Die Huishouding van God - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 236

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281.

Die ondeurdringbare volksmenigte voor die uitgangspoort van die paleis. Lameg se verleentheid. Liefde en geduld as die vernaamste sleutel by hindernisse

236 Na hierdie lerende woorde buig Lameg diep vir die plaat, neem hom in sy hand en dra hom langsaam met afgemete pas, want hy dink nou by elke tree na, wie Hy is, wat hom met Henog volg, en welke Naam hy dra.

2. Maar toe hulle nou die groot uitgangspoort van die paleis bereik, was dit, soos die groot plein voor die paleis, so vol mense, dat dit vir Lameg volkome onmoontlik was om, hoe dan ook, deur die poort te gaan, want die mense wat in die poort staan, kon nie agteruit nie vanweë die digte menigte wat buite die poort gestaan het! Wat kon daar nou hieraan gedoen word?

3. Lameg, wat in groot verleentheid gebring word daardeur, wend hom tot die Heer en sê, vervul met die diepste eerbied vir Hom:

4. "O God, sien my groot verleentheid en angs aan! Wat kan hieraan gedoen word?

5. Om geweld te gebruik, sou hier wel die allerminste op sy plek wees en sou ook weinig sin hê.

6. Om hulle deur die mag van U wonderkrag terug te dring sou tog ook onbillik wees, want dit is immers uitsluitlik genooide gaste en eweneens, o heilige Vader, suiwer U kinders!

7. En om uiteindelik deur `n ander poort na buite te gaan, sou tog juis vir hierdie huidige, ewig mees verhewe geleentheid nie betaamlik wees nie!

8. Maar vir U, o heilige Vader, sal nog duisend weë oopstaan; en wil U my dan nou nie allerbarmhartig die beste weg wys nie?!

9. O, ek vra dit U uit die grond van my hart! Maar U heilige wil geskied altyd en ewig! Amen."

10. Maar die Heer sê vir Lameg: "My Lameg, ken jy nog nie die hoofsleutel nie, waarmee elkeen die groot poort van die ewige lewe selfs vir homself kan open?

11. Sien, die sleutel heet Liefde! Laat ons daarom met hierdie sleutel probeer om die kindertjies uit die poort terug te dring! En gebeur dit nie met hierdie sleutel nie, dan is daar nog `n tweede, en dit heet Geduld; met geduld oorwin mens alles!

12. Laat ons dus die eerste hoofsleutel probeer, maar gelyktydig die tweede ook byderhand hou, - en wees verseker daarvan dat ons met hierdie twee lewensleutels beslis nie sal bly staan nie!"

13. Hier roep selfs Henog met `n harde stem uit: "O heilige leer en heilige Leraar; ja alleen U, o Vader, is as enige die mees heilige, ewige suiwer Liefde!"

14. Die Heer sê egter vir Henog: "Ja, ja, My geliefde, dierbare Henog, sien, so moet ons immers die arme kindertjies op ons hande dra en onderrig, sodat hulle daardeur sterk word en daardeur ryk aan liefde, barmhartigheid en ewig lewe voor ons!

15. Vermy daarom op die hoogte ook al die grootse en die verhewe en geheimsinnige praal, maar gaan net soos Ek liefdevol, klein en eenvoudig voort, dan sal alle harte in julle rus vind, soos hulle deur julle in My die ewige lewe vind!"

16. Toe gaan Lameg na die mense toe wat in die poort staan en sê vir hulle: "Broers, as dit enigsins moontlik is, maak dan soveel plek vir ons, dat ons daar kan deurkom; maar niemand van julle moet geweld teen sy buurman gebruik nie!

17. Want ons sal met graagte geduld beoefen, totdat julle julleself op vreedsame wyse opgestel het!"

18. En die eerstes sê dit vir die ander langs hulle, en hierdie gee die weer deur, en gaan voort tot by die laaste man.

19. En dit het nog geen kwartier geduur nie, voordat die poort heeltemal ontruim was en almal nou voldoende plek gehad het om die voorbestemde weg ongehinderd te volg.

20. Toe roep die Heer vir Lameg terug en vra vir hom: "Toe, My Lameg, wat sê jy van My twee hoofsleutels?"

21. En Lameg, totaal ontroerd deur die groot goedheid van die Heer sê wenend: "O heilige Vader! Dat slegs U heeltemal alleen goed en heeltemal alleen die liefde is, dit kan ek nou sê! Ek het U nou dan ook bo alles lief!"

22. En daarop sê die Heer vir hom: "Wandel so voort! Amen."


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205