Die Huishouding van God - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 217

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281.

Die groot volksversameling voor die koninklike paleis. Lameg se woorde aan sy juigende volk. Die verruklike woorde van die onbekende oue aan die volk

217 Na hierdie woorde van Kisehel was Lameg heeltemal gerusgestel en gaan, sonder om te aarsel, saam met Kisehel na die stad.

2. Toe albei voor die paleis aankom, het `n groot skare hulle reeds daar opgestel en hulle roep:

3. "Ere sy die groot God in die hoë, dat hy ons almal so barmhartig en vol medelye besoek het en ons almal `n goeie koning gegee het, deurdat hy die euweldaad van Lameg vergewe het en hom na Hom gewend het, sodat hy nou graag `n goeie koning vir ons wil wees!

4. Ja, Lameg het nou `n goeie koning vir ons geword vol barmhartigheid en vol wysheid vanuit God; daarom sy al ons eer en aanbidding vir God, die Almagtige in die hoë, en Sy verhewe Naam is bo alles gewy, nou en in tot ewigheid! Amen."

5. Na hierdie prysende woorde gaan Lameg op `n pilaar staan, wat spesiaal vir die paleis opgerig was om die volk van hier af die een of ander te verkondig, en hy rig daar die volgende woorde tot die volk, wat in `n groot skare van alle kante versamel was:

6. "Luister julle, wat nou nie meer my knegte is nie, of my onderdane en slawe en nie meer my menslike lasdiere nie, maar, luister nou, my geliefde broers en susters! Ek, Lameg, was julle koning en het julle beheers met julle krag - want ek was wel die onmagtigste onder julle, en julle het gesidder vir my magtelose woorde.

7. Julle het my gehoorsaam, gedwing deur julle krag, en my vervloek, omdat ek wette aan julle gegee het van onheil en onmenslikheid!

8. Maar nou wil ek geen koning meer van julle wees nie en heeltemal geen meester nie, maar `n broer, wat julle wil lei tot die ware ken van God en Sy liefde, wat sedert ewigheid die enige God en Koning is oor alle mense en oor alle skepsele.

9. Vir hierdie Koning het ek `n nuwe paleis gebou buite op die oop en mooiste plek. Hy sal altyd oor ons heers as `n goeie, wyse Vader oor Sy kinders!

10. Môre is die dag waarop Sy verhewe heilige Naam in hierdie nuwe paleis blywend woning sal neem.

11. Hierdie dag sal ons met al ons lewenskragte vier! Berei julle dus goed voor op hierdie dag der dae, want hierdie dag sal vir ons `n groot heil bring.

12. Berei julle dus goed voor, sodat ons as suiwer broers vir God hierdie plek so waardig moontlik en Hom welgevallig mag betree, wat gewyd, gewyd, gewyd onder ons arme sondaars woning sal neem! Mag Sy heilige wil altyd en ewig geskied!"

13. Na hierdie woorde was dit volledig klaar met die skare; daar was maar één vreugdekreet, en mens kon niks anders meer hoor as slegs: "Ere, ere, ere sy die groot God in die hoë! Sy verhewe Naam word gewyd verklaar!"

14. Toe die geroep nou ietwat afgeneem het en `n mens baie van dankbare vreugde sien ween, en sien hoe ook baie hulle hand op hulle bors lê en maak asof hulle hulle hart uit hulle liggaam wil neem om die ten hemel te werp wat `n gevolg van hulle ontwaakte liefde tot God was, - dring opeens `n groot, ou, maar nog kragtige man uit die menigte na vore.

15. Lameg en Kisehel kon sy gesig egter nie sien, want hy het sy gelaat met één hand bedek.

16. Kisehel wend hom tot sy Liefde om te verneem wie dit was, maar sy sê vir sy gees: "Luister na hom, dan sal jy hom aan sy woorde herken!"

17. Toe Kisehel dit verneem het, vermaan hy hom en sê ook vir Lameg: "Broer! Luister, hy sal spreek; eers daarna sal ons hom herken!"

18. En die vreemdeling gaan op die pilaar staan en sê met `n harde stem:

19. "Luister, julle groot skare! God, die mees heilige en mees liefdevolle Vader het Hom oor julle ontferm en het julle vrygemaak uit alle slawerny en het die bose slang uit hierdie omgewing verwyder, deurdat Hy Lameg gesalf het met die kosbare olie van Sy erbarming en barmhartigheid.

20. Bemin Hom daarom met al julle krag, want Hy is `n ware Vader! Hy het Self Sy toorn gevange geneem en het Hom as enig ware Vader oor julle ontferm en Hy wil julle opneem as Sy kinders.

21. Haas julle Hom tegemoet in julle hart, want môre sal Hy, deur my gelei, hier intrek.

22. O kinders van die hoogte, my vaders en broers! Toe die Vader in julle midde gewandel het, het `n mens niemand gesien wat sy hart uit sy liggaam wou ruk om dit vir U, o heilige Vader te bring nie; maar hierdie arme kindertjies doen dit!

23. O, kom daarom, liefdevolste heilige Vader, en neem hulle op, en maak hulle aan ons gelyk, sodat ons U met één stem mag loof en met één hart waaragtig mag liefhê!

24. Verheug julle almal, kindertjies, want die Vader sal na julle toe kom en sal julle almal omvat met Sy vaderhand en sal julle die ewige lewe gee!

25. Want daarom het Hy my, Sy hoëpriester na julle gestuur, om dit aan julle te verkondig vanuit die hoë!

26. Verheug julle oor die heilige Vader, want Hy is oneindig goed en vol erbarming!

27. Môre sal julle Sy heerlikheid sien! Amen."


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205