Die Huishouding van God - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 21

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281.

Uranion prys die Heilige Vader. Die antwoord van die Heer: Woordelose, stille boetvaardigheid is die mees welgevallige lof vir God.

21 Toe Uranion nou ook sien wie hierdie magtige Mens is, val hy dadelik op die aarde en roep luid uit: "O wat `n onuitspreeklike barmhartigheid, - o wat `n onuitspreeklike hoogste barmhartigheid! O wat `n onuitspreeklike, allerhoogste, meer as heilige barmhartigheid! - Wie van ons almal het so iets ooit durf dink?!

2. Die Heer, God, JaHWeH Sebaot, wat hemel en aarde geskape het en alles wat in, op en bo die hemele en in die aarde, op en bo die aarde is, ja alles wat daar leef en streef en in, op en bo die aarde en in alle waters hulle beweeg en net so alles wat die ewige, oneindige ruimtes vul! Hy wat meer as gewyd, liefdevol, hemelse Vader is as `n mens soos ons vanaf Sy oneindige hoogte na die alleronderste, duistere aarde neerdaal tot ons armsalige mensekinders!

3. Son, - hoe kan jy, hoe durf jy nou jou strale nog na die aarde stuur terwyl jou Skepper, ons aller Vader, gewyd, meer as gewyd, haar betree?! Wyk met jou, net soos ons, onwaardiges, luister; want hier gee `n sandkorreltjie wat Hy met Sy mees heilige voete aanraak, nou in één oomblik meer lig, as al jou skittering in die loop van lang ewighede saam! Skaam jou daarom, as jy nou nog tot skittering in staat is!

4. En jy, onherbergsame aarde, jou koue moeder van die dood, hoe durf jy nog bestaan! Verloor jouself in die feestelikste lofgesang; bring die mooiste blomme voort met die heerlikste geure!

5. En julle berge, verander julle almal in verligtende offeraltare; en julle, bome en ook alles wat gras is, help my om die Heilige Vader te loof en te prys!

6. Want slegs Hy is waardig om alle lofprysinge, eer, roem, liefde, dank en alle aanbidding aan te neem!

7. Julle sterre, val almal van die hoë hemel, en jy maan, word duister en stort jou ter aarde neer en laat almal aanbid, aanbid hier; want dit is God, God, - `n ewige, Heilige God, - die Vader, die meer as heilige, mees liefdevolle, hemelse Vader van engele en mense! - Hier is Hy voor ons almal! Ja, Hy is in die midde van ons! Op die aarde staan en spreek Hy met ons en leer ons, wurms in die stof, om regop te gaan!

8. Aanbid Hom daarom, aanbid julle Hom, alle ewighede! En jy oneindigheid, word tot `n waardiger groot lofsang vir die meer as Heilige Vader, as wat die lofsang waartoe die mat gestamel van my wurmstekelrige tong in staat is!

9. Waar is julle dan nou, donder en bliksem en winde, julle almal, waar bly julle dan weg?

10. Het hierdie meer as heilige, liefdevolle, almagtige Vader julle nie, soos ons, geskape nie?! Waar is julle dan nou om Hom te loof? - Of hou `n groot, gepaste eerbied julle uit beskeidenheid daarvan terug?

11. Dan is dit waardig en korrek dat julle stom geword het soos `n muis in die aarde, wat bokant hom `n kat bespeur!

12. O my hart, o armsalige hart, jy sou nou Hom, Hom, - die Heilige, - die mees Verhewene wil loof en prys, en jy het nie eens ruimte om ook maar die kleinste vonkie van Sy eindelose, almagtige vaderliefde op te neem nie! Daarom swyg liewer oor dit wat vir jou nie moontlik is om uit te spreek nie!

13. En jy ook, mat, wurmstekelrige tong, - verstom; want gewyd, gewyd, gewyd is nou selfs die lug wat met my onwaardige en onrein geskree gevul word!

14. O, U heilige, U meer as heilige, U driemaal meer as, - meer as, - meer as Heilige Vader, - wees my, eindelose nietige wurm wat in die stof voor U lê barmhartig en barmhartig!"

15. En dadelik tree die hoë Abedam op Uranion toe, wat nog bewend met sy gesig op die grond lê, buig Hom vooroor, help hom orent en sê vervolgens vir hom:

16. "O luister nou, My geliefde Uranion, jy het My weliswaar die grootste lof toegeswaai en jy het moedig die son berispe, die sterre van al die hemele neergehaal, - het die aarde ook nie verskoon nie en het op passende wyse die onbeduidende sandkorreltjie onder My voete lof en aansien gegee, - jy het nie die berge, die bome en die gras vergeet nie, - en tot die bliksem, die donder en die winde het jy `n korrekte woord gespreek en het nie minder eerlik in jou hart gekyk nie!

17. Sien, daarom was jou groot lofprysing tereg; maar Ek sê jou één ding: die lof wat Purista en haar ouers My laat toekom in die spraaklose, boetvaardige stilte van hulle hart, behels meer as jou lof!

18. Sien, wie nog kan spreek in My aanwesigheid, die is nog meester oor sy hart; diegene wat egter in die teenwoordigheid van My Liefde nie meer kan spreek nie, van die se hart het Ek Heer geword en vul dit dan met My Liefde en met die ewige lewe daaruit!19. Jy leef egter nou ook, omdat jy met jou lof alles van jou afgewerp het wat oorbodig vir jou was teenoor My:

20. Jou eie wêreldson, wat jou ou liefdeswysheid is; jou sterre, wat jou insigte is; jou maan, wat die eieliefde van die mensdom is, nou eens aanwassend, dan weer afnemend.

21. Jy bedwing ou berge; jou aarde los jy op in jouself tot lof aan My en al die bome van jou wense en al die gras van jou begeertes bring jy My ten offer; die winde van jou opregte strewe roep jy op en al die bliksemflitse van jou wêreldse lig en die donder van jou erns bring jy My as lof en jy het jou ewige gees, wat vanuit My is en jou siel, wat `n lewende houer is vir `n oneindige lewe vanuit My, nie ontsien nie en het daardeur jou hart vrygemaak, sodat Ek daarin `n Heer van die lewe sou word.

22. Sien nou, toe dit hierdeur stil word in jou hart, word ek eers `n Heer daarin en sodoende het jy waaragtig die ewige, onverganklike lewe ten deel geval en sal Ek voortaan en in die toekoms geen vreemde en onbekende Vader meer vir jou wees nie. Maar Ek sal in jou steeds meer `n welbekende, steeds by jou aanwesige, in jou innerlike altyd goed hoorbare, sterke, magtige en alomteenwoordige Vader wees en deur jou sal Ek al jou kinders lei. Soos wat Ek vir jou sal wees soos Ek nou al is, so wil Ek ook vir jou ses broers wees en na hulle vir almal, wat soos jy, die korrekte afskeid van al die wêreldse sal neem!

23. Maar by Gabiël wil Ek vir Myself `n nuwe hut bou, waar Ek dikwels sal binnekom; want `n reiner en vaster plek het die aarde nie vir My nie!

24. Gabiël, sien, Ek seën nou ook vir jou en jou kind! Eens sal sy van My die regte man kry; hy sal haar `n dogter gee, wat die moeder van `n nuwe volk op hierdie aarde sal word. En Lameg sal haar `n man gee wat altyd by My sal woon, in My groot huis!

25. En ontvang dus almal My seën en wees vrolik en vol goeie moed! Amen."


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205