Die Huishouding van God - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 22

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281.

Die nuwe hut van die Heer by die familie van Gabiël. Purista, die eerste kookster van die Heer.  Die drie panne op die vuur in die nuwe hut

22 En die drie val neer voor die heilige voete van Abedam en prys en loof Hom in die mees sprakelose boetvaardigheid van hulle harte en die plek word bevogtig deur die trane van hulle vreugde en dank. En Abedam buig Hom vooroor na die grond en verhef hulle almal dadelik weer, rig hulle op en blaas moed en standvastigheid in hulle harte.

2. Toe die drie nou weer kon luister na wat daar gesê word, omdat Abedam Self, ten behoewe van hulle, die vuur in hulle harte `n weinig demp, sê Hy met `n liefdevolle stem vir hulle:

3. "Soos wat julle nou vir My is en Ek deur die liefde in julle en julle ook in My, so moet julle voortaan ook bly, dan sal julle My nooit mis nie; want soos julle by My en in My sal wees, so sal Ek ook voortaan en altyd by en in julle wees en bly en aan julle vrede gee en julle rus sal nimmermeer tot `n einde kom nie!

4. Aan jou, Gabiël, sê Ek egter, dat jy vir My naas jou hut `n nuwe hut moet bou waarin Ek meermale My intrek sal neem; sien, nou is die hut reeds gebou! In jou hart het jy hierdie woonplek vir My berei; dit is `n werklike nuwe hut vir My, slegs daarin beval dit My om My intrek te neem.

5. Welke ander woonplek sou julle ook vir My kon opgerig het?!

6. As `n teken sal julle ook in julle woonoord werklik ook al `n hut aantref, wat Ek nou gebou het. Hierin sal geeneen van die manne met bedekte hoof binnetree nie en die vroue sal hulle aangesig versluier hou as hulle die huis wil involg; want dit is rein en gewyd en stewig gegrondves. In die middel van hierdie hut sal julle `n altaar vind, waarbo `n onuitblusbare vuur sal vlam en dit sal `n groot skynsel van lig uitstraal in die dag en in die nag en langs die helder vlamme sal altyd verligtende wolke na die hemel opstyg.

7. Jy nou, My allerreinste Purista, moet vir My, so dikwels as wat Ek na julle toe sal kom, op hierdie herd van die liefde `n aangename geurige maaltyd berei; en dit is net aan jou toegestaan om daar met onbedekte gelaat jou suiwer liefdesdiens vir My te verrig!

8. As jy nou `n kookster vir My sal wees, versamel vir jou dan vooraf vars, suiwer hout; en as Ek op die mees verskillende tye meestal onverwags sal kom, sal jy al van alles voorsien wees om My na behore te onthaal!

9. Die teken sal daaruit bestaan, dat jy altyd aan die vlam sal kan merk hoe dit in jou hart, ten opsigte van My, gesteld is!

10. Die suiwer, vars hout sal die steeds vernuwende en groeiende liefde in jou hart aandui, en die maal wat berei word, jou volkome toewyding en die volle oorgawe aan My wil.

11. Waarlik, as jy jou daarby sal hou, sal Ek as blye gas nie ontbreek om dikwels, baie dikwels, by julle `n goeie maaltyd tot My te neem nie; in die geval dat die vuur egter in julle harte sou brand of sou uitdoof, so sal ook die vlam van die suiwer liefde op die herd flouer en flouer word en sal Ek `n seldsame gas by julle wees!

12. Julle almal is gelukkig, omdat julle as kinders die brood uit My hand dankbaar kan eet; maar onuitspreeklik gelukkig is diegene by wie Ek as gas sal kom, en dit is die rede waarom julle voortdurend `n goed gedekte tafel vir My moet gereed hou met `n smaaklike gereg daarop. Hy laat daarom die vlam van My herd nooit uitgaan nie, maar sorg daarvoor dat dit meer en meer brand, - en ook as Ek dit sou uitstel en Ek sou nie so spoedig kom nie, sal hy met groter ywer sorg vir die herd in die hut van die volle lewe.

13. Waarlik, as Ek dan onverwags sal kom en Ek tref My gasheer aan, daagliks besig met My herd in My hut, - waarlik, waarlik, sê Ek, aan sy loon en sy vreugde sal nooit meer `n einde kom nie!

14. En so maak Ek julle drie nou tot sulke gashere en gee julle daarvoor `n hut, gemaak van die hut in julle harte en `n gereedstaande herd met `n altyd opvlammende vuur daarin, wat gelyk is aan die onwankelbare trou, soos die vlam daarin ook die vlam van die suiwer liefde tot My in julle harte is.

15. Bly vir My van nou af aan getroue beheerders van die heiligdom wat aan julle toevertrou is in die môre, dan sal julle baie spoedig daarvan oortuig raak welke oorvloedige seën daar vanuit hierdie hut oor die hele môreland en oor alle bure van die môreland sal uitgaan!

16. En jy My liewe, rein Purista, jy bly My kookster in die kombuis van die liefde en aan die herd van die ewige lewe, - en Ek sal jou gas wees!

17. Aan wie julle ooit in My Naam spys en drank sal aanreik, aan hom sal julle dit so gee asof julle vir Myself `n maaltyd berei het.

18. Ek sal dit dan as sodanig beskou en julle daarvoor seën, asof Ek die maaltyd Self geniet het; wie egter in hierdie hut `n maaltyd tot hom wil neem, moet belaai wees met vars hout en goed voorsien daarheen gaan.

19. Wie daar uiterlik, sowel as innerlik, met leë hande inkom, sal ook met leë hande weer huistoe gaan!

20. In hierdie hut nou, My liewe, rein Purista, sal jy voldoende suiwer kookpotte aantref. Van die vrugte wat ryklik in julle vergrote tuin voorhande is, van die soort wat jy, van verbasing vervul, aan Adam as `n gawe uit die môreland oorhandig het, moet jy daar telkens drie in suiwer water kook en daar elke dag, elke môre, elke middag en elke aand `n groot pot vir My bysit en ook `n nie minder groot pot vir elkeen wat op `n korrekte en waardige wyse `n maal tot hom wil neem. Vir jou en jou ouers sal jy egter die kleinste pot neem en die kleinste vrugte daarin lê.

21. As die vrugte dan gaar en soet genoeg geword het deur die kokery, haal dan die pot vir die vreemdelinge eerste van die vuur af! Doen dan dieselfde met joune; die van My moet jy nie van die vuur afhaal alvorens Ek nie Self gekom het nie, of iemand in My Naam sal stuur, wat dan My kos self sal nuttig of dit onder julle almal in My Naam sal verdeel!

22. En daarom seën Ek jou nou opnuut in hierdie aangeleentheid wat vir jou nuut is; beheer dit getrou, dan sal Ek hier as julle altyd seënende Gas bly, soos eendag in My groot Vaderhuis aan die anderkant! Amen."


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205