Die Huishouding van God - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 243

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281.

Lameg se verwondering oor die prag van die tempel en sy onvermoë om die geestelike betekenis van die tempelbou te begryp. Henog se woorde oor die noodsaak, dat die owerpriester van die tempel deur God onderrig sal word

243 Na hierdie woorde van Henog gee almal God in hulle hart die eer en gaan die tempel uit, waarna Lameg dit toesluit.

2. Eers nou begin Lameg die bou van die tempel eers goed te bekyk; en toe hy aan alle kante die groot heerlikheid daarvan sien, was hy wederom vol verhewe vreugde en loof God dat Hy die mens so `n groot insig verskaf het, dat hy in staat was om so-iets eerbiedwaardig verhewe en pragtig tot stand te bring.

3. Maar Henog neem vir Lameg by die hand en sê vir hom: "Geliefde broer Lameg, die prag van hierdie tempel spreek jou buitengewoon aan, dit is vir my heel duidelik; maar begryp jy ook wat die bou van die tempel wil sê?

4. Jy sê in jou hart: 'Nee, broer, hoe sou ek dit moet begryp?'

5. Goed, sê ek jou, jy is nou eerlik en heel redelik van hart; daarom moet jy dit ook aan my beken.

6. Maar kyk `n bietjie dieper, dan sal jy daar in die regte diepte van jou hart vind wat daar met gloeiende skrif geskryf staan:

7. 'Jy, owerpriester in die heiligdom van die Heer, moet die werk waaroor die Heer jou gestel het, in die gees van die waarheid ken, anders is jy `n blinde godslasteraar!'

8. Wee jou, as jy jou broer iets wil leer wat jy nie begryp nie; want die Heer spreek en sê:

9. 'Dan sal Ek die meester en die leerling tugtig en voortaan sal Ek nóg die een nóg die ander aansien!' Lameg, begryp jy dit?

10. Sien, wie oor God en Sy werke wil spreek en sy broer daarin wil onderrig, die moet dit self eers van God geleer het!

11. En waarom dan? - Omdat niemand God en Sy werke ken as alleen God nie!

12. Dit is alles nog vreemd vir jou, en jy weet nie hoe God die mense leer en opvoed nie.

13. Maar ek sê vir jou: Vandag nog, voor die nag heeltemal geval het, sal jy die eerste elemente leer ken, en dan so verder tot jy `n volleerde godgeleerde sal wees!"

14. Hierop was Lameg weer hewig verbaas en vra `n bietjie opgewonde: "Broer Henog! Wat spreek jy tog oor sake, wat my hart nie in staat is om te bevat nie?!

15. Daarom versoek ek jou: Spreek begryplike taal, anders is jou woorde nie geskik vir my nie!

16. Jy sê nou net: 'Wee die leraar wat sy broer iets wil leer wat hy self nie begryp nie!'

17. Maar wat moet ek nou sê, as jy dinge vir my sê wat vir my vreemder voorkom as die einde van die wêreld, as dit êrens mag wees?!"

18. Hierop neem Henog weer die woord en sê vir Lameg: "Broer Lameg, wen jou nie verniet so op nie; want as die leerling reeds vooraf sou geweet het wat hy nog eers van sy leraar te wete moes kom, sê my, sou `n leraar dan nie die mees oorbodige wese op die wêreld wees nie?!

19. Die groot verskil tussen die leraar en die leerling is tog immers, dat geen enkele leerling dadelik al by die begin so volkome is as sy leermeester nie!

20. Maar as hy aan sy meester gelyk word, dan is hy volkome en dan is daar geen verskil meer tussen die leraar en die leerling nie!

21. Sien, die Heer het my as `n voorbereidende leraar van die hoogte na jou toe gestuur; daarom moet jy ook na my luister!

22. Maar hoe dwaas sou `n leermeester wel te werk gaan, as hy sy leerling vooraf `n uitleg en `n volledige uiteensetting oor die leerstof sou gee, nog vóórdat hy hom die leerstof wat behandel moet word, self laat sien het?!

23. Sien, ek het jou nou eers die onbehandelde stof volgens die goddelike orde gegee; daarom is ek `n regte leraar volgens God se orde!

24. Wen jou daarom nie op vóór die tyd nie; - as ek jou die leerstof gegee het, dan sal ek jou ook die verklaring gee!

25. Maar alles het sy tyd en geduld nodig.

26. In jou huis sal jy eers meer te hore kry; laat ons dan nou daarheen gaan! Amen."


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205