Die Huishouding van God - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 194

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281.

Thubal-Kain se egte en ontroerende gebed. Kisehel se dankgebed. Die vaderlike stem uit die wolk

194 Hier val Thubal-Kain neer voor Kisehel en begin God te loof: "Groot, my nog onbekende, almagtige God! My hart is enorm beweeg, vervul van vurige dank en lof! Ek wil U my lewe lank bo alles loof en prys, - maar ek is immers soos `n volledig blinde en dowe; want ek weet nie waar U is en het, behalwe die gefluisterde woorde van my bedrukte en bevreesde moeder, nooit iets van U gehoor nie.

2. Wees daarom my, arme en swakke teenoor U en U volk barmhartig, en laat U herken, sien en waarneem deur my en in my, hoe U is en waar U is vir die mens van die aarde!

3. Laat U hoor, sien en herken, sodat ek U passend kan loof, dank, aanbid en roem! Kyk, ek sien wel U werke en beskou dit met groot vreugde en dikwels ook weer met groot vrees; U magtige kinders staan voor my; dus sien ek wel die werke, maar die groot Werkmeester is vir my vreemd, - en ek sien tallose skepsels; maar waar is U, o Skepper, sodat ek my lof aan U kan bring ?!

4. U magtige kinders het U as heilbrengende bodes hier na ons in die laagte gestuur; ja hulle is hier in lewende lywe, spreek oor U, getuig van U en handel in U mees heilige Naam; maar waar is U, o mees heilige Vader van sulke kinders?!

5. U, U sou ek nou van naderby wil ken. Daal neer, kom ook na ons, arme sondaars! Ook al stam ons van Kain af, die vader van die sonde en die oordeel, maar ook hy het tog uit U seun, Adam, voortgekom!

6. Hy mag dan miskien U erbarming nie werd gewees het nie, omdat U te gewyd is; maar ons almal kan tog niks daaraan doen dat ons sy nakomelinge geword het nie!

7. Wees ons daarom barmhartig en betoon medelye, en laat ons ook maar één barmhartigheidstraal toekom, maar dan vanuit U, heeltemal alleen vanuit U, één straal, sodat ons volledig in ons mag ervaar, hoe en waar U is, sodat ons U dan ook alleen kan loof en prys!

8. Hoewel ons U dan as sondaars sal loof en prys, o God, sal U ons daarom nie verstoot nie, want ons is uit die sonde in die sonde gebore!

9. Sien, die nag is nag, en al haar tallose liggies is vreeslik swak ten opsigte van ook maar één swak straal uit die son! 

10. Daarom, Vader van hierdie kinders van U, wat ons sombere nag nou soos sterre verlig, laat ons ook maar `n swak straaltjie lig vanuit U toekom, en ons sondige nag sal sekerlik in `n heldere dag verander!

11. Ja, ons nag is en bly `n nag, ondanks hierdie wonderlike sterre; maar slegs één straal vanuit U, en ons nag sal eindelik ophou om nag te wees, en ons sal U op die dag van U groot heerlikheid loof en prys, en al ons deur die nag verstyfde knieë en harte sal hulle ten diepste buig vir U mees heilige Naam!

12. Sien, ek Thubal-Kain, `n seun van die nag, lê hier voor U in die stof van my nietigheid! `n Sondaar smeek U om barmhartigheid en erbarming! Hy wil U loof en prys, - maar hy ken U nie; laat U daarom deur hom ken!"

13. Na hierdie woorde verstom hy en ween in die stof van die aarde.

14. Maar Kisehel buig hom vooroor, hef vir Thubal-Kain op en sê toe vir hom: "Thubal-Kain! Het jy nou dus ook `n broeder van ons geword?!"

15. En hier rig Kisehel sy oë ten hemele en spreek as volg:

16. "O Vader, ek loof en prys U in hierdie nuwe broeder; want U alleen het immers hierdie werk volbring en het ons ook in Thubal-Kain `n nuwe wonderlike broeder geskenk! Nie verniet het U hom lankal as meester ertsbewerker voorberei nie; nie verniet het U hom al sedert ewig uitverkies, om die goud van die aarde te reinig en dit buigsaam en smeebaar te maak nie!

17. Want U het voorsien dat ons in hom `n nuwe, wonderlike broeder sou kry, wat nie net die edele erts van die aarde in die vuur buigsaam en pragtig sal maak nie, maar veeleer die erts in die hart van die mens sal opwek en in die vurige ywer van sy liefde tot U buigsaam sal maak, en dan baie pragtig om te sien.

18. Daarom aan U alle lof, alle prysing en al ons liefde!

19. O Vader, sien, hierdie nuwe broeder is nog blind en kan U nog nie aanskou nie; wil U tog nie daarom barmhartiglik tot sy versoek inwillig nie!

20. As dit U heilige wil mag wees, wil U dan my bede verhoor en `n straal van U barmhartigheid skenk in sy hart, wat na U gewend en vervul is van gloeiende liefde en verlange na U, heilige Vader!

21. O verhoor ons, verhoor ons! U heilige Naam word gewy, en U wil geskied altyd en ewig! Amen."

22. Hierdie woorde van Kisehel breek die hart van Thubal-Kain en ook die van Lameg volledig, sodat hulle beide hard begin te ween; en na `n kort tydjie daal `n ligte wolk voor hierdie geselskap neer, en Lameg nóg Thubal-Kain wis wat dit kon beteken, sodat hulle baie bevrees geword het.

23. Maar baie spoedig spreek `n vaderlike stem vanuit die wolk: "Thubal-Kain, sien, die Een wat jy nie ken nie, bevind Hom nou voor jou, die Vader van die mense en die almagtige Skepper van alle dinge!

24. Luister, Ek het jou hart aangesien en Ek het dit gereinig bevind! Daarom sal jy ook vir ewig gewek word uit jou nag; `n gees vanuit My sal Ek in jou hart lê en die sal jou in alle wysheid binne lei.

25. Luister na My bode, wat nog hier is, want hy sal hierdie gees in jou opwek! Verheerlik My Naam, en Ek sal jou en die hele volk barmhartig wees; want Ek is gewyd, gewyd, gewyd, ewig en oneindig! Amen."

26. Daarop verdwyn die wolk en almal val neer en gee God die eer in alle deemoed en boetvaardigheid van hulle hart.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205