Die Huishouding van God - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 205

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281.

Lameg en Thubal-Kain se dank vir die krag van God in die mens. Kisehel se woorde oor die versoekings van die mens

205 Nadat die oproer nou bedaar het en orde en rus in die plek daarvan gekom het, werp Lameg en Thubal-Kain hulle op die grond neer en loof en prys God, omdat Hy sulke krag allerbarmhartig aan die mens verleen het, en hulle vra Hom, om hulle nooit meer met Sy heilige krag te verlaat nie, maar steeds by hulle te bly gedurende hulle hele lewe, en ook hulle nakomelinge met so `n barmhartigheid te seën en hulle voortdurend daarin te behou. 

2. Na hierdie lof, dank en hierdie versoek gaan Kisehel na beide, wat nog op die grond lê, hef hulle op en sê vervolgens vir hulle:

3. "Vriende, broers! Die heilige, liefdevolle Vader beleef werklike vreugde aan julle, daaraan kan julle volledig van verseker wees; want julle het nou drie kragtige beproewinge van julle beginnende trou afgelê.

4. Maar, glo ons, solank ons mense hierdie sterflike vlees met ons saamdra, dra ons ook ons versoekinge met ons saam, wat steeds weer hernu en wees daarom nie so seker dat ons kan sê: Nou het daar `n einde aan die versoekinge gekom nie!

5. Ja, hoe meer ons ons voleinding nader, des te meer word ons ook gewaar dat ons vlees, die wêreld en die eersug van ons vleeslike hart aan die gees, wat heeltemal lewend en wakker wil word, steeds nuwe klippe voor die voete wil lê, sodat hy maar weer sal terugval in sy oorspronklike doodslaap!

6. Maar, moet ons daarom angstig en kleinmoedig word?

7. O beslis nie, my liewe vriende en broers! Want juis daarin skuil immers die groot erbarmende liefde van die heilige, meer as goeie Vader in die hemele; want deur sulke beproewinge word ons immers, ten eerste in ons gees gewek, en vervolgens wakker gehou tot by die tydstip wat vir die gees `n nuwe, ewige dag sal aanbreek, waarop hy nie meer deur slaap en ook nie meer deur beproewinge belas sal word nie!

8. Hierdie gelukkige toestand sal sekerlik eers na die afval van die liggaam volg, maar kan ook al gedurende die lewe met reg ten deel val aan diegene wat in alles enkel en alleen die goddelike wil tot enige rigsnoer geneem het.

9. Maar hoe kan so iets gebeur? - Op die maklikste manier in die wêreld! Mens hoef maar net geen enkele waarde aan die wêreldse te heg nie, en aan God meer as al die ander; mens moet niks bemin wat ook maar van die wêreld is nie, maar slegs vir God bo alles liefhê en vanuit hierdie heilige liefde al sy medemense as sy broers en susters beskou, - en dan is die hele, moeilik lykende lewensopgawe volledig uitgeklaar!

10. As iemand egter iets daarteen wou sê: 'Ja, dit is makliker gesê as op die regte manier gedoen!', dan sê ek niks anders nie as: Vriend, ondervind jy dan soveel goedheid van hierdie wêreld, dat jy haar daarom ag en liefhet, en haar nie durf betree met jou voete nie, wat onsterflik gaan word?

11. Sien, sy is niks anders as `n armsalige vulling van jou maag en jou buik, `n ellendige bedekking van jou huid, met `n vloek belaaide diens van jou broers en susters en ten slotte na `n kort tydjie die tydelike en ewig mees pynlike dood!

12. Sien, dit is dus alle voordele wat die nietige wêreld ons bied!

13. Sê my, is sy dit wel werd, dat `n mens ook maar daaraan dink?!

14. Wie haar, die wêreld naamlik, eens goed bekyk, sal geen moeite hê om spoedig om te draai nie, die hele wêreld die rug toe te keer en met `n vrolike en blye hart die heilige roeping te volg van die ewige, heilige, allerliefdevollste Vader in en uit die hemele van die ewige, allersaligste lewe!

15. As jy `n droom sou hê waarin jy so eg van alle kante gewoonweg as `n God vereer word, en jy het die soetste lekkernye geëet, en het die mooiste en bekoorlikste geslagtelike gemeenskap; as jy dan sou ontwaak, sou jy dan na die droom terugverlang?!

16. `n Nar sou dit doen; maar `n wyse weet dat dit slegs `n ydele droom was en sal nie daarna hunker nie.

17. So is dit ook met die wêreld; sy is niks anders as `n ydele, leë droom, wat dadelik vergaan sodra die gees in die nuwe dag ontwaak! Heg daarom geen waarde meer aan die wêreld nie, wat niks is; dan sal julle ook al haar versoekings ewe maklik oorwin, soos wat die ontwaak in die dag, alle ydele drome van die nag sonder moeite oorwin!

18. Onthou dit goed en handel daarvolgens; dan sal die ewige lewe julle deel wees; maar wees nou weer vrolik en opgewek! Amen."


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205