Die Huishouding van God - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 239

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281.

Lameg se bang en droewige gedagtes by die altaar. Die gerusstellende verklaring van die Heer oor die doel van die tempelorde. Die seëning van die altaar

239 Na hierdie woorde gaan Lameg na die regterkant van die altaar, gaan daar staan met die plaat in sy hand en lyk buitengewoon bedenklik, wat blyke gee van groot angs en vrees.

2. Maar die Heer merk dit goed, hou op met die seëning van die altaar wat Hy byna begin het en sê vir Lameg:

3. "Lameg, wat is daar met jou aan die gang? Wat gee jou gesig en al jou gebare nou aan wat daar nou in jou gemoed afspeel?

4. Bewe jy vanweë die orde wat Ek aan jou gee, sodat jy sal weet hoe om My heiligdom in stand te hou, en daar niks onvoorbereid en onrein kan en mag nader nie?

5. Spreek dus, en Ek sal jou barmhartig wees!"

6. En Lameg antwoord die Heer: "O my God en my Heer! Wat moet die onmagtige wurm in die stof dan nog sê vir U, as U eenmaal U almagtige, heilige wil uitgespreek het?!

7. Dit beteken alleen nog maar na so `n raadsbesluit van U: 'Mens, skepsel, leef onherroeplik daarna, of Ek, jou almagtige God en Skepper, sal jou ineens vir ewig vernietig en verderf!'

8. Sien, U gee ons, arme wurms van die laagte, nou wel U heiligdom, en daardeur `n eindelose groot barmhartigheid; maar wat sal ons dit, volgens U ewig onherroeplike uitspraak, bring ?

9. Niks anders as dood, verderf, en dan `n verskriklike martelgerig!

10. O, ek sou die menslike natuur nie geken het, as ek nie geweet het hoe lig sy op onrein weë kan raak nie! En wanneer sulke kwaad die swak mens oorkom, hoe sal dit dan met hom gaan aan die sy van hierdie heiligdom?!

11. Waarom mag dan net ek in die tempel, terwyl ek tog die grootste sondaar van alle tye teenoor U was, - en die wat duisendmaal suiwerder is, dit nie mag waag sonder om hulle lewens te verloor nie?!

12. Dat niemand met `n onsuiwer hart hierdie tempel mag nader, dit is nie meer as billik nie; maar wie het eintlik `n suiwer hart ten opsigte van U gewydheid?!

13. En so wag dan vir elkeen wat dit ooit sal waag om hierdie tempel te nader, die onvermydelike dood!

14. O wonderlike, heilige plaat, juigend het ek jou na buite gedra, - maar weeklaend sal ek weer huiswaarts keer; want jy is nie tot seën vir ons armes gegee nie, maar tot `n onverbiddelike oordeel!

15. O God, ook as dit op ons uiteindelike vernietiging voorsien is, laat dan desondanks tog altyd U almagtige heilige wil geskied! Amen."

16. Toe Lameg so gespreek het, kyk die Heer hom medelydend aan en sê vir hom: "O Lameg, waaragtig arme seun van droefenis en duisternis, waarom is jy so nodeloos bang?!

17. Sien, as Ek My kinders so graag wou doodmaak, was dit dan wel nodig gewees dat Ek sigbaar in julle midde verskyn het?!

18. O sien, één gedagte was genoeg gewees, en die hele skepping sou in die niet gegaan het, asof sy nooit sou bestaan het nie!

19. Ek het immers net na julle toe gekom, wat geestelik dood was, om julle die lewe wat julle verspeel het, vrywillig vanuit My groot erbarming weer heeltemal nuut te bring en julle hier ook `n gebou te gee waarin julle die verlore lewe altyd weer kan verkry.

20. Maar dat hierdie inrigting tot julle heil in `n suiwer orde gehou moet word, sodat hierdie krag nie deur allerlei wanorde verswak sal word nie, - sê My, is dit `n oordeel?

21. Wanneer Ek slegs die owerpriester toestaan om hierdie heiligdom te betree, wat verloor die ander dan daarby?

22. Wanneer hulle met liefde aan My hang, werklik, dit is meer as duisend soortgelyke tempels!

23. Wie My liefhet, die is al in die binneste van die tempel, ja in die sentrum van die geestelike tempel, en sal dan ook beslis die dood nie vind as hy die tempel met jou binnegaan nie.

24. Want wie My liefhet, is reeds van bo en kan op enige tyd die tempel ingaan.

25. Maar jy kan tog onmoontlik van My verlang dat Ek julle `n tempel gee, vervul van My lewende barmhartigheid, om `n varkstal daarvan te maak!

26. Daarom sal dit by My voorgaande uitspraak bly, en wees seker daarvan dat niemand skade daarvan sal ondervind nie!

27. Want Ek is immers `n Vader vir julle almal, maar geen moordenaar nie!

28. En so seën Ek dan hierdie altaar! Amen."


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205