Die Huishouding van God - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 215

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281.

Hoe die geloof hom tot die liefde gedra, en die liefde ten opsigte van wysheid. Die gelykenis van die maagd en die twee vryers

215 Beide kyk nog eenmaal om hulle heen alvorens hulle weer van die berg afdaal na die stad. Onderweg vra Lameg aan Kisehel of hy die berg vir altyd sal seën, sodat daar in die toekoms geen ongedierte meer sou vestig nie.

2. En Kisehel doen dit, maar sê daarna vir Lameg: "Liewe broer Lameg, sien, ek het jou wens vervul met alle krag en werksame mag wat JaHWeH my verleen het!

3. Maar die reinheid van hierdie berg sal tog steeds van die reinheid van jou hart afhang!

4. As jy en jou nakomelinge bly volhard in die Heer alleen welgevallige suiwerheid van julle hart, dan sal dit ook steeds die geval wees met hierdie berg; maar as jy jou hart deur `n sonde in die oë van God verontreinig, dan sal die berg weer ook `n ou inwoner kry. Dieselfde sal die geval wees met diegene wat jou sal volg.

5. Wanneer jy egter `n slang op die berg sal sien kruip, bedink dan dit wat ek jou nou vanuit JaHWeH van die Heerlikheid geopenbaar het, en doen boete in sak en as, en vas solank totdat jou hart gereinig word! As dit die geval sal wees, dan sal die berg ook weer sy inwoner verdryf.

6. Die liefde tot JaHWeH is egter die grootste. Solank jou hart met die liefde tot God vervul sal wees, solank sal ook jy en jou nakomelinge in die algemeen nie in staat wees om in die een of ander sonde te verval nie.

7. Maar as jou liefde of die van een van jou nakomelinge minder word, dan sal julle met slegs julle geloof `n baie swak beskerming in julle hê teen die mag van die sonde!

8. Want om te lewe is dit lank nie voldoende om slegs te weet en te glo en dan te sê: 'Daar is `n God!' Waarlik, dit is nie moeilik nie!

9. Maar veel moeiliker en veel meer seggend is dit om een God bo alles lief te hê, terwyl mens Hom nie sien nie.

10. Wie dus God lief wil hê, moet nie net weet en glo dat Hy bestaan nie, maar hy moet God waaragtig in homself vind en wanneer hy God deur sy ywerige soeke na Hom in Sy werke steeds meer en meer sal leer ken, dan sal hy Hom immers ook steeds meer moet liefhê, omdat hy steeds duideliker sal besef dat God op Homself die allerhoogste suiwerste, dit wil sê, die mees onselfsugtige liefde en die allerhoogste en mees heilige Wysheid Self is!

11. Daarom is die ware bewuswording van God die grondslag van die liefde tot Hom, en daarom moet dit ook elkeen se vernaamste strewe wees om God te leer ken, sodat hy dan in staat sal wees om Hom bo alles lief te hê!

12. Dit is dan ook die ewige lewe, dat ons God ken en Hom dan bo alles liefhet; want uit die liefde van die mees goeie, mees heilige Vader het ons uit Hom voortgekom en kan daardeur alleen deur die liefde weer na Hom toe terugkom.

13. En neem veral nog ter harte by hierdie woorde oor God wat my mond tot jou hart spreek, dat daar twee weë is wat na die Vader lei: Die ene heet die ware, ywerige herkenning van God; die ander egter heet die liefde!

14. Nou sê jy: 'Na die voorafgaande uiteensetting lyk dit tog dat dit geheel en al dieselfde is, omdat aan die ken van God immers noodsaaklikerwys die liefde vooraf moet gaan!'

15. Ja, so lyk dit wel met die eerste oogopslag; maar as ons die saak van naderby in die lig van die gees beskou, dan kom daar ewenwel `n geweldige verskil na vore.

16. Sodat jy nou `n soortgelyke belangrike verskil des te sterker kan sien, sal ek dit vir jou kort en helder deur `n gelykluidende voorbeeld voor oë stel.

17. Stel jou dus voor, daar sou êrens in `n verborge deel van jou groot land `n buitengewone wonderlike, mooi dogter wees, wat ryp was om deur iemand tot vrou geneem te word! Sodat die mense dit te wete sou kom, stuur sy bodes uit en laat deur hulle in die lande bekend maak, dat dit die geval is.

18. Nadat dit verkondig was, sê sommiges: 'As iets daarvan waar is, dan sou sy wel self gekom het en haar aan ons getoon het, sodat ons haar sou leer ken en sou uitkies vir ons hart!

19. Maar aangesien sy slegs deur bodes laat vertel hoe wonderlik sy is, kan ons dit goed glo, maar ewegoed ook nie.

20. Daarby gee sy nog te kenne dat sy niemand haar hand sal skenk, wat nie eers geheel en al sal erken dat sy so is soos wat die bodes van haar gesê het!

21. Waar is dan wel die dwaas wat sulke moeite gaan doen?!"

22. Wel, tussen die baie wat oor hierdie aankondiging minagtend staan en lag, is daar tog twee. Die een sê vir homself: 'Ek wil tog daarheen gaan en haar met skerp oë bekyk; as sy is soos wat die bode van haar vertel, dan sal ek haar ook sonder enige bedenkings vir my hart verkies!'

23. Maar die ander sê vanuit sy volle liefdesgloed vir die bode: 'Bring my na haar toe! Ek wil haar nie ondersoek en gedurende `n lank tyd leer ken nie, maar ek het haar al op die vurigste wyse in my hart omarm; ek bemin haar al meer as alles in die wêreld!'

24. As beide nou by hierdie dogter aankom, dan sal die eerste hom spoedig ten hoogste verbaas, hy sal haar leer ken en haar verkies; maar die tweede sal vir haar sê: 'O eindeloos wonderlike dogter van die hemele, vergeef my arme dwaas, want ek het dit gewaag om jou vooraf lief te hê as om jou te ken en sien nou eers in hoe onwaardig my liefde ten opsigte van jou hemelse wese was! Laat my daarom weer weggaan, sodat ek jou in die verborgene uit alle mag van my hart kan bemin!'

25. Wat dink jy, aan wie sal hierdie bruid haar hand gee? - Ja wel, baie seker die een wat haar reeds bemin het, nog voordat hy haar leer ken het.

26. Die eerste sal, om nie uit haar hemelse nabyheid gelaat te word nie, genoeë moet neem dat sy hom sal gade slaan as een van haar knegte, terwyl die tweede vir altyd die volle saligheid in haar arms sal smaak.

27. Sien, dit is die belangrike verskil: Wie God liefhet, reeds voor hy Hom leer ken het, die sal die volheid van die lewe ontvang; maar wie God eers daarna sal liefhê, sal ook lewe, - maar nie in die hart nie, maar in die ryk van die barmhartigheid as `n goed beloonde dienaar.

28. Neem goed kennis daarvan, liewe broer Lameg; want dit is van die grootste belang vir die lewe! En laat ons nou weer die stad binnegaan! Amen."


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205