Die Huishouding van God - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 225

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281.

Lameg vra na die naam van die jong Man en Kisehel antwoord ontwykend. Die woorde van die jong Man tot die volk

225 Na hierdie woorde van JaHWeH staan almal weer op en trek na die stad.

2. Lameg, wat wel duisend gedagtes oor hierdie vreemde man in sy kop gehad het, wend hom onderweg tot Kisehel en vra hom: "Luister, groot, magtige vriend en broer! Ken jy hierdie buitengewone merkwaardige jong en tog so besonderse wyse man? Is hy dan nog meer as die hoëpriester Henog?

3. Want sien, dit kom my tog enigsins merkwaardig voor dat Henog, wat oneindig magtig en wys vir my lyk, en wat bowendien nog `n hoë leeftyd het, so `n enorme eerbied vir hierdie jong man blyk te hê!

4. Ek moet weliswaar ook self toegee: Wat sy wysheid en groot goedheid betref, skyn Henog hierdie wonderlike man bepaald nie te oortref nie.

5. Desondanks lyk dit my enigsins vreemd dat Henog se houding teenoor hom soseer vol deemoedige liefde is, asof sy lewe heeltemal van hom afhang!

6. As jy hierdie vreemde man beter ken, laat my dan weet wat daar agter hom skuil, sodat ook ek my ten opsigte van hom so kan gedra soos dit hoort!

7. Dat hy besonders wys en magtig moet wees, lei ek af uit die woorde wat hy tot jou gerig het.

8. Maar dit is julle uit die hoogtes almal, sodat vir julle oë nie één hart veilig is nie.

9. Dit is hy dus ook, want hy weet baie goed wat daar in jou omgegaan het toe jy na my toe gestuur was.

10. Dit verwar my dus nie, maar soos reeds gesê, alleen die gedrag van Henog teenoor hom!

11. Daarom versoek ek jou nog eens, om my meer oor hierdie jong man te vertel, dit wil sê, as jy dit wil en jy dit mag doen!"

12. En Kisehel antwoord Lameg as volg: "Liewe broer Lameg! Wat hierdie jong Man betref, en dat Henog, soos ons almal, onsself as ondergeskiktes teenoor Hom gedra, dit is so `n diep geheimenis, dat jy op hierdie oomblik gladnie in staat sou wees om dit te bevat nie.

13. Wees daarom nog `n tydjie geduldig, dan sal jy Hom sekerlik leer ken!

14. Maar dit mag jy wel van my weet, dat Hy, soos Hy immers Self op die berg vir jou gesê het, waarlik die allerhoogste God is op die hoogste hoogte oor alle kinders van die hoogte, asook van die laagte!

15. Meer hoef jy voorlopig ook nie te weet oor hierdie jong Man nie!

16. Want die tydstip is naby, waarin jy Hom van naderby sal leer ken; wees dus maar geduldig!"

17. Nou kom hulle tussen die baie juigende mense voor Lameg se huis, en so bly daar vir Lameg ook geen tyd om verder vrae te stel nie.

18. Voor Lameg se huis beklim die jong Man die reeds bekende sprekers podium en rig die volgende seënende woorde tot die volk:

19. "Luister, My arme kinders! Want so spreek die Heer, julle God, julle Skepper en julle aller liefdevolste Vader op hierdie dag uit Sy mond tot julle.

20. Die vrede sy met julle! Erken die enig ware God en Vader, die enige God van hemel en aarde, en bemin Hom bo alles, dan sal Hy julle altyd verhoor, aansien en help met alles wat nodig is, en julle altyd gee waaraan julle behoefte het.

21. En verder spreek die Heer: Ek wil julle beskerm solank as julle in My liefde sal bly; maar wanneer julle eiemagtig sonder My gaan oordeel, sal Ek My barmhartigheid terugtrek en kan julle mekaar met julle eie lig verlig.

22. Maar My lig sal Ek terugneem; dan sal julle baie gou in groot droefheid en duisternis raak, wat nog veel erger sal wees as vanaf die begin tot nou toe.

23. Nou het Ek magtige bodes na julle toe gestuur, omdat julle van kinds af aan swak en ellendig was.

24. Ek sal dan egter slegs swak bodes na julle toe stuur, wat slegs `n wyse tong sal hê, maar `n magtelose wil en julle sal hulle dan gevange neem en dood en so My toorn opwek tot `n onverbiddelike oordeel, omdat Ek julle nou `n groot barmhartigheid en medelye bewys het en julle sterk gemaak het vanuit Myself!

25. Op hierdie oomblik gee Ek julle My Naam. Bly in hierdie Naam, dan sal ook Ek by julle wees; maar as julle die Naam sal verlaat, dan sal Ek julle ook verlaat.

26. Want julle sal altyd vry ten aansien van My deur die lewe gaan. Ontvang dan nou My seën! Amen."

27. Hier seën die Heer die laagte en almal val voor die magtige Spreker neer en aanbid Hom in die Naam van die Heer.

28. Toe keer die Heer weer na Sy geselskap terug en begewe Hom, begelei deur Henog in Lameg se huis in; en niemand durf nou die huis van Lameg nader nie.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205