Die Huishouding van God - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 189

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281.

Die maaltyd op die tempelplein. Kisehel se woorde oor die bestemming van die vrou. Sethlahem se vertroostende woorde tot die vrouens en die meisies

189 Na `n kort tydjie kom die vrouens en die meisies terug met goed gevulde mandjies en sit dit voor die sewe afgesante neer.

2. Nadat dit gebeur het, buig hulle voor hulle en tree weer vol eerbied terug; die sewe seën die spyse in die mandjies en Kisehel sê toe aan Lameg:

3. “Broer Lameg, sien, die spyse is nou hier en is geseën; kom hierheen aan my regtersy, en ons agt sal aan één mandjie voldoende hê! Al die ander laat ons oor aan die vrouens en meisies; want hulle het al vir etlike dae niks meer tot hulle geneem nie en was tot nou toe wonderbaarlik behou deur die goddelike barmhartigheid en erbarming, waarmee ons uitgerus was en waarsonder ons hierdie diepte nie veilig sou kon betree nie!

4. Maar nou sal hulle ook weer eet en drink en op die natuurlike manier van die mens versadig word, sodat hulle die mense weer van diens kan wees!

5. Want dit is immers die bestemming van die vrou, dat sy vir die man is wat die man is vir God, die almagtige Skepper! As die vrou dit is vir die man, dan is hulle één met Hom, naamlik soos die man wat regverdig is, één is met God, dus in die gees volledig één wese!

6. Maar hierdie vrouens en meisies het te onrein geword en sou geen man meer kon gedien het nie; maar hulle was gesuiwer, sodat hulle weer gereinig sou word vir die man.

7. Maar om dit weer volledig te word, is dit nodig dat hulle liggame weer deur die vrugte van die aarde gevoed word, sodat hulle vrugbodem geskik word daardeur vir die opname van die menslike saad; en daarom sal hulle nou weer begin om te eet! Amen.” 

8. Omdat Kisehel baie hard gespreek het, hoor die vrouens en die meisies dit ook en hulle beleef innerlik `n groot vreugde oor die woorde betreffende hulleself uit die mond van Kisehel; en hulle buig na die aarde en spreek:

9. “O deur God heilige manne uit die heilige hoogtes, `n soortgelyke barmhartigheid is ons tog nie werd nie; want ons het onsself vrywillig weggewerp!

10. Dit is tog nie ons verdienste dat ons deur julle gereinig is nie, maar dit het alleen julle gedoen; hoe kan ons dan so `n barmhartigheid werd wees, ten opsigte van julle en van die almagtige God?!”

11. En Kisehel ontbied Sethlahem na hom toe en sê: “Broer, begin met jou werk, en verleen die korrekte troos aan die arme wesens, wie se hart nou van vreugde en deemoed vervul is!” En Sethlahem staan op, gaan na die vrouens en meisies toe, strek sy hande oor hulle uit en sê aan hulle:

12. “Luister, vrouens en meisies! Die reiniging wat aan julle voltrek is, het nie betrekking op julle liggame nie, maar slegs julle gees; daarom is julle liggame nog heeltemal dieselfde soos hulle voor die reiniging van julle gees was.

13. Want alles wat daar oënskynlik met julle gebeur het, het slegs betrekking op julle gees gehad, maar nie op julle liggaam nie.

14. Want toe julle die trappe na Lameg vir ons versper het, het die goddelike krag in ons dit toegestaan om julle te verplaas in julle heeltemal onreine gees; en in die gees is `n deel van julle, die mees deugdelike element van julle innerlike lewe, na die poele getrek en het homself daarin gestort en het daar, volgens wat dit voorgekom het, ten gronde gegaan om na `n kort tyd as gevolg van berou en gehoorsaamheid weer in die onbeskadigde liggaam teruggeplaas te word.

15. `n Deel was ten slotte, volgens wat dit voorgekom het, verbrand. Die hout self het die meisies maar net in geestesvervoering byeen gedra, en alle toeskouers, ook Lameg, was gedurende die reiniging deur die vuur, in die gees in homself verplaas en kon daarom niks anders sien as wat daar in die gees gebeur het nie.

16. Julle was weliswaar ook liggaamlik aanwesig; maar julle liggame was, omdat hulle verwond was deur julle dwaasheid, met olie gesalf wat julle wonde weldra geheel het, en het rustig in diepe slaap versonke gelê hier in die omgewing op die sagte gras.

17. En, soos reeds vermeld, na die gedwonge reiniging van die gees, was julle eers weer saam met julle gees gewek en weer voor die liggaamlike oë van die mense geplaas.

18. Dat julle nog julle oorspronklike liggame het, kan julle sien aan die littekens, wat julle dwaasheid veroorsaak het.

19. Daarom kan julle julleself ook nog heeltemal met `n man verbind en sal dan in staat wees om sy saad op te neem soos vóór die wonderbaarlike reiniging van julle gees!

20. Vra daarom nie meer of julle die barmhartigheid werd is nie, maar eet en drink nou saam met ons, sodat julle weer kan sterk word! Maar wat nou met julle gebeur het, sal met geen enkele vrou meer in die toekoms gebeur nie, want dit was nou slegs nodig vanweë Lameg. In die vervolg sal die oordeel kom oor diegene wie so sal lewe soos wat julle geleef het!

21. Swyg voorlopig daaroor teenoor die drie afgesante na Thubal-Kain! Eet en drink nou in die Naam van die groot God! Amen.”

22. Daarop begin die vrouens God te loof en te prys, en gaan toe rondom die mandjies met spyse sit; en Sethlahem gaan na hierdie vertroosting vir die vrouens ook weer terug na sy geselskap om te eet en te drink.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205