Die Huishouding van God - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 228

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281.

Die woorde van die Heer oor die ware godsverering

228 En die Heer laat al die kinders van die laagte nou weer van die grond af opstaan en sê vervolgens aan hulle:

2. "Luister almal, My kindertjies! Ek is die enige, heilige almagtige God en Skepper van alle dinge en wesens in die hemel en op aarde! Buite My bestaan daar geen ander God nie en die hele oneindigheid en alle ewighede is volkome vervul van die mag van My Liefde, Wysheid, erbarming en barmhartigheid; en sodoende is Ek sedert ewighede `n volkome God oor alles, omdat alles vanuit My en noodsaaklik aan My oneindige mag onderwerp is!

3. Want hoe kan dit ook anders wees, omdat alles wat daar is, slegs daar is vanuit My wil en daaruit bestaan en ook nooit daaraan kan ontkom nie?! Want as dit moontlik was, dat iets aan My mag kon ontkom, dan sou dit daardeur ook noodsaaklikerwys aan sy bestaan moet ontkom, omdat daar in alle oneindigheid ewiglik niks kan bestaan as enkel deur en in My wil nie, wat die enigste grondvoorwaarde is van alles wat is en ewig die oneindige ruimte oral volkome vervul!

4. Waar dit nou so is en onmoontlik anders kan wees, moet julle My ook as die Een leer ken wat Ek is, naamlik as die enige God en as die enigste Heer!

5. Want alleen Hy is `n Heer, wat in die ewige volkome besit is van alle oneindige mag, krag en gesag vanuit Homself.

6. Ek besit dit ewig en oneindig; daarom is Ek ook die enigste Heer! Maar desondanks moet julle julle nie voor My in die stof rol en julle liggaam en die omhulling daarvan bevuil vir niks en nogeens niks nie; want Ek het julle immers geen regopstaande liggaam gegee, om dit ten opsigte van My net so te gebruik soos die wurms nie, maar slegs om voor My, julle Vader altyd regop te loop soos vry mense, as My kinders en suiwer as broers en susters onder mekaar.

7. Daarom moet julle nou ook uit My mond hoor, dat Ek in die geheel geen tevredenheid het aan die een of ander diens van die liggaam nie! Want julle het julle liggame nie ontvang om My daarmee op die een of ander manier te dien nie; want die liggaam is immers slegs aan julle gegee om julle te dien op die regte tyd en in redelike, goed geordende mate ter versterking van julle gees, omdat dit julle eintlike wese is.

8. Wat sou dit dan beteken as iemand sy liggaam voor My neerwerp in die stof?!

9. Moet Ek dalk `n tevredenheid daaraan ontleen, of word julle daardeur beter, as julle julleself `n tydlank in die stof gerol het?!

10. Ek sê vir julle: Dit is alles ydele dwaasheid! Sien, as iemand `n handwerksman is en hy het `n stuk gereedskap nodig, - sou dit dan nie volkome dwaas van hom wees, as hy uit suiwer agting vir die werk wat hy met die stuk gereedskap moet verrig, die werktuig eers `n tydlank in stof en vuil sou rol nie?!

11. Ek is van mening dat die handwerksman beter daaraan doen as hy sy gereedskap slegs gebruik waarvoor dit geskik is en nie ook nog waarvoor dit nie gemaak is nie!

12. As `n werk goed uitgevoer word, sal daaruit wel agting vir die werk blyk, maar nie vir die werktuig nie.

13. Ek is nou die belangrikste werk vir julle gees en is steeds onveranderlik een en dieselfde God!

14. En wie My eer en hom voor My verdeemoedig, laat die My voortdurend eer en die hele tyd deemoedig voor My wees; want Ek is immers die hele tyd gewyd voor elkeen!

15. As mens My met sy liggaam in die stof wil eer, moet mens hom tog ook dag en nag sonder ophou in die stof rol!

16. As Ek so-iets van julle gewil het, dan sou Ek julle tot wurms gevorm het, maar nie tot vry mense nie.

17. Die ware verering bestaan daaruit, dat julle almal sonder ophou My wil doen, wat drievoudig aan julle geopenbaar is, naamlik in die orde van die natuur van die dinge, voorts deur julle eie geestelike hart, wat die suiwer liefde is en vervolgens deur My bode, wat nou deur Myself bevestig word.

18. Het My bo alles lief en het mekaar lief soos elkeen homself liefhet, dan sal julle My in die gees en net so in alle waarheid eer!

19. Dit is dus My wil en dit is die enigste wat vir My geld; al die ander is ydel en dwaas.

20. Handel so, dan sal julle My altyd welgevallig wees! Amen."


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205