Die Huishouding van God - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 234

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281.

Lameg se vergeefse poging om die vir hom te swaar heilige tafel te dra. "Sonder My is julle tot niks in staat nie, maar met My werklik tot alles!"

234 Na hierdie opdrag van die Heer gaan Lameg na die troonsaal om die plaat te gaan haal.

2. Met die grootste eerbied begewe hy hom na die troon, gee God die eer en wil toe met die hoogste eerbied die plaat neem, wat op die troon opgestel was.

3. Maar toe hy hom wil optel en wegdra, sien, toe word die plaat plotseling so swaar, dat dit volslae onmoontlik word vir hom om dit te verplaas.

4. Toe hy verskillende pogings maak, om die heilige plaat op te tel om hom volgens die wil van die Heer na die eetsaal te dra, sodat Hy Sy asem daaroor sou laat gaan, en hy Lameg, dit dan na die tempel sou dra, en hy. ondanks alle pogings. tog nie in staat was om iets te bereik nie, begin hy ernstig daaroor na te dink, en dit skiet hom te binne dat hy eens van Kisehel, van Henog of van die Heer Self verneem het: "Sonder My is julle tot niks in staat nie, maar met My werklik tot alles!"

5. Na hierdie gelukkige ingewing verlaat hy, eerbiedig buigend voor die magtige plaat, die troonsaal en kom onverrigte sake weer by die verhewe geselskap in die eetsaal aan.

6. Almal was verbaas en van alle kante vra mense hom naarstig: "Maar broer Lameg, - wat is daar met die heilige plaat aan die gang!

7. Het jy hom dalk nie meer gevind nie, waar jy weer met leë hande terugkeer?"

8. Maar Lameg sê vir almal wat dit aan hom gevra het: "O my broers, neem, saam met my, vanweë hierdie verskynsel hierdie kort, maar wel baie belangrike leer ter harte:

9. Wanneer die almagtige God en allerliefdevolste, heilige Vader met ons is, dan is ons in Hom en deur Hom tot alles in staat; maar sonder Hom kan ons niks doen nie!

10. Ek was `n dwaas; daarom het ek sonder Hom na die saal gegaan om die heiligdom te haal! Maar hierdie ervaring het my voldoende duidelik gemaak wat die mens sonder die Heer kan vermag!

11. Daarom gaan ek nou dadelik na die Heer, sodat Hy met my mag wees, en dan sal ek sekerlik nie weer met leë hande hier aankom nie!

12. Laat ons dit altyd almal baie goed onthou en getrou nakom!"

13. Hierop gaan Lameg na die Heer, wat intussen met Henog en die sewe ander gespreek het, val voor Hom neer en sê:

14. "O God en heilige Vader, sien barmhartig neer op my, ek is `n groot dwaas! Ek, `n allergrootste domkop, wil sonder U, U heiligdom optel en dit volgens U barmhartige opdrag hierheen bring; Maar toe ek, armsalige sukkelaar, dit probeer het en omdat hy so oneindig swaar was, nie in staat was om die heilige plaat van sy plek te neem nie, word dit my eers duidelik dat mens niks sonder U kan doen nie en wel die allerminste wat U regstreeks betref, maar met U, in U en deur U, wel alles, o heilige, liefdevolle Vader!

15. Daarom kom ek nou dan ook onverrigter sake weer by U aan en versoek U uit die grond van my hart, om saam met my te wil gaan na die troonsaal om my te help om U heilige plaat van sy plek te kry!

16. Want anders sal dit nooit moontlik wees om dit na die tempel te bring nie !"

17. Hier buig die Heer Hom vooroor, hef Lameg weer op en sê vir hom: "Ja, so is dit, My Lameg: Met My kan jy alles doen, - maar sonder My niks!

18. Wie is daar wat in staat is om self sy ligaamslengte met ook maar `n tiende deel van `n handbreedte te verleng?! Wie kan sê: Laat dit of dat geskied, en dat dit dan ook gebeur volgens sy wil?!

19. Alleen volgens My wil geskied alle dinge vir ewig!

20. Wie dus met My is, die is ook met My krag, want Ekself is immers die ewige oneindige krag en dit is dus in en met My tot alles in staat!

21. Gaan dan nou saam met My, en Ek sal met jou wees; dan sal ons sien of die plaat nog wel so onoorkomelik swaar sal wees!"

22. En so gaan Lameg weer saam met die Heer die troonsaal binne, en almal volg hulle twee en sien daar dat die heilige plaat opgetel en vervolgens die eetsaal ingedra word, waar Lameg hom op die hoof eettafel neersit en die Heer Sy asem daaroor laat gaan.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205