles sal goed afloop as jy my sal toestaan om na die stad te gaan! Daar sal ek weldra `n bode vind aan wie ek dit sal opdra; maar behalwe die vroulike wesens en ons, is hier niemand van die manlike geslag meer aanwesig, aan wie so-iets gewigtig opgedra kan word nie!

14. Gee my daarom ook in die geval raad, wat ek onmiddellik sal opvolg!”

15. En Kisehel sê daarop aan Lameg: “Sien, broer Lameg, ook vrouens het voete! Kies drie daar uit hulle midde; want één sou nie passend wees as bode na die seun van `n koning nie!”

16. Lameg laat nou drie van die mees spraaksame vrouens na hulle toe kom, stel hulle aan Kisehel voor en vra hom of hulle wel geskik was.

17. Kisehel beaam dit en onmiddellik word die drie vrouens na Thubal-Kain afgevaardig. Nadat hulle vertrek het, sê Kisehel aan Lameg:

18. “Broer Lameg, as julle honger en dors het, laat dan die vrouens en die meisies met die leë mandjies na jou voorraadkamers gaan en spys en drank hierheen bring!”

19. En Lameg antwoord: “Ja, groot, liewe vriende, as ek die barmhartigheid waardig sou wees dat dit vir julle behae skep om saam met my, arme sondaar, te eet, wil ek in die opsig ook dadelik doen wat julle my aangeraai het!

20. Maar as ek nog geheel onwaardig is, wil ek liewers solank vas totdat ek vir hierdie barmhartigheid deur julle, waardiger bevind sal word as nou!”

21. En Kisehel antwoord Lameg: “Broer, sien, daar is nog geen drie dae verstreke sedert JaHWeH op die hoogtes liggaamlik sigbaar in `n volkome menslike gedaante in ons midde gewandel en met ons geëet en gedrink het, - en tog is ons onnoembaar veel minder ten opsigte van Hom as wat jy nou is ten aansien van ons!

22. Maar soos JaHWeH met ons geëet het, waarom sou ons, as nakomelinge van die nog lewende vader Adam, dan nie saam met jou `n maaltyd hou nie? Laat daarom ete en drinke haal, en jy sal nie net uit die mandjies eet nie, maar ons, saam met die vrouens en die meisies, sal ruim deel daaraan hê!”

23. Hierop spring Lameg byna dol van vreugde op, loof en prys God vir hierdie onuitspreeklike groot barmhartigheid en laat terstond die vrouens en die meisies die allerbeste uit sy voorraadkamers bring.

24. En die vrouens loop juigend na die stad om spys en drank te gaan haal.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205