Die Huishouding van God - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 223

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281.

Die hewige wind en die vlammesee tydens die môre. Die stem van JaHWeH bo die kring van vlamme. Die sonsopgang en die nuwe gas van die hoogte

223 Die eerste skemering van die nuwe dag het begin, en hierby steek `n hewige wind spoedig op, wat ondanks al sy hewigheid tog niemand gehinder het nie, maar by elkeen slegs `n hoogs aangename verkwikkende werking het.

2. Toe die oggendskemer in `n helderder rooi begin oor te gaan, gaan die wind lê; maar sowel die naby as die verder afgeleë berge begin des te feller op te vlam.

3. En weldra kom, behalwe uit die gewone vuurspuwende berge, ook uit ander berge en heuwels allerweë sulke fel vlamme te voorskyn, dat die môrerooi nouliks meer deur die vlammegloed te onderskei was.

4. Want die hele omgewing lyk om oor te gaan in `n vuursee.

5. Ten slotte merk Lameg dat selfs ook uit sy berg hier en daar ligte vlamme opskiet, en hy begin ietwat ongerus daaroor raak.

6. Want hy dink by homself dat dit sy ondergang sou wees en begin enigsins wantrouig te word.

7. Toe die vlamme egter steeds heftiger word, kon Lameg dit nie meer aansien nie, maar staan op en sê vol eerbied vir Henog:

8. "Magtige, groot vriend van JaHWeH, sien, die verwoestende vlamme het al byna tot by ons genader! Dink jy dat dit nog veilig sal wees om langer hier te bly?

9. Wat my aanbetref, sal ek hierdie plek graag wil verlaat"!

10. Maar Henog antwoord vir Lameg: "Broer Lameg, dink jy dat die Mees heilige `n onrein bodem sal betree?

11. Sien, so reinig JaHWeH Sy weë vir Homself, as Hy na ons toe wil kom.

12. En as iemand by Hom wil kom, dan moet hy ook deur die vuur van die liefde gaan, anders kan hy Hom nie bereik nie!

13. Sien, as JaHWeH kom, dan kom Hy in die vuur van Sy liefde; en tog is Hy nóg in die wind en nóg in die vuur, maar Sy wese is `n sagte briesie.

14. Wees daarom nie bang vanweë die vuur nie, want dit sal geen haar van jou skroei nie, maar wag geduldig en sonder enige angs saam met ons, en luister goed; want nou sal jy die stem van die Vader hoor!"

15. Hierdie woorde bring Lameg weer heeltemal tot rus, en hy luister aandagtig na die stem van die Vader.

16. Toe die felle vlamme reeds `n kring om hulle gevorm het, terwyl hulle daar wag, klink daar opeens `n Stem bo die vlammekring en die woorde lui as volg:

17. "Die vrede sy met julle en met jou, Lameg! Want op hierdie oomblik sal Ek intrek in die woning, wat jy vir My opgerig het.

18. My Naam JaHWeH sal werklik in die huis woon.

19. Buiten jou, sal niemand van jou volk die huis betree nie, as hy in sy normale werksaamheid is.

20. Maar wanneer die vlam van die groot liefde iemand na My toe sal dryf, dan moet jy die poort na My huis vir hom oopmaak; so sal dit altyd geskied!

21. En op hierdie berg moet jy volgens eie insig `n gedenkteken vir My oprig, sodat elkeen wat dit sien, daaraan herinner word dat Ek hier met jou gespreek het!

22. So waar as Ek egter leef, `n ewige, heilige God: Indien die kinders van die hoogte, asook die van die laagte My ooit sal vergeet, dan sal Ek die hele aarde oordeel, en Ek sal `n magtige watervloed so hoog oor alle berge dryf, soos jy nou die vlamme bo die hoogste berge sien, en Ek sal alle skepsele van die aardbodem laat omkom!

23. So spreek Ek nou tot jou, Lameg, jou Heer en jou God!"

24. Hierop begin Lameg se siel intens te bewe en hy val voor God neer op sy knieë en beloof Hom in sy hart om sy hele lewe steeds trou te wees.

25. Toe gaan die son ook op, en `n kragtige hand gryp Lameg en plaas hom orent.

26. Toe hy sy oë weer open, sien, toe sien hy tot sy groot verbasing dat alle vlamme op die aardbodem gedoof was! Heerlik straal die gesuiwerde aarde onder die helder lig van die oggendson, en aan sy sy sien hy `n kragtige, jong, baie mooi, ernstige man en hy vra aan Hom:

27. "Is U ook `n nuwe gas vanuit die heilige hoogte?"

28. En die onbekende Man sê vir hom: "Ja, Ek is ook vandaar, en wel uit die hoogste hoogte!

29. Maar laat ons nou afdaal na jou huis; eers daar sal jy My van naderby leer ken! Henog, begelei My! Amen."


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205