Die Huishouding van God - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 20

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281.

Purista en haar ouers herken die Heilige Vader in Abedam

20 En Purista raak daardeur in groot verleentheid en vra haar vader Gabiël: "Luister vader, dit is seker `n uit die hemel neergedaalde, magtige bode! As ons nou ten aansien van hom gesondig het, wat sal dan van ons word?"

2. En Gabiël sê vir haar: "Kyk my dogter, hy is tog nog hier en sien ons vol medelye aan; hy sal ons dit immers weer vergewe!

3. As ons gefaal het, dan het ons in ons groot blindheid gefaal; gaan in ons naam na hom toe en vra hom om vergewing!

4. O sien, sien hoe goed en sag hy na ons kyk! Gaan nou vinnig na hom toe en vra om vergewing; hy sal jou en ons almal sekerlik vergewe!

5. Maar werp jou eers voor hom op aarde; want hy skyn baie gewyd te wees! Gaan dus, gaan, eer dit te laat mag wees! Amen."

6. En Purista val dadelik neer voor die voete van Abedam en begin te huil en te snik.

7. Abedam buig Hom nou dadelik neer, hef haar op en vra haar: "Purista, wat skeel dan, dat jy nou so huil?"

8. En Purista antwoord nog huilend: "O liewe vriend, met jou laaste woorde het daar vir my `n lig opgegaan en dit het vir my duidelik geword dat jy geen aardbewoner is nie, maar `n magtige bode uit die hemele van die baie Heilige Vader Self, wat vervul is met die grootste liefde en erbarming! Sien, ek moes jou immers beslis beledig het?!

9. Wil jy nie vir my en ons almal vergewe nie?!

10. Sien, ek mag tog nog steeds `n teken van jou verlang; o hoë vriend van die arme mensdom en van die Heilige God, staan my toe om jou nou daarvoor te vra!"

11. En Abedam buig Hom wederom vooroor en neem Purista op Sy arm, druk haar aan Sy bors en vra haar toe vol sagtheid:

12. "Purista, jou reinste pêrel van die verligtende môre, welke teken verlang jy dan van My?"

13. En Purista, byna oorvloeiend van vreugde, sê met `n stem wat van liefde bewe : "O wonderlike, magtige vriend! Nou kan ek geen teken meer van jou verlang nie; want wat ek wil - vra, - dit het jy al, deur my wens voor te wees, - nou al, op onvoorstelbare barmhartige wyse aan my en seker ook aan ons almal, voltrek!

14. Na hierdie woorde kon sy van pure dankbaarheid nie meer verder praat nie.

15. Abedam druk haar nog eenmaal aan Sy hart en dra haar toe na die arms van haar ouers, wat ook hewig ween van dankbare vreugde.

16. En Gabiël sê eindelik: "Nee, so goed kan geen engel wees nie! – Vrou en jy, my dogter, hier is meer as wat die hoogste engel ooit sal kon begryp!"

17. Toe kon hy ook nie meer spreek nie. - En daarna kyk Purista Abedam aan. Hy sê egter vir haar:

18. "Purista, My dogter! Herken jy My, jou hemelse Vader, dan nog nie! - Sien, - Ek - Ek is immers Hy Self!"

19. Na hierdie woorde herken almal die Vader; Purista gee egter `n luide kreet, val neer en met vlammende liefde omklem sy krampagtig die voete van Abedam en al wat sy kon sê was:

20. "Vader! - Vader! - Vader! – O, my Vader, - my liewe Vader! - U, heilige, liefdevolle, hemelse Vader; my, my, my liewe Vader!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205