Die Huishouding van God - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 257

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281.

Die Heer in gesprek met die blinde verstandsmense. Deemoedige liefde tot God as die weg tot die lig. Die geestelike leiding en ontwikkeling van die mensdom tot die vrye wil

257 Na hierdie woorde gaan die twyfelaars baie skugter en volledig in die noute gedryf na die arm Man toe, en wel deur Lameg begelei.

2. Toe hulle daar aankom, buig hulle voor die Arme, en die woordvoerder rig die volgende vraag tot Hom en spreek: "As dit my geoorloof is om tot U te spreek soos vir `n mens, gee my dit dan aan en ek sal spreek!"

3. En die Heer spreek: "Ek weet waarom jy nou met My wil praat, dus wat My betref hoef jy jou tong nie aan die werk te sit nie; maar as jy wil praat, praat dan ter wille van jou broers en jouself!"

4. Ons spreker was hoogs verbaas en sê na `n pouse: "Ja, as dit werklik so is, dan kan ek net swyg en jou maar net versoek om lig vir my te gee, om daardeur `n einde te maak aan ons voortdurende twyfel; want aan die lig, ja aan die ware lig het ons almal gebrek! Dit sou jy kan doen as ons jou dringend daarvoor vra!"

5. En die Heer spreek: "Luister, wie sy tong verhef voor die van My, sy tong sal verlam word; wie sy oog meet met die van My, die sal blind word! Wie sy arm ophef teen die van My, sal verdeemoedig word tot op sy laaste druppel bloed; wie sy voete voor die van My wil sit, die sal kreupel word! Wil iemand sy hoof meet met die van My, waarlik, sy harsings sal soos troebel water word en sy skedel tot `n houer vol vuil!

6. Wie egter in alle deemoed sy hart tot die van My sal ophef, sy lewe sal Ek verlig met die helder vlam van sy liefde tot My, en sy wese sal dan so lig word, dat hy in hierdie lig die dood ewig nie sal sien nie!

7. Deur Farak het julle `n ontoeganklike God geleer ken, en sy leer was heeltemal korrek; want toe was die Heer van die hemel en alle aardes vir julle ontoeganklik, omdat `n hiëna julle in die tyd sou beskaam het, wat die liefde betref.

8. Waarlik, daar het net enkele maande verstryk, sedert Ek uit `n vrywillige en groot erbarming julle kinders onder Mehuded en Sihin weggevoer het, omdat daar in hulle `n swak vonkie liefde homself begin afteken het. Sodat hierdie vonkie nie dadelik weer in hierdie diepte vol slyk sou verstik nie, het ek hulle met My regterhand uit die diepte weggeskuif.

9. En sien, Ek het Sihin die woestyn ingelei en hom daar `n hiëna tot leraar gegee, en Ek laat hom daarna onderrig gee deur `n leeu, toe deur `n beer, deur `n tier en deur `n wolf; want hierdie verskeurende diere het toenmalig meer liefde en medelye gehad as die mens.

10. Maar as dit tot voor enkele maande nog so met die mensehart gesteld was, hoe was dit dan wel honderde jare gelede in die tyd van Farak daar gestel?

11. Jy sê: 'Ons weet dat daar tot by Lameg nooit mensebloed vergiet is nie; dus moes die mense ook beter gewees het!'

12. Ja, sê Ek vir jou, hulle was beter; maar nie as vrye mense nie, maar as geoordeeldes, wat nie anders kon doen of laat, as wat Ek hulle deur My almag toegestaan het nie!

13. Hulle was gedwing om so te handel, en hulle handeling was geen werk van hulle vrye wil nie, maar dit was `n werk van My almag; maar sodat hulle nog behoue sou word, moes hulle God as `n onverbiddelike regter voor die oë van hulle siel aansien.

14. En toe die mense die gebooie van die ewige regter gehou het, uit groot vrees vir Hom, het Ek medelye gekry met die volk, en hulle vrygelaat.

15. En sien, nouliks was hulle, die voormalige gevangenes, uit My mag vrygelaat, - of alle verskeurende diere vlug vir hulle; want hulle sien net giftige slange in die vrygelate mense!

16. Ek het dit ook al sedert die ewigheid gesien; maar Ek ken ook My tyd en het geweet en weet nou baie goed, waarom `n storm die vrugbare reën moet voorafgaan. En Ek doen wat Ek doen, en weet waarom. Maar wie kan van My `n afrekening verlang?! En as hy dit verlang, sal Ek dit dan wel aan hom gee?!

17. Sien, so was dit, so is dit nou, en hoe sal dit verder gaan? Dit weet Ek goed; moet Ek dit egter vir jou sê? - Nee, daartoe kan jy My nooit oorhaal nie; want Ek is ewig vry en doen wat Ek wil!

18. Vandag sal Ek vir jou die aarde wit maak, en môre sal jy alles swart sien; want Ek is `n God en laat My nie sê wat ek moet doen nie.

19. Jy twyfel aan My, omdat Ek arm is hier. Waarlik, `n God en `n Heer is nie arm nie; dit is Ek ook nie! Maar die Heer het erbarming met julle en het julle vrygemaak, sodat Hy vir julle `n liefhebbende Vader sou word; en die Vader het uit groot liefde alles weggegee om julle as kinders vir Hom te wen, en daarom is Hy soos wat jy Hom hier voor jou sien!

20. Glo My nie, maar het My lief, dan sal jy sien dat Ek `n ware Vader is!

21. Die liefde sal jou genees en sal al jou vertwyfeling vernietig. Gaan nou dus heen en ondersoek jou hart; word deemoedig en Ek sal ewig `n ware God en Vader vir jou wees! Amen."


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205