Die Huishouding van God - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 196

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281.

Die voorbereidings vir die feesmaal. Die oorbring van die heilige tafel na die troonsaal van Lameg. Kisehel se woorde oor die waarheid as bevryding

196 Toe hulle in Lameg se woonplek aankom, kom alle vroue en meisies hulle tegemoet, val voor hulle op hulle knieë neer en loof, met bedekte gelaat, die Naam wat gegraveer was op die kliptafel, wat Lameg gedra het.

2. Kisehel sê nou vir Sethlahem: "Broeder, kyk na hierdie vroue! Behandel hulle volgens die woord wat in jou is!"

3. En Sethlahem laat die vroue en die meisies opstaan en sê vervolgens aan hulle:

4. "Gaan en berei `n goeie maaltyd, laat vandag `n lam slag en dit goed voorberei vir die nuwe koning, en `n vetgemaakte kalf moet voorberei word vir die nuwe bruidegom en sy bruid!

5. Sorg ook vir brood en vir edel vrugte, en dit sal nie ontbreek aan goeie, suiwer drank nie!

6. Gaan dus na die kombuismeester, en sorg dat alles mooi en goed daar uitsien! Amen."

7. Die vroue en meisies gaan dadelik en versorg nougeset alles wat aan hulle opgedra was.

8. Toe die hele geselskap daarna die groot koningssaal betree, bly Lameg staan en sê vir Kisehel: "Groot, magtige vriend en volkome ware en geregtelike bode van die almagtige groot God, sien, ek huiwer nou by die aanblik van my vroeëre troon, toe ek `n gruwelike heerser was, en al my gruwelikhede duik weer in my siel op, soos swaar onweerswolke uit die groot waters opduik in `n drukkende nag!

9. Vind jy dit goed om hierdie vertrek te vermy en `n ander groot ruimte te betrek, wat vir my vriendeliker voorkom as juis hierdie een, waar ek my direk as `n God laat aanbid het.

10. En vanaf dieselfde troon, wat deur die bloedige trane van die arme mensdom opgerig is, het ek bowendien nog die wreedste heimlike en algemene gebooie gegee!

11. O vriend, as jy dit goed sou vind, dan wil ek jou uit al jou mag versoek, soos ek alreeds gesê het, om na `n ander vertrek te gaan."

12. Maar Kisehel antwoord vir Lameg: "Broeder, dit is nou juis die mees passende vertrek van jou hele groot paleis!

13. Want as jy heeltemal in jou hart en jou gees wil genees, dan moet jy jou hart ook volledig reinig van alle oue onsuiwerhede; maar dit gebeur alleenlik deurdat jou gees, hoe langer hoe meer, ontbrand en in sy vuur al die vuil in jou hart verteer.

14. Hoe kan die gees egter beter tot ontbranding gebring word as juis deur die druk wat van alle kante ontstaan deurdat jy bewus word van jou begane gruweldade?!

15. In hierdie saal voel jy die hinderlike druk juis baie sterk, maar dit is immers ook wat die beste vir jou sou wees! Die vreeslike herinnerings bedruk jou, en dit is goed; want juis die druk sal jou vrymaak.

16. Sien, wat wil jy dan doen? Kan jy die gebeure ongedaan maak? Kan jy jou ooit bevry van jou dade? - Ek sê vir jou, liewe broer, dit is ewig onmoontlik vir jou, solank as wat jy die herinnering van die gevoelens ontvlug!

17. Slegs één ding kan jou hart, en vervolgens jou gees, vry maak, en daardie een is die waarheid!

18. Haar moet jy in alles soek, dan sal die vuur van die waarheid die vuil in jou verteer, en jou gees sal vry word en in hierdie vrye gees sal jy eers volledig weet wat die sonde eintlik is, en hoe dit vir die Heer geen probleem is om jou ten slotte van al jou sondes vry te maak nie, ook al sou hulle aantal groter wees as al die gras op aarde en die sand in die see.

19. Daarom sal ons in hierdie saal bly en hierdie tafel voorlopig op die feestelike versierde troon opstel as getuienis vir die Een wie in die toekoms die eintlike heerserskroon sal wees.

20. Dra daarom die tafel na die troon en plaas haar daarop; daar sal sy tot by die voltooiing van die tempel bly! Amen."

21. Dit stel Lameg tevrede en hy doen wat Kisehel hom opgedra het, en loof en prys daarop die heilige Naam op die tafel.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205