Die Huishouding van God - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 238

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281.

Die prag en die inrigting van die tempel. Die orde van die tempeldiens

238 Toe die verhewe stoet die tempel nou heeltemal bereik het, open Mura weer die goue poort, en Lameg verbaas hom geweldig oor die groot prag.

2. Toe hy ietwat oor sy verbasing heen was, val dit hom eers op dat deur elke ry vensters `n ander lig in die tempel val, en wel deur die onderste ry `n baie roserooi lig, deur die middelste ry groen lig, wat na beide kante van die laaste vensters in geel oorgaan, en deur die boonste ry `n blou lig, wat na beide kante in violet oorgaan.

3. Sy nuuskierigheid was deur hierdie verskynsel soseer in beslag geneem, dat hy hom wel tot die Heer moes wend.

4. Hy (Lameg) sê vir Hom: "O God, wyse, algoeie, liefdevolle Vader, gewyd, meer as gewyd, U sien natuurlik waarom ek my tot U wend?!

5. Mag dit U mees heilige wil wees, wil U dan my hart tot rus bring !"

6. En die Heer spreek met Lameg: "Luister, My Lameg! My diens, wat jy nou verrig, gaan voor alles; laat daarom die kleur van die vensters maar die kleur wees, en verrig dit wat My toekom op jou manier.

7. As jy dit volbring het, rig jou dan tot Mura, en hy sal jou meedeel wat die rede van die gekleurde lig is!

8. Sien, jy staan al voor die altaar, gaan aan die regterkant staan en wag totdat Ek die altaar met My hand geseën het!

9. Wanneer dit gebeur het, sit jy die plaat neer op die altaar; Ek sal dan aan beide kante van die altaar twee gerubs toevoeg, wat hierdie heiligdom van My vir altyd in julle midde sal bewaak.

10. Bo die Naam sal Ek met My asem `n ligtende wolk laat ontstaan as teken dat Ek, die ewig almagtige, lewende, enige God en Heer van hemel en aarde dit hier ingestel het om julle te red van die ewige ondergang.

11. Wie hierdie tempel waardig en met `n suiwer, van liefde vervulde hart sal nader, die sal gesterk word met My barmhartigheid.

12. Wie egter hierdie tempel sal nader met `n onwaardige, onsuiwer hart wat vol is van liefde tot die wêreld en van homself, die sal gegryp word deur `n vuur wat van die dak van die tempel neerstort. Daardie vuur sal hom dood en vervolgens heeltemal verteer.

13. In die tempel sal niemand egter binnetree nie as slegs jy, as die deur My aangestelde owerpriester van die laagte en wanneer daar iemand uit die hoogte kom, - en dan na jou, jou oudste seun, nadat jy hom vooraf in My Naam tot owerpriester in jou plek geseën sal hê.

14. Hierdie amp van owerpriester moet steeds in jou hoofstam bly.

15. Elke ander wat hulle in die tempel sal begeef, sal onmiddellik deur die gerubs gedood word.

16. Ook sal geen vrou dit in hierdie heiligdom waag nie, as sy die lewe wil behou, nie uit die hoogte nie en nog veel minder uit die laagte!

17. Self sal jy ook net vier maal per jaar die tempel binnegaan en jou vooraf sewe dae voorberei en goed bedink, waarheen jy gaan en voor wie se aangesig jy daar tree!

18. As jy dit nie in ag sou neem nie, waarlik, dit sal met jou nie beter gaan as elke ander nie!

19. En wanneer jy die tempel binnegaan, sal jy die deur agter jou nie sluit nie, sodat ook die volk op gepaste afstand `n blik kan werp in die heiligdom en daar My groot heerlikheid kan aanskou.

20. En op elke Sabbat sal julle in die voorhof byeenkom en My dank en My jou liefde ten offer bring, maar in geen geval `n ander offer nie!

21. Want julle offer is `n offer van Kain en dit sal Ek nie aansien nie; maar slegs die offer in julle harte.

22. Geen man sal met bedekte hoof die voorhof betree en geen vrou met `n ontblote aangesig nie.

23. Solank as wat julle julleself aan My orde sal hou, solank sal ook My barmhartigheid sigbaar en altyd werksaam onder julle bly!

24. As julle hierdie orde egter ooit weer verlaat, dan sal hierdie heiligdom julle ontneem word, en in plek daarvan sal julle die oordeel bo die altaar as `n alles verterende vlam aanskou.

25. Dan sal die kinders van die hoogte magtig oor julle kom en julle met gloeiende roede slaan.

26. Sien, dit is voorlopig My wil!

27. En laat My dan nou die altaar seën, en sit jy daarna die plaat daarop en dan sal My wil geskied! Amen."


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205