Die Huishouding van God - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 191

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281.

Die brutale Thubal-Kain, verlam deur die mag van Kisehel se wil, word tot vriendelikheid en waaragtigheid opgevoed

191 Toe Thubal-Kain hierdie vasbeslote woorde van Kisehel hoor, word hy aanvanklik `n bietjie bang, want met die eerste oogopslag het hy nie soveel moed van die vreemdeling verwag nie. Daarom het hy ook nie dadelik teruggegaan nie; maar hy vermaan hom weer en sê toe met ietwat van `n minagtende lag?:

2. "Jy wil my seker met jou beergebrul verander en my tot `n gehoorsame kneg maak?!

3. Sien, daaroor kan ek maar net lag, armsalige dwaas uit die berge! As ek dit die moeite werd sou vind, dan sou ek jou oombliklik laat voel hoe sterk ons hamers is; maar waar die magtige leeu hom nie inlaat met die vang van muggies nie, wat ek daagliks sien by my twee gevange diere, - wil ook ek my nie inlaat met soortgelyke ongediertes nie! - Begryp dit, lummel, en doen nou maar wat jy wil; maar ek gaan!"

4. Hier wou Thubal-Kain weer sy weg volg. Maar sy moeite was vergeefs, want Kisehel se woord en wil vanuit My het die voete van die vakman uit die berge sodanig verlam dat hy geen voet kon versit nie.

5. Toe Thubal-Kain dit merk, roep hy sy vader na hom toe en sê heimlik en erg verleë vir hom: "Luister, wat makeer my dat ek geen voet kan versit nie? Gee my raad en help my, anders slaan ek `n erbarmlike belaglike figuur, en dit nog voor die onhebbelike domkoppe uit die berge!"

6. En Lameg sê daarop vir Thubal-Kain: "Het ek jou nie vooraf gesê: 'Neem jouself in ag, sodat jou hamer nie vir jou te swaar word nie!' Sien, die voorspelling van jou vader het waar geword; sien daarom maar self hoe jy met hierdie afgesante van die grote God kan klaarspeel!

7. Ek mag jou nou niks meer sê nie; maar dit mag jy nog weet, dat dit nie goed is om te stry teen iemand aan wie die elemente, op sy wenk, gehoorsaam nie!

8. Nou weet jy genoeg en al byna te veel; sien nou maar hoe jy dit in orde maak met hulle aan wie jy die gewig van jou hamer getoon het!"

9. Dit verbaas Thubal-Kain buitengewoon en hy vra hom af wat hy moes doen.

10. Ten slotte dink hy by homself: "As daar by hierdie bode van God iets met geweld te bereik is, dan het my vader Lameg dit vas en seker aangewend, want vergeleke met hom is ek slegs `n sagaardige lam!

11. Maar soos wat hy nou praat, is dit duidelik dat hy ook niks aan hulle kan doen nie!

12. O vader Lameg! Nou begryp ek jou eers; - jy is self oorwin!

13. Ja, - van daardie standpunt uit gesien, sou my hamer wel ietwat te swaar kan word, en dit sal daarom wel raadsamer en beter wees om my toevlug hier te neem tot vriendelikheid en my te skik totdat daar `n ander wind begin waai!

14. Dit sal ek dan ook doen, kom wat wil!"

15. Hierop wend hy (Thubal-Kain) hom tot Kisehel met die volgende woorde: "Man van die berge! Kan ons dan nie verstandig met mekaar praat nie, sodat ons tot `n ooreenkoms kan kom tussen my en jou wil?"

16. En Kisehel antwoord hom: "Wel sekerlik kan ons dit doen; maar nie oor die rede waarom jy met my wil praat nie! By my is alles volle erns en volle waarheid; uit God se ewige orde kom my woorde en my handelinge voort!

17. As jy dus `n vrugbare gesprek met my wil hê, dan moet jy ook vanuit die volste, innerlike erns spreek, maar nie om taktiese redes nie, - anders is elke woord van jou vergeefs!

18. Mense soos jy kan jy wel deur jou taktiek mislei; maar mense soos ons ken dit nie. Want hulle kyk deur God se barmhartigheid in die hart en weet tot op `n atoom wat daarin omgaan, - daarom is dit ook onmoontlik om hulle te mislei deur middel van wêreldse taktiek!

19. Begryp jy dit? Ek sê vir jou: Begryp dit en oordink dit grondig, want jy sal hierdie plek nie verlaat alvorens jy alle taktiek uit jou hart verban het nie! - Neem dit ter harte en begryp dit goed! Amen."


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205