Die Huishouding van God - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 210

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281.

Die aankoms van die arbeiders wat vir die bou van die tempel opgeroep is. Die visioen van Mura, die boumeester. Hy word deur Lameg beloon en aangestel as tempelboumeester

210 Die arbeiders, ongeveer drieduisend in getal, het nou met die werwers aangekom op die plek waar Lameg hom bevind het, saam met die sewe bodes uit die hoogte. Lameg laat almal op die grond plaasneem om daar die voedsel tot hulle te neem, wat die vroue en die meisies van Lameg so ryklik aangedra het.

2. Daarna vra hy Kisehel om die spys en die drank vir hierdie gaste te seën; en dit doen Kisehel.

3. Toe die arbeiders hulle voldoende versadig het en die mandjies in plaas van leër steeds voller word, merk sommiges dit op en was vol verbasing; want hulle wis nie waar dit vandaan kom nie.

4. Maar Lameg sê vir hulle: "Verwonder julle julle oor die seën uit die heilige hoogte? Ja, julle het gelyk dat julle julle daaroor verbaas; maar julle sal nog baie ander dinge te sien kry, waaroor julle julleself nog onuitspreeklik meer sal verwonder as wat julle nou sien!"

5. `n Vername man uit die stad Farak, wat boumeester was, staan op, buig diep voor die koning en sê vir hom:

6. "Magtige, luisterryke koning en meester! Mag die almagtige God van Farak en al ons vaders u `n lang lewe skenk!

7. Ek, een van u knegte, wil u versoek om my allerbarmhartig aan te hoor; sien, ek het iets baie belangrik op my hart!"

8. En Lameg, wat aan hierdie man sy hand baie vriendelik toesteek, spreek: "O, spreek, praat, broer en vriend, en moenie meer vir Lameg vrees nie; want die hiëna het `n sagmoedige lam geword! Sê dus wat jy op jou hart het!"

9. En die man uit Farak buig nogmaals diep voor Lameg en sê toe:

10. "Groot koning en meester, sien, vannag het ek `n droom gehad, waarin sewe groot manne gekleed in sterk verligtende klere na my toe gekom het!

11. Een van hulle kom na my toe en sê vir my: 'Mura! Jy is my man; trek na Hanoch, want jy is `n boumeester, en jy sal daar `n wonderlike bouwerk uitvoer!

12. Lameg gaan vir die God van Farak `n tempel oprig, en jy sal die bouwerk lei!

13. Wanneer jy môre ontwaak, sal jy ook `n reeds uitgewerkte plan op jou tafel vind; volgens daardie plan moet jy die tempel bou!

14. Maar toon dit eers aan die koning, hy sal onmiddellik sien dat dit die regte een is en sal jou as bouleier neem!'

15. En verder sê hy nog vir my: 'Ek, wat dit nou egter vir jou in jou droom aankondig het, kom saam met hierdie ses broers uit die hoogte, as afgesante van JaHWeH na die kinders van die laagte en my naam is Kisehel!'

16. Sien, dit is daar vir my gesê, en hier is die wonderbaarlike ontwerp, wat ek, Mura, waaragtig op wonderbaarlike wyse vanoggend vroeg, nog ver voor die opgaan van die son, op my tafel gevind het!

17. O koning en meester, wil u dit tog barmhartig aansien!"

18. Lameg, ten hoogste verbaas en verheug oor hierdie verhaal, herken dadelik die volkome presiesheid van die ontwerp en sê daarop vir Mura:

19. "Vriend en broer! Deur my handdruk benoem ek jou tot dit waartoe die magtige bode van JaHWeH jou in die gees geroep het!

20. My koninklike ketting, wat ek nou aan jou oorhandig, sal jy altyd as die deur my gevolmagtigde boumeester onderskei!"

21. Daarop vra Lameg aan Mura: "Het jy ook onthou hoe Kisehel gelyk het?"

22. En Mura antwoord: "O koning en meester! So duidelik, dat sy gesig sekerlik nooit meer uit my siel sal verdwyn nie!"

23. En Lameg sê daarop vir Mura: "Vriend en broer, kyk, sien jy die groot man daar, wat nou met Thubal-Kain praat? Lyk hy nie so nie?"

24. En Mura, buite homself van vreugde, sê: "O koning en meester, hy lyk nie net soos hy nie, maar dit is immers hy self in lewende lywe! Ja, ja, dit is hy, dit is hy!"

25. En Lameg roep vir Kisehel na hom toe en hy gaan na Lameg toe en sê vir hom: "Wel, hoe geval die boumeester uit Farak jou?"

26. En Lameg kon van vreugde nie praat nie en Mura val voor Kisehel neer.

27. En Kisehel sê vir beide: "Staan op, gee God die eer! Jy, Lameg, is nou `n egte koning, en jy, Mura, `n egte boumeester!

28. Gaan daarom aan die werk: die seën van JaHWeH is met julle albei en met die werk van julle hande! Amen."


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205