Die Huishouding van God - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 197

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281.

Lameg se groot, van liefde vervulde verering van God. Thubal-Kain se verwondering. Kisehel se woorde oor die suiwerende vuur van die liefde

197 En Lameg vind so `n groot welbehae in die verering van die heilige Naam, dat hy nie wil opstaan nie; want hoe dieper hy die Naam in hom opneem, des te meer word hy ook in sy hart en sy gees gegryp en kon hom daarom nie losmaak van die plek waar die liefde tot God hom so magtig begin vashou nie.

2. En Kisehel laat hom in die verhewe geluk van sy gees bly, sodat hierdie magtige lewende liefde tot God steeds dieper en vaster in hom sou word.

3. Toe Thubal-Kain dit sien, verwonder hy hom oor sy vader Lameg en sê vir Kisehel:

4. "Luister, groot, magtige vriend en broer volgens jou woord, waarlik, as iemand vir my sou gesê het: 'Môre sal daar uit die aarde `n boom groei wie se takke in die aand tot aan die uitspansel sal reik!', dan sou ek dit eerder as moontlik beskou het as hierdie skielike bekering van my vader!

5. Daar het nog maar nouliks agt dae verstryk vanaf Lameg gesweer het om die hemel en die hele aarde te vernietig, - en nou lê hy boetvaardig in die stof voor dit wat hy so gruwelik bitter vervloek het!

6. Waarlik, dit is die grootste wonder wat die hele aarde en alles wat in, op en bo haar is ontstaan, te bied het!

7. Ja, ek sê vir jou, magtige vriend en broer, as jy met jou krag berge sou versit het, dan sou jy my van jou suiwer goddelike sending nie so volledig oortuig het as juis deur hierdie fabelagtige wonderwerk nie!

8. Ja, nou glo ek eers heeltemal dat julle eg deur God hierheen gestuur is! Want die wonders daar buite het my wel aangegryp, maar dit was minder oortuigend vir my; want hulle het so vinnig na mekaar gekom dat dit te veel vir my was. Ek was bevange daardeur, soos iemand wat heeltemal oorwin is en moes my voeg, vanweë my onmag en ook gedeeltelik deur oortuiging.

9. Maar nou ontwaak my vrye wil en is ek nie meer gedwing om alles aan te neem wat julle ons al geleer het en sekerlik nog verder sal leer, maar nou wil ek vry vanuit myself, wat julle vanuit die heilige wil van die almagtige God wil!

10. Laat my daarom nou ook na die troon gaan en dit daar doen waardeur my vader Lameg nou so innerlik versterk word! Julle wil in God geskied!"

11. En Kisehel antwoord Thubal-Kain: "Broer, dit is reg en redelik van jou! Gaan heen en versterk jou vir die komende versoeking; want wie deur die heilige Vader deur `n wonderwerk gehelp word, stel Hy kragtiger op die proef as iemand wat slegs deur die woord tot Hom bekeer is.

12. Ek sê vir jou: Alles moet eers deur die vuur gaan voordat dit God in die hart en in die gees kan benader! Jy is weliswaar bekeer, en dit is Lameg ook, en wel op wonderbaarlike wyse; maar in hierdie fase van bekering lyk julle nog soos ruwe erts waar dit in die aarde gevind word en in `n sekere sin as `n verontreiniging daarvan beskou kan word. As die erts stewig en bruikbaar wil word, dan moet dit eers deur die vuur gaan.

13. Sien, so sal ook jy en Lameg eers nog deur die vuur moet gaan en daar heeltemal deurgesmelt word, alvorens die ware vastigheid in geloof, liefde en trou tot God verwerf kan word!

14. Daarom kan jy ook daarheen gaan en jouself, soos jou vader, versterk teen elke beproewing van bo wat jy moontlikerwys, en eintlik wel verseker, te wagte staan!"

15. Deur hierdie woorde skrik Thubal-Kain so erg, dat hy daarvan beef en ten slotte nouliks stotterend die vraag kon uiter:

16. "O vriend! Sal ek en vader Lameg dan in die vuur verbrand moet word?"

17. En Kisehel antwoord: "O, wat `n dwase gedagte?!

18. Nie één vonk sal julle liggaam raak nie; maar die vuur van julle liefde tot God sal van vooraf al die wêreldse wat nog in julle verborge is, moet verteer! Eers dan sal julle, soos reeds gesê, tot God kan kom, en alle sonde sal daardeur van julle afgeneem word, soos dit ook van my weggeneem was, waar ook ek `n sondaar was ten aansien van God.

19. Ook ek was deur `n wonder bekeer en moes toe `n flinke vuur deurstaan en doen dit nou nog! So sal dit ook met julle gaan; gaan daarom maar welgemoed na jou vader en doen dieselfde as wat hy nou doen, dan sal jy baie versterkende barmhartigheid vind en die komende beproewinge sonder veel moeite en bly en moedig deurstaan! Amen."


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205