Die Huishouding van God - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 258

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281.

Die oorleg tussen die twyfelaars. Die hoogs wyse woorde van liefde van een van die twyfelaars, wat die Vader aan die bors van die Arme herken

258 Deur hierdie woorde van die Heer was ons ongelowige geselskap baie geraak, en elkeen van hulle pleeg oorleg met sy buurman hoe die woorde van die arm man opgevat moes word:

2. "Moet mens hom in alle erns as die onvoorwaardelike waaragtigste en allerhoogste wese beskou, of moet ons hom nog meer vrae stel oor wie hy nou eintlik is?

3. En as hy tog werklik is waarvoor hy hom uitgee, en wat die koning in feite baie beslis vanaf sy troon oor hom gesê het, dan sou hy ons tog wel `n teken kan gee, waardeur ons hom onfeilbaar en sonder enige twyfel sal moet herken!

4. Want wat die wysheid van sy woorde betref, dit is vir ons begrippe weliswaar onmeetlik hoog en bowenal groot en verhewe; maar laat iemand anders ons van die hoogte spreek, dan sal die geval dieselfde wees, - want ook die sal so spreek dat ons nie bepaald veel van hulle woorde sal begryp nie!"

5. Eén uit die geselskap sê vir die oorleggendes: "Broers, luister, ek het juis op `n kosbare goeie gedagte gekom! Wat sal ons nou doen, en wat moet daar gebeur? Wat wil ons dan te wete kom? Sien, daaroor gaan ons hele oorleg! Maar daarvoor het ek nou presies die goeie gedagte.

6. Ons sou van hierdie man graag `n teken ontvang, om te kan glo dat hy werklik is wat die koning van hom gesê het.

7. Maar watse teken, vra ons onsself af, het die groot Farak ons as waarborg vir die waarheid van sy leer gegee!

8. Na my wete geen ander as enkel die verhewe leer self nie; en tog glo ons sy leer en dink daarby nie na in hoeverre dit waar of onwaar sou wees nie!

9. Hoe kan ons dan hier `n teken ter bekragtiging van ons geloof verlang om die onbegryplike van die leer van Farak in te ruil vir die baie begryplike van die leer van hierdie man, wat nie eens geloof verlang nie, maar alleen met heel sagte, hoewel eindelose wyse woorde spreek: 'Glo My nie, maar het My lief as die enige ware Vader, dan sal die vlam van die liefde die helderste lig vir julle word, en dan sal julle in julle hart duidelik sien of Ek is wat Lameg vir julle oor My verkondig het!' Wat wil ons nog meer?!

10. Ek weet maar al te goed dat twee mense mekaar nooit vooraf heeltemal sal ken, as wanneer hulle mekaar eers volledig as waaragtige broers en dus ook as baie intieme vriende begin liefkry nie. Wie kan `n vrou ken as hy haar nie liefhet en sy hom nie?!

11. Voorwaar, wie sou wil beweer: 'Ek is ten gevolge van my heldere verstand `n mensekenner en die slimheid van die vroue is vir my `n oop boek!', vir hom sê ek dat hy `n groot leuenaar is!

12. Maar as ons sien dat dit met die liefde jeens ons broers en susters nooit mis gaan en ook nooit mis sal gaan nie, dan sien ek waarlik nie in waarom dit met die liefde jeens God nie goed sou gaan nie!

13. En wat hierdie arm man betref, moet ek openlik beken: Ek het hom reeds buitengewoon lief; want `n mens met so `n wysheid is tot in ewigheid nie arm nie. Wanneer hy egter self, deur sy liefde gedwing, alles weggegee het wat hy het, wie sou dan geen wederliefde vir so `n liefde opneem nie?!

14. Ek bedoel nou dus: Hy is `n liefdevolle, wyse man, `n wonderlike broer, - ja, hy is `n man vol naasteliefde en vol van die hoogste, egte vaderliefde; daarom sal ons hom ook so liefhê soos ons hom sien en ken!

15. Om te beoordeel of hy God self is of nie God is nie, dit lê nou nog baie ver buite ons vermoë; maar dat hy iets waaragtig goddelik in hom het, dit lê in sy hele wese en elkeen van sy woorde beslote!

16. En daarom wil ek dan ook die eerste wees wat hom met `n fel vlammende hart sal nader en hom nou al nader!"

17. Nou loop die spreker na die Heer toe en sê vir Hom: "Allerliefste broer, vol van goddelike wysheid en mees ware vaderlike liefde! Wees wie en wat jy ook maar wil wees, ek hou nou eenmaal van jou, omdat ek jou alle liefde waardig bevind het, en ek weet maar al te goed dat so `n ware liefde by jou op sy plek is!"

18. Hier omarm hy die Heer en druk Hom aan sy hart.

19. En die Heer sê vir hom: "Nou het jy die ewige lewe omhels; laat jou liefde `n helder lig vir jou word! Amen."

20. Nou begin die spreker te sug en sê vir sy broers: "Hierheen, kom hierheen! O broers, waarlik, waarlik, hier is meer as maar net `n mens! Hier is waaragtig die Vader!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205