Die Huishouding van God - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 230

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281.

Lameg se dwase behoefte aan wette. Die verklaring van die Heer oor die oordeel in die wet en die vryheid in die liefde

230 Na hierdie verhewe onderrig neem Lameg dankbaar en allerdeemoedig opnuut die woord en vra vir die Heer:

2. "O God, nou dat ek eenmaal begin het met vra, het ek die moed, vertrouend op U oneindige goedheid en geduld, om U nog meer vrae te stel!

3. Daarom wil ek U vra om nou regstreeks uit U heilige mond te verneem, hoe U dit liefs wil hê dat die mens in al sy aardse omstandighede handel.

4. Want sien, o heilige Vader, as daar van die een plek na die ander `n weg gelê is, dan kan iemand nouliks op so `n weg verdwaal, behalwe wanneer hy opsetlik wil verdwaal of miskien eiemagtig `n korter weg wil vind, by welke geleentheid hy dan ook sou kan verdwaal en in nabye struikgewas sal beland, waar dit wemel van slange en adders!

5. Daarom sou daar vir ons almal niks wensliker wees as `n deur U, o heilige Vader, presies voorgeskrewe weg vir ons gees, dus `n vasgestelde wet om so en nie anders te handel nie!

6. Want as ons `n reël het wat deur U Self gegee is, dan weet ons ook wat U wil en wat ooreenkom met U goddelike orde, en ons kan dan met groot gemak so lewe, dat dit U behaag.

7. Maar as ons geen reël het nie, dan moet elke tree wat ons gee, wel met uiterste versigtigheid gepaard gaan, om te sorg dat ons nie al te maklik `n misstap begaan vir U mees heilige orde nie!

8. As U, o heilige Vader, dit goedvind, dan sou ek U in die naam van die hele laagte daarvoor wil vra, maar U ook my voortdurend uiterste trou plegtig vir altyd en ewig belowe!"

9. En die Heer hef Sy hand op en sê vir Lameg asook vir alle ander: "Waarlik, waarlik, sê Ek, nou nog julle aller heilige en mees liefdevolle Vader:

10. Wanneer Ek julle deur wette sou bind, dan sou Ek julle ook bind deur die oordeel; want daar is geen wet moontlik sonder oordeel nie, maar sonder wette is daar sodoende ook geen oordeel nie!

11. Sou jy, Lameg, tot nou wette van My gekry het, dan sou Ek nou nie na julle gekom het as `n Vader en daardeur as `n Helper vir julle almal nie, maar Ek sou as `n onverbiddelike regter na julle toe gekom het, om julle te verdoem vir al julle slegte dade!

12. Julle het vanaf die aanvang van die tye geen wette gehad nie; julle was dus soos klein kinders in die wieg. Julle het baie erge sonde gedoen, ja ten hemelskreiende sonde, maar omdat julle geen bepaalde regstreekse wet van My gehad het nie, maar slegs indirekte raad, was julle ook tot nou toe aan geen oordeel onderhewig nie, - en is Ek nou hier om julle te help!

13. Hoe kan jy, Lameg, My dan vir wette vra?!

14. Wat is beter, om heeltemal vry te wees in die liefde tot My en My daardeur as Vader te hê, of gebonde te wees deur wette en daardeur My steeds as regter te hê?!

15. Waarlik, Ek sê vir julle almal: Eerder wil Ek die hele skepping vernietig as My kinders met wette bind en daardeur ophou om hulle Vader te wees en hulle daardeur tot `n ewige dood veroordeel!

16. Neem daarom, Lameg, jou versoek terug, en laat dit heeltemal in jou vergaan; want jy was vir My, met al jou boosheid tog beter, as wat jy vir My sou gewees het in die mees gewetensvolle streng nalewing van wette.

17. Want die wet hef alle liefde tussen die wetgewer en diegene aan wie die wet opgelê is, op, en stel in die plek van die liefde die onverbiddelike streng reg.

18. Wie kan egter van homself sê: 'Ek is in staat om die wet heeltemal na te lewe!'?

19. Sien, slegs vir My sou so-iets moontlik wees, verder geen enkele vry wese nie; die skepsel sou sy lewe dan suiwer in die oordeel moes lewe, net soos die diere!

20. Wanneer dit die geval is, waar bly die vrye lewe van die gees dan?!

21. Wee julle, en wee elke volk wat Ek wette sal gee, want daar sal die huis van die Vader met ystergrendels gesluit word!

22. En as Ek nie Self sal kom om die wet te vervul nie, dan sal die hele skepping ten gronde gaan!

23. Daarom gee Ek julle nou ook geen wet nie, maar sê slegs as Vader vir julle, dat julle My bo alles moet liefhê en mekaar soos wat elkeen homself liefhet! Dit is My wil; maar doen al die ander vanuit die wysheid, wat julle in My liefde ten deel val, dan sal julle lewe soos wat dit vir My die welgevalligste is!

24. Onthou dit en handel daarvolgens, dan sal julle My liefde altyd hê, en My groot vaderhuis sal ewig nie vir julle gesluit word nie! Amen!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205