Die Huishouding van God - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 251

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281.

Henog se ontroering oor die vrywillige armoede van die Vader. Die openbaring van die Heer oor die grootte van Sy vaderliefde vir Sy kinders. Aanduiding oor die menswording en die offerdood van die Heer

251 Toe Henog en al die ander dit van die Vader, in die gedaante van die Arme, gehoor het, val hulle almal aan Sy voete, aanbid Hom en loof Sy oneindige goedheid en sulke oneindige liefde.

2. En Henog sê vol geestesvervoering: "O heilige Vader! Baie jare hou my armsalige siel haar besig met U en vind in haarself, dat U die ewige, allersuiwerste en oneindige liefde is.

3. Deur my gevoel het ek al geleer om te vra om slegs met al my liefde aan U, o heilige Vader, te hang en het U uit daardie gevoel geleer ken as die enige ware, oneindig goeie Vader en geen ander leer was in staat om my op ander idees en voorstellings oor U te bring nie, - kortom, ek herken in U vir die eerste keer die eindelose goeie Vader ten volle in my hart!

4. Toe die eindelose hemelse barmhartigheidsgeluk ons op die hoogte getref het, deurdat U ons besoek het, en ons aller deel geword het, het ek dan ook die vroeëre leer van my hart op die heerlikste wyse volkome bevestig gevind.

5. Maar by dit alles sou ek tog nooit gedurf het om ook maar van ver af `n soortgelyke voorstelling oor U te hê nie!

6. Nou staan ek hier as heeltemal vernietig voor U, o heilige Vader, wat Homself arm noem, ja nie alleen noem nie, maar ook waarlik arm wil wees om ons almal, soos die miljoene en nog eens miljoene wat volgens U heilige wil na ons sal volg, as `n teruggekeerde barmhartigheidstraal, wat eens van U uitgegaan het, weer deur U liefde en erbarming eindeloos verheerlik in U op te neem om dan vir ons almal `n sigbare, almagtige, mees heilige Vader te wees!

7. O heilige, onuitspreeklik liefdevolle Vader van ons almal! Waarlik, waarlik, hierdie onthulling is te onnoembaar groot en gewyd verhewe vir `n sterflike mens!

8. Gewyd, gewyd, gewyd is U, o Vader, en hemel, son, maan, sterre en hierdie aarde is vervul van U oneindige eer!

9. Daarom wil ek U in my hart vurig loof, prys en liefhê bo alles, alles, alles!

10. O eindeloos goeie Vader! As dit tog vir my moontlik was om U weer ryk te maak, om aan U alles terug te bring wat U eindelose liefde ons almal so ryklik, ja in so `n eindelose oorvloed gegee het, - hoe `n saligheid sou dit tog nie vir my wees nie!"

11. Hier omarm die Vader vir Henog en spreek: "My geliefde Henog, maak jou geen onnodige sorg nie! Sien, as Ek dit daarom wou doen, om al die weg geskenkte weer te wil besit, dan sou Ek dit immers ook weer kan neem; want Ek alleen het immers die mag en die krag daartoe, omdat daar buite My immers geen ander mag, nóg `n ander krag is nie!

12. Maar Ek sê vir jou: Al sou jy ook in staat wees om My sonne, mane en al die tallose aardplanete in die eindelose ruimte te gee, dan sou so iets vir My eindeloos veel minder wees, as wanneer jy My bo alles liefhet soos `n ware seun sy enige ware Vader.

13. Want sien, dit is die allerhoogste, dat Ek vir julle `n ware Vader is en julle My waaragtige kinders is.

14. Waarlik, waarlik, Ek sal, ter wille van één kind, miljarde sonne en wêrelde van allerlei soorte opoffer, as Ek hom op geen ander manier weer by My sou kon terugkry nie!

15. Ja, luister, My Henog, Ek wil jou nog veel meer sê as dit wat Ek jou nou gesê het!

16. Sien, jy weet dat Ek alleen die lewe, onverdeeld as My liefde, in My agtergehou het, terwyl Ek verder alles weggegee het! Hierdie ewige enige lewe is Ek Self; buite My is alles dood, en het niks `n lewe nie as slegs vanuit My nie!

17. Wanneer dit daaroor sou gaan, dat `n kind slegs te redde sou wees as Ek My enige ewige lewe daarvoor sou moet opgee, dan sou Ek dit ook eerder gee, as om maar een van My kinders te verloor! - Henog, kan jy hierdie liefde begryp?"

18. Maar Henog en al die ander val voor die Vader neer, en ween van oorgrote liefde, en niemand was in staat om ook maar `n woord oor sy lippe te bring nie.

19. Die Vader sê egter: "O kindertjies, julle goeie Vader het dit nou gesê, sodat julle van Sy liefde kan bewus word! En Hy het dit nie verniet gesê nie, want wat Hy gesê het, sal Hy ook eendag volbring word deur Sy vleesgeworde woord in die groot tyd van die tye.

20. Ja, Ek sal `n Seun verwek, en Ek sal hierdie Seun al My lewe gee, en Ek sal in die Seun wees, en die Seun sal in My wees, en die Vader en die Seun sal dan ewig volkome één wees! Amen."


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205