Die Huishouding van God - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 2

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281.

Die grootste sorg van die stamvaders: Die dinge volgens die Liefde en die Barmhartigheid van die Vader

2 En almal was buite hulleself van vreugde en dank Abedam innig in hulle hart vir so `n belofte, wat waarlik `n belofte van alle beloftes is, omdat in Haar die enigste ware lewe woon en dus ook alle lewende krag en mag vir die bedwinging en oorwinning van alle dinge.

2. Omdat die stamvaders dit goed geweet het, was dit ook die enigste waarna hulle almal met soveel ywer en groot toewyding gestrewe het. Ja, die dinge volgens My Liefde en die daarmee verbinde barmhartigheid was hulle enigste sorg, en die werklike strewe daarna die enigste skoling en selfgestelde taak in hulle aardse lewe. Dit was die rede waarom hulle kinders ook reeds op die leeftyd van ses tot tien jaar wyser en onvergelykbaar baie verstandiger was as teenswoordig in hierdie, let wel, allerduisterste en werklik alleraf­skuwelikste tyd van alle tye, waar die allergrootste geleerdes, nou nie baie méér weet as wat die toenmalige kinders aan die moederbors geweet het nie.

3. Want toentertyd het hierdie moedersmelk, selfs materieel gesien, dikwels méér as nou in hierdie sogenaamde verligte tyd, die grootste van die deur stof- en motgevrete biblioteke van die geleerdes bevat.

4. Wat bevat die moedersmelk egter teenswoordig? Ek wil dit nie uitspreek nie! O, wat was die vrou toe, en wat is sy nou!

5. Ek sê vir julle, onder sewe duisend vroue is daar dikwels nouliks één te vind, wat haar nie deur duiwelse opmaak en behaagsug in één sekonde! – ongeveer honderd doodsondes begaan nie!

6. Want hoe sien hulle vervloekte kleding teenswoordig daaruit, in die besonder tydens openbare geleenthede?

7. Ek wil hulle liewer nie van naderby omskrywe nie; slegs soveel sê Ek aan julle, dat in (die stad) Hanoch, selfs in die laaste mees verdorwe tye, die algemeen bekende hoere hulle baie meer ingetoë en eersamer geklee het, en die vroulike vorm van hulle liggame verreweg meer verberg het as vandag se sedigste tipe vrou!

8. As so `n hoer iets met `n man te doen gehad het, dan was sy, selfs ten tye van die oomblik waar sy haarself geheel weggee, sodanig versluier en bedek dat die wellustige man niks meer van haar te siene gekry het as slegs dit waarvoor hy na haar toe gekom het.

9. Maar teenswoordig begin `n tienderjarige meisie reeds bewus te word van haar sigbare bekoorlikheid; beskou haarself keer op keer in so `n verduiwelse spieël, - en as sy dan steeds meer volwasse word en ook maar enige rondings aan haar lyf ontdek, dan sou sy eerder al byna halfnaak wou rondgeloop het, as dit maar enigsins in die mode sou wees en die stadsvaders so iets sou duld.

10. Wat sy egter nie openlik waag om te doen nie, dit doen sy wel geheel en al in haar hart en al haar gedagtes is daarop gerig om iedere man te prikkel en in vuur en vlam te laat raak.

11. Waarlik, waarlik, sê Ek, `n vrouspersoon uit hierdie tyd is slegter as so `n honderdduisend van die ergste duiwels uit die onderste hel! Hulle vlug immers vir My Naam, maar sulke vrouspersone lag net vir My en My Naam en buig hulle nie in die minste voor My en nog baie minder voor My Naam, waarvoor tog alle hemele, alle wêrelde en alle helle vol eerbied moet buig!

12. Waarlik, waarlik, Ek sê vir julle, soos wat Ek dit reeds baie keer in hierdie tyd gesê het, openlik en met duidelike verstaanbare woorde of heimlik deur `n gevoel in die hart, - dit sou vir die vroue van hierdie tyd onuitspreeklik baie beter gewees het, as hulle almal deur tien miljoen duiwels beset sou gewees het! Daarvan sou sy tenminste nog bevry kon word; want vir al die tien miljoen duiwels, sou die krag van My Naam voldoende wees om hulle almal uit te dryf.

13. Ook al roep julle My Naam tien jaar lank aan vir so `n hedendaagse pronksugtige figuur, sal sy van haar grenslose skaam­teloosheid en opgesmuktheid, hoogmoed, behaaglikheid, en verlok­kingsdrang ook nie één greintjie loslaat nie.

14. Dink julle dat sulke skepsele later in die hel beland, in die onderste deel? Dan vergis julle julleself! Hoe sleg en boosaardig en uitermate verskriklik dit ookal daar mag uitsien en dat dit ook werklik daar so is, sou die oord nog veels te goed wees vir sulke wesens; want alle satans en duiwels aldaar vlug tog vir My Naam en moet hulle selfs vir iedere daarheen gestuurde strafengel op die grond werp. Sou die wêreldse figure dit ook doen?

15. Daarom is daar vir hulle ook paslik gesorg, op `n selfs vir die hoogste engele, ongekende wyse!

16. Wanneer sy haar afskuwelike lewe op aarde spoedig ellendig genoeg sal moet beëindig en haar lewe nie geheel en al sal verbeter nie en My die vrugte van die ware innerlike boete bring nie; waarlik, waarlik, waarlik, dan sal die gebroedsel die gehele oneindige volheid van My toorn vir ewig, ewig, ewig op die allergevoeligste wyse onder­gaan!

17. O jy, My rein Ghemela, sien, welke `n eindelose verskil daar heers tussen jou en die vroue en meisies van hierdie tyd! Wat `n afgrond, - wat die twee oneindighede skei.

18. Jy, o Ghemela, rus aan My hart; maar sy het, deur My te verag, haar sover van My verwyder, dat My eindelose verreikende hand haar tog nimmer kan bereik nie. Sien, sy het in `n tweede oneindig­heid van My afgewyk, ja, in die oneindigheid van My allerbitterste toorn!

19. Maar niks meer daaroor nie, - anders sou Ek voortydig toornig word!

20. Daarom gaan ons weer na ons mooi oertyd terug! -

21. En toe die hoë Abedam hulle diep dankbare harte aansien, word Hy nogmaals aangedaan en sê hardop tot hulle almal:

22. "Waarlik, Ek sê vir julle, wie van nou af aan My uitverkore kinders is, - Ek sal julle nooit verlaat nie!

23. Solank julle julle harte na My gekeer sal hê, sal Ek met My Liefde seënend by julle almal wees en by elkeen in die besonder na die mate van sy liefde tot My en van daaruit tot sy broeder. En die met `n vlammende hart sal My selfs dikwels te sien kry, in die besonder wanneer hulle hulle harte rein gehou het vanaf die aanvang van hulle bestaan en hulle nie so ligtelik laat oorrompel het deur die wêreld nie!

24. Hou hierdie belofte in julle harte; want hierdeur sal julle bly in alle krag, mag en onoorwinlike sterkte wat van hierdie belofte uitgaan; daarom sal die hele natuurlike wêreld julle onderdanig wees.

25. Wanneer julle egter in julle harte van hierdie belofte sal afwyk, dan sal julle, na gelang van die afwyking, ook geleidelik julle krag verloor, en julle sal dan steeds meer van My vervreemd raak en My ore sal hulle vir julle mond sluit!

26. Bedink dit goed en oorweeg dit diep in julle harte wie Die Een is wat dit alles vandag tot julle gespreek het! Amen."


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205