Die Huishouding van God - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 222

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281.

Thubal-Kain se oordrewe eerbetoon aan Henog. Henog se woorde oor die ware verering en oor die huwelik tussen bloedverwante. Die heilige nag op die gereinigde berg

222 Na hierdie kort opmerking van Henog buig beide diep en gaan toe na hulle werksaamhede.

2. Maar Thubal-Kain val voor Henog neer en vra hom om vergewing dat hy nie reeds voorheen opgemerk het, dat daar `n onuitspreeklik hoë gas in hulle midde was en dat hy hom nie dadelik die hoogste eerbied betoon het nie.

3. Henog laat Thubal-Kain van die grond opstaan en sê vir hom: "Broer, arme broer! Wat doen jy hier voor my, ou broer?

4. Sien, JaHWeH, ons God en Vader het ons almal selfs verbied om dit voor Hom te doen, ondanks Sy oneindige, onaantasbare gewydheid en Hy het ons haarfyn gewys dat dit vir die mens baie makliker is om sy knieë te buig as sy hart!

5. Dit strek die mens heeltemal nie tot lewe nie, slegs die buig van sy hart doen dit!

6. As iemand `n onbuigsame hart het en hy wil dit nie verdeemoedig en louter voor God nie, dan kan hy sy lewe lank in die stof rondwentel, maar dit alles sal hom nie baat nie.

7. Maar wie sy hart buig en dit suiwer en vul met liefde, die hoef sy liggaam nie meer in die stof te werp nie; want sy gees weet in alle deemoed en volste liefde tot God, die heilige Vader, dat sy liggaam aan die stof van die aarde toebehoort en dat dit daarin sal terugkeer vanwaar dit geneem was.

8. Stel jou voor dat jy `n huis wil bewoon, en daar sou `n vername, hoë gas voor jou huis kom, - sou jy dan uit suiwer eerbied die hele huis voor die hoë gas afbreek en in die stof gaan lê om dit daarna weer op te bou teneinde die gas in jou huis op te neem?

9. Ek dink dat dit tog wel buitengewoon belaglik en dwaas sou wees, want ten eerste verlang so `n hoë gas dit nie, en ten tweede sal hy maar net daarop let hoe jy, as bewoner van die huis, hom tegemoet sal kom, - maar nie hoe jou dooie, en op sigself onbeweeglike huis hom teenoor hom sal gedra nie!

10. En so is ook ons liggaam slegs `n woonhuis van die gees, maar dit is nie een en dieselfde as die gees nie, en die heilige, mees liefdevolle Vader kyk maar net na wat die gees doen.

11. Dit is liefde en haar vrye wil, maar Hy kyk nie na wat die liggaam doen nie, wat slegs sy natuurlike behoefte, wat hom in die oordeel bevind, stom kan uitvoer nie.

12. Wees jy daarom, Thubal-Kain, my liewe broer in die gees!

13. Buig slegs voor God in jou hart, het Hom bo alles lief, maar het my, jou broer, lief soos jy jouself liefhet; dan het jy gedoen wat eerlik en redelik voor God en die hele wêreld is!

14. Jy het ook `n vrou geneem, - dit is reg en goed; maar dat jy by jou eie suster geslaap het, was `n gruwel voor God. Die eerste kinders van Adam kon dit wel gedoen het, gedurende die tyd wat God die bloed nog nie geskei het nie en daar dus in almal één bloed en één vlees was.

15. Maar omdat die mense hulle mettertyd sterk vermeerder het, het God die bloed van mekaar geskei, sodat dit nie spoedig sou versuur en uitsterf nie. 

16. Om hierdie rede is die grade van bloedverwantskap toe, hoe langer hoe meer, vasgelê en volgens die bepaling mag niemand sonder spesiale toestemming van God `n vrou uit die eerste graad neem nie, maar eers uit die tweede, derde graad ensovoorts; hoe verder die bloedverwant wat iemand kies van hom afgestaan het, des te beter handel hy.

17. Jy het nou `n vrou geneem uit `n baie verre tak; dus het jy goed en korrek en redelik daarin gehandel, en daarom mag jy haar hierheen bring, sodat ek jou ook kan seën!"

18. Toe roep Thubal-Kain sy vrou na hom toe en stel haar eerbiedig aan Henog voor.

19. Henog lê beide sy hande op en seën hulle in die Naam van JaHWeH.

20. Na hierdie handeling roep Henog vir Lameg en die sewe na hom toe en sê vir hulle:

21. "Broers! Luister, so lui die wil van die Vader: 'Vanaand as julle julleself saam met verskillende broers uit die laagte versadig het, moet julle hulle in My Naam seën en hulle dan die nodige rus laat neem!

22. Maar julle moet julle saam met Lameg na die berg begeef, wat Kisehel in My Naam gereinig het en daar waak tot by die môre!

23. Wanneer julle die eerste oggendskemer sal opmerk, keer dan diep in julleself, want op die tyd sal Ek vir eers voelbaar en dan ook hoorbaar en ten slotte sigbaar in julle midde wees!'

24. Laat ons dit dus alles doen, sodat ons die barmhartigheid deelagtig word! Amen."

25. En dadelik staan die broers en ook Lameg op, seën die talryke aanwesiges en sê dat hulle hulleself ter ruste moes begeef.

26. Toe almal onder harde lofprysing van die goddelike Naam weggegaan het, verlaat ook Henog en die sewe ander, saam met Lameg, die huis en begeef hulle met `n haastige pas na die top van die ongeveer driehonderd klafter (1 klafter = 1,90 meter) hoë berg.

27. Toe hulle op die hoogte aangekom het, bring almal met eenstemmige harte `n dank en lofsegging aan die Vader; daarna hou hulle met mekaar allerlei diepgaande beskouinge oor God se leiding en oor die Heerlikheid van Sy groot werke, waarby Lameg steeds sy hart en sy oor wyd open en van louter saligheid nie meer wis waaraan hy toe was nie.

28. Toe Henog nou bemerk dat die oggend nader, sê hy vir sy broers:

29. "Laat ons tonge nou verstom! Laat elkeen diep ingaan in sy hart en hom voorberei op die heilige ontvangs van JaHWeH, ons God, ons mees heilige Vader; want Hy is reeds op pad na ons toe!"

30. Daarop word almal stil en die Vader kom in alle stilte na hulle toe, waar hulle op Hom wag.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205