Die Huishouding van God - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 248

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281.

Die byeenkoms van die gaste in die troonsaal. Die wonderbaarlike vrugte op die tafels. Die setel en die oorsprong van die bose in die menslike hart

248 Na hierdie woorde van Henog begeef almal hulle hulle na die troonsaal en vir Brudal word gesê, dat hy die spys vir die hoë gaste nou ook in die troonsaal moes bring en daar `n geskikte tafel vir hulle in orde moes kry.

2. Dit gebeur dan ook dadelik. En toe die vername gaste die troonsaal betree, ontstaan daar opeens `n groot gejubel, en Lameg bly verras oor die baie gaste en nog meer oor die groot en uitgebreide keuse van kosbare vrugte.

3. Hy roep dan ook baie spoedig vir Brudal na hom toe en vra aan hom: "Maar luister, my liewe broer! Wat is dit? Waar het jy hierdie vrugte, wat nog nooit deur my gesien is nie, vandaan gekry? Het jy dalk ook wonders gedoen! Hoe het dit te werk gegaan?"

4. En Brudal, self baie verbaas oor hierdie buitengewone verskynsel, sê daarop vir Lameg: "O hooggeplaaste leier van die volk! Dit vra jy vergeefs van my; want ek sien dit ook nou eers!

5. Maar ek dink dat die magtige gaste uit die hoogte sekerlik in staat is om jou presies te antwoord; dus beter jy jou tot hulle rig met jou belangrike vraag!"

6. Toe Lameg dit van Brudal gehoor het, wend hy hom ook tot Henog en rig die volgende woorde tot hom: "Luister, magtige vriend van die Heer! Jy sien ook hier wat my van opperste verbasing byna sprakeloos maak; sê my tog wat die oorsaak daarvan kan wees! Want dit is wel waar, dat alle dinge vir die Heer moontlik is en julle ook deur Hom tot groot dinge in staat is, - maar om van my slegte vrugte hierdie edele te maak, dit is onbegryplik vir my!

7. Vir die Heer sal dit nie moeilik wees om hierdie wonderlike edele vrugte te skep volgens Sy ewige orde nie; maar is dit nie moeilik vir Sy heilige orde om van iets slegs, iets edel en allerbeste te maak nie?! Kort en goed, dit is vir my te volmaak en daarom ook te onbegryplik; gee my daarom `n antwoord!"

8. En Henog glimlag vir Lameg en sê toe vir hom: "O liewe broer, jy vra na `n bykomstigheid, maar die belangrikste hierby skyn jou heeltemal nie op te val nie!

9. Jy vra nou aan my in jou gemoed: 'Wat is dan daardie belangrike en waar is dit?'

10. Jy sê tog so ewe dat dit vir jou voorkom dat die Heer nie in staat is om ingevolge Sy ewige, heilige orde van iets slegs, iets edel en goed te maak nie!

11. Het jy dan nie gehoor dat die Heer by die skepping Self alle dinge goed genoem het nie?! Waar moet die slegte dan wees?!

12. Maar ek sê vir jou: Niks in die wêreld is sleg nie, behalwe die mens, wanneer hy hom in sy hart afwend van die Heer; en as die mens op hierdie manier boos en sleg geword het, dan is die hele wêreld ook sleg en boos vir hom.

13. Is jou hart suiwer, dan sal alles suiwer wees vir jou, dit wil sê, jy sal alles in waarheid aanskou; maar is jou hart onsuiwer, dan sal ook alles vir jou voorkom, soos wat jou hart is.

14. Hoe was jy voorheen as koning? Jy was sleg, boos, vol sluheid en bedrog; so was ook jou arme volk merendeels teenoor jou en jy kon die mees redelike mens maar net as die mees arglistige skurk sien en het hom daarom in die gevangenis laat gooi.

15. Sien, die Heer het Hom oor jou erbarm, jou gered van ondergang, en kyk, jy sien nou geen skurk meer nie, en die wie jy in die gevangenis laat gooi het, is nou die vriendelikste gaste in jou troonsaal, en is suiwer broers en susters!

16. Kyk nou net verder: Wanneer die Heer jou nou kon verbeter en reinig, terwyl jy waaragtig boos en sleg was, dan sal dit tog ook nie moeilik vir Hom wees om die vrugte van hierdie bodem te veredel nie?!

17. Hierdie vrugte toon jou egter die vrugte van jou dade van jou hart en sodoende ook werklik die tevredenheid van die Heer daarmee; en so het jy hier voor oë wat ek jou nou net in die ander saal voorgesê het, naamlik die tevredenheid van die Heer.

18. Sien, dit skuil daar agter hierdie verskyning; en laat ons nou dan ook aan die voorbereide tafel plaasneem en ons versterk in die naam van die Heer. Amen."


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205