Die Huishouding van God - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 224

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281.

Henog se uitbundige liefde spreek tot die heilige Vader. Die heilige Vader se goedkeuring van die oormatige liefde van Henog. Die bekering van Lameg as getuienis van die mag van die goddelike liefde

224 Gloeiend van liefde haas Henog hom na die Vader en sê in sy hart: "O meer as goeie, meer as heilige, allerliefdevolste Vader, wat `n bomatige geluk het U in my hart berei! Ek, `n swak mens van hierdie aarde, mag U begelei?!

2. Al is ek dan die hoëpriester wat deur U aangestel en beroep is, wat is dit vergeleke met U, mees heilige, mees liefdevolle Vader?!

3. Maar nie ek nie, nee ewig nie ek nie, het myself daarvoor waardig bevind nie, maar o heilige Vader! U oneindige sagtheid, barmhartigheid, liefde en erbarming het dit immers gedoen; en daarom sal ek U wel tot sterwens toe liefhê!

4. O, was dit tog maar moontlik om U met alle krag en mag van die hemele lief te hê; hoe eindeloos salig sou dit gewees het om dit te doen!

5. O Vader, ewige, allersuiwerste en almagtige liefde, laat my, wat nog nie in staat is tot soortgelyke allerhoogste hemelse genot, tog nie so onuitspreeklik geluksalig hier wees nie, want my hart verdra die liefdesbrand byna nie meer nie!

6. Maar wat sê ek tog alles in my vervoering?!

7. Dit alles is immers U heilige wil; laat daarom ook altyd alles geskied soos wat dit vir U welgevallig is!

8. O heilige Vader! Hoe goed moet U in Uself wees, dat ek, `n niks ten opsigte van U, reeds so buitensporig baie van U oneindige goedheid ondervind!

9. O aarde, sidder van te groot verrukking, want die Skepper, wat jou lewend geskep het, wandel nou op jou! En jy, arme son, durf jy nou nog om jou ligstrale na die aarde te stuur, noudat Hy hier wandel, wat jou eens met Sy sagte asem laat ontstaan het?!

10. Nou spreek ek alweer so verward deur die liefde! Terwyl die aarde swyg van al te groot, verhewe eerbied, want sy voel immers wie Hy is, wat sy nou dra! En die son bring met haar sagte strale die grootste lof wat sy JaHWeH kan bring !

11. Alles, alles is in `n verhewe eerbiedige stilswye bevang; slegs ek praat voortdurend in myself!

12. Ek sondig kennelik vir die vereiste eerbied, - maar ek kan niks daaraan doen nie, want ek hou soveel van Hom dat ek my voortdurend deur liefde spraaksame hart nie in toom kan hou nie!

13. Welke geluk en welke saligheid kan ook in ewigheid met hierdie vergelyk word: Om by Hom te wees, aan Sy mees liefdevolle, vaderlike, almagtige sy te gaan en Hom uit alle mag te mag liefhê?!

14. Maar wees nou stil, my hart, want Hy kyk asof Hy iets vir my wil sê!

15. O verheug jou, my hele wese, want jy sal weer uit die mees heilige mond van die Vader woorde van lewe hoor!"

16. Op daardie oomblik kom die nege persone ook van die berg na die laagvlakte, en die Heer bly aan Henog se sy staan en sê vir almal:

17. "Vriende, hier sal ons `n rukkie bly staan! Want Ek sien dat sommiges van julle wat moeg geword het; en jy, My beminde Henog, is die mees vermoeide, - want jou hart het haar byna aan My vergryp!

18. Maar Ek sê vir jou: Uitbundig groot is jou liefde tot God, jou Vader; maar as dit vir jou moontlik sou gewees het om die vreugde van die Vader te beproef oor die groot liefde van `n kind tot Hom, en dan Sy groot liefdesfantasieë en gedagtes te bevat waarin Hy almagtige, oneindige en ewige groot planne maak om so `n kind wat Hom bo alles bemin, ook so oneindig gelukkig te maak, as dit maar ooit deur Sy oneindige almag moontlik was, dan sou jy reeds vergaan het by die geringste toenadering tot `n soortgelyke gedagte van God!

19. My geliefde Henog, gaan jy maar altyd deur met jou uitbundige suiwer liefde tot God, dan sal eens uit die uitbundige liefde `n groot werklikheid voortkom waaroor jou gees hom hoogstens sal verwonder!"

20. Hierna wend die Heer hom tot Kisehel en sê vir hom: "Kisehel, sien jy nou welke mag die liefde van die Vader het?

21. Sien, toe jy na die laagte gestuur was, het jy nog heimlik aan die welslae daarvan getwyfel en het jy na die eerste optrede stilletjies in jouself gedink: 

22. 'Die mag van JaHWeH is weliswaar eindeloos veel groter as wat `n volmaakte gees selfs ooit ook maar enigsins kan begryp; maar wat Lameg betref, daar sal nie veel mee te begin wees nie en deur die liefde wel die allerminste!

23. Lameg sou gedood en dan opnuut tot lewe gebring moet word met `n heeltemal ander wil, - anders sal elke poging misluk!'

24. Nou sien, ons het niks anders nodig gehad as slegs die liefde, en die hele laagte staan nou gereinig voor ons!

25. Laat dit ook ewig daarby bly! Daar waar die liefde niks meer tot stand kan bring nie, daar sal ook geen ander mag in staat wees om iets te bewerkstellig nie!

26. Alle werke van die Skepping het immers uit die liefde ontkiem; hoe sou die werke dan magtiger kan wees as die liefde wat hulle oergrond is?! Wend dus altyd die liefde aan, dan sal alles uiteindelik gewen wees!

27. Maar laat ons weer verder trek noudat ons weer uitgerus is; want daar is al `n groot menigte wagtend.

28. Laat ons daarom gaan, sodat ons seën hulle op die regte tyd bereik! Amen."


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205