Die Huishouding van God - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 195

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281.

Thubal-Kain se aanwysings om die goud te ontgin. Die intog in die woonplek van Lameg

195 Nadat hulle God nagenoeg `n uur lank so geloof en geprys het, word Kisehel ten slotte ingegee dat hy moes opstaan en hy sê vir die ander:

2. "In die Naam van die een, enige, almagtige God sê ek vir julle: Staan saam met my op; want so lui die heilige wil van die Een wat Hom voor ons bevind het en woorde van lewe, barmhartigheid en erbarming gespreek het!"

3. En almal staan op na hierdie oproep van Kisehel. Toe hulle almal versterk en bowenal vol goeie moed opgestaan het, wend Kisehel hom tot Thubal-Kain en sê vir hom:

4. "Broeder Thubal-Kain, luister! Waar dit die wil van die Heer is, kan jy jou arbeiders nou roep en hulle die werk aanwys; en hulle moet dadelik begin en die hele nag deur werk.

5. En soos wat hulle die erts uit die berge deur middel van die bergsout en `n taamlike warm vuur gesmelt het, moet hulle ook hierdie erts smelt; en eers as hulle groot hoeveelhede klonte suiwer erts het, moet met die smelt opgehou word.

6. Die korrekte hoeveelheid bestaan uit eenduisend sewehonderd klonte. Sorg dus daarvoor! Amen."

7. En Thubal-Kain roep sy groot skare arbeiders na hom toe, toon hulle die ruwe erts en vertel hulle hoe hulle te werk moes gaan om dit te smelt en tot ronde klonte te vorm.

8. Toe die arbeiders dit nou volledig begryp het, vra hulle hoof werkmeester:

9. "O meester en strenge gebieder, alles is goed en duidelik uitgelê; maar staan my toe vol eerbied om `n vraag te stel en wees daarom nie kwaad vir my nie; ons het voldoende arbeiders en die erts is in groot hoeveelhede beskikbaar, maar waar moet ons die hout en die sout vandaan kry? Want daarsonder gaan dit nie smelt nie!

10. Moet ons ons eie hout hierheen bring en ons eie sout gebruik, of moet ons dit alles uit die stad gaan haal?"

11. En Thubal-Kain sê vir die werkmeester: "Luister, as ek die werk op my geneem het, het ek dit ook geheel en al op my geneem, en dan hoort ook die hout en die sout immers daarby!

12. Maar ek sê vir jou: Ek sorg nie alleen vir die hout en die sout nie, maar ook vir eet en drink soos vir die arbeidsloon!

13. Bring dus alles hierheen wat vir die werk nodig is en probeer om oor hoogstens één uur daarmee te begin; dit wil sê: Sodra die son agter die berge sal ondergaan, moet die vuur al hier brand!

14. Maak tenminste honderd groewe van drie handbreedtes diep vir die verhitting van die erts, en laat al tweeduisend arbeiders aan die werk raak daarvoor, dan sal die werk, onder die nuwe seën van die enig ware almagtige God, goed verloop !

15. Laat daarom honderd arbeiders nou die groewe maak; tweehonderd man moet die hout aandra; tweehonderd die sout; honderd man moet voedsel hierheen bring; tweehonderd moet die ruwe erts delf, en tweehonderd man moet dit verhit en smelt. En wanneer `n groef vol is, laat die erts dan gedurende dertig handswaaie afkoel; haal daarop die klonte uit die groef en begin dan weer `n nuwe smeltsiklus!

16. As julle so gedurende die nag vlytig kan deurwerk, dan kan ons môre waarskynlik voldoende van hierdie metaal hê.

17. Môre laat ons dan die swaar voethefboomhamers haal, en voordat die son sal ondergaan, sal die klonte tot sierlike plate geklop wees.

18. Nou weet jy alles; gaan nou en doen dit! Laat dit geskied!"

19. Die werkmeester gaan dadelik aan die werk en Kisehel sê daarop vir Thubal-Kain: "Broeder, jy het die saak goed gereël; daarom sal die werk geseënd wees! Waarlik, ek sê vir jou, môre sal jy wonders beleef; want jou arbeiders sal soveel van hierdie metaal ontgin, dat net die aanblik daarvan jou al sal laat huiwer!

20. Maar ons sal dit hierby laat; want alles is nou gereël!

21. Jy, broeder Lameg, moet die kliptafel neem en vooruit loop; ons sal jou na jou huis volg. Daar sal ons hierdie heiligdom bewaar totdat die tempel voltooi is; daarna sal ons almal jou gas wees, en jy sal ons broeder en gasheer wees!

22. Aan jou tafel sal ons eet en in jou huis die heilige Naam van die liefdevolste Vader van alle mense loof!

23. En jy, broeder Thubal-Kain, sal aan my sy gaan en nog op hede in die huis van jou vader die bedingde loon ontvang; want jy weet dat `n groot aantal vroue en meisies in jou vader se huis aanwesig is. Sien, hulle is nou almal heeltemal gereinig en jy sal uit daardie groot aantal die regte een ontvang! - Laat ons onsself dus daarheen begeef! Amen."

24. En Lameg pak met groot eerbied en liefde die heiligdom, (kliptafel met JaHWeH se Naam daarop) loop vooruit en Thubal-Kain gaan aan Kisehel se sy, terwyl die ander hom volg.

25. Toe hulle die stad nader, kom `n groot volksmenigte hulle tegemoet en hulle roep: "Ere sy God in die hoë, omdat Hy van Lameg `n ware koning gemaak het!" Dit roep die volk nog tot diep in die nag.

26. En Lameg was ontroerd en het hard geween.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205