Die Huishouding van God - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 26

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281.

Henog deur die Heer tot eerste Sabbats-prediker aangestel. Uitsending van `n Bode na Hored en Naëhme

26 Nadat hy hierdie woorde vanuit My gespreek het, begewe Henog hom dadelik na die hoë Abedam en dank Hom opreg uit die diepte van sy hart vir die besondere woorde op hierdie Sabbat.

2. En die hoë Abedam sê daarop vir hom: "Nou het jy tog gesien en jou werklik daarvan oortuig hoe ydel jou vroeëre vrees was!

3. So suiwer as wat jy nou vanuit My gespreek het, so sal jy ook van nou af aan uit My Naam tot die volk spreek, naamlik tot jou vaders, moeders, broeders, susters en kinders, seuns sowel as meisies.

4. Sien, dit is van nou af aan op elke Sabbat jou vernaamste taak! En as Ek jou laat sien dat iemand hom van My afgekeer het en sy oë op die wêreld gerig het, gaan dan elke dag na hom toe, roep die verdwaalde in My Naam en plaas sy voete weer op die goeie pad van berou, deemoed en liefde tot My.

5. As sulke gevalle egter so dikwels gaan voorkom dat jou tyd te kort is, kies dan in My Naam `n geskikte helper uit jou skool en stuur hom, goed toegerus op die pad en wees daarby onbesorg; want Ek sal net so goed vir hom wees, as vir jou!

6. Die een wat julle in My Naam die hande oplê, sal Ek ook vervul met My Gees en hy sal, net soos jy, waar spreek en hy sal ontsteek in vurige liefdesywer vir My, waardeur al die gras, elke struik, elke boom, elke berg, al die water, die wind, die lug, die vuur, die aarde en al die gediertes hulle voor hom sal buig, net soos voor jouself, wat nou hulle hoëpriester is.

7. Wie sal omdraai, sal Ek met My Barmhartigheid, liefde en erbarming meer as halfpad tegemoet kom.

8. Swaai egter sewemaal My tugroede in jou hand oor diegene wat sy hart en oor dig sal toestop en sy oog vir julle sal sluit!

9. Bekeer hy hom dan nog nie, verdryf hom dan uit die gemeente; en as hy huilend en weeklaend met `n hart vol berou wil terugkeer; kyk hom dan aan, neem sy hand, hef hom op en neem hom onder jou hoede, bring hom hierheen, rig `n gastemaal aan en nooi baie daartoe uit, sodat daar in julle omgewing deur My vaderliefde, groot vreugde sal heers, omdat `n verlorene homself weer gevind het en in sy hart tot sy Vader teruggekeer het.

10. Waarlik, dit sê Ek vir julle, as `n mens diep geval het en weer volledig terugkeer, dan moet julle meer blydskap voel oor hom, as oor nege-en-negentig regverdiges, wat geen bekering van die nood nodig het nie!

11. Want dit is nie meer as billik dat iemand wat lewend is, lewend bly nie; wie hom in die lig bevind, begaan nie so maklik `n dwaling nie.

12. Dit is immers die lot van die swakkes, om slegs `n geringe las te dra op goed verligte weë.

13. As Ek egter aan `n sterke in die nag `n swaarder las te dra gee, maar hy raak die weg kwyt en hoor julle nie roep nie en dwaal lank rond en bereik geen doel nie, behalwe dan dat hy die nabyheid van ondergang en dood bespeur en hy keer dan tog uit homself langs die moeisame weg terug en kom wenend by julle aan en julle het daardeur `n vir altyd verlore gewaande en diep betreurde broeder teruggevind; soos Ek `n verlore seun, sê My, is dit nie meer as die nege-en-negentig, wat hulle voete nooit oor die drumpel van hulle huisdeur gesit het nie, wat natuurlik wel te billik is?!

14. Daarom moet julle blydskap groot wees oor die één wat verlore was, ja wat dood was en weer tot lewe gekom het.

15. Die regverdige het geen rede om te huil nie, omdat slegs `n verligtende las op hom druk; maar wie `n swaar las op sy skouers het en daaronder beswyk en dan huil; wie se hart is dan soseer van klip dat hy geen medelye het met die mens wat so hard geval het en nie alles in werking stel om hom weer orent te help, as dit enigsins moontlik is?!

16. En kan hy dit nie doen nie en moet hy tot sy groot leedwese die gevalle broeder onder die las sien beswyk, sal hy hom dit nie ter harte neem nie?! 

17. As die gevalle broeder homself egter dan weer sonder hoop oprig, wie sou dan nie van groot vreugde op hom afloop, die doodgewaande broeder aan sy hart druk, en hom dadelik na sy huis lei en `n goed versterkende maaltyd vir hom klaarmaak nie?!

18. Daarom sê ek vir julle almal wat hier aanwesig is, dat julle die dwalendes kragtig moet vermaan; en wie daar uit julle gesig verdwyn, die moet julle met alle krag van My Liefde in julle gaan soek.

19. Dog niemand sal die tugroede oor sy broeder swaai voordat Ek hom sal toeroep: 'Tugtig hom nou met die vuur van julle liefde; laat hom weliswaar die gemeente verlaat, sodat niemand hom vir hom sal vererg nie, maar laat julle hart hom tot aan die einde van die wêreld begelei!'

20. Laat met julle laaste afskeidsblik, asook met alle voriges, julle dwalende broeder altyd weet dat hy jou arme, afgedwaalde en gevalle broeder is en dat hy net soos jy `n seun is van My Liefde, hoewel een wat geval het!

21. Toorn moet aan julle geheel vreemd wees en elke vervloeking moet ver van julle mond wees en dubbel so ver van julle hart!

22. Soos wat julle egter met mekaar sal omgaan, so sal Ek My ook teenoor julle gedra; wie teenoor julle sal sondig, die sal ook teenoor My sondig.

23. As julle hom egter sal straf, dan sal Ek hom weliswaar ook straf, maar hoe, dit weet Ek alleen.

24. Julle sal egter daarom julle oordeel nie misloop nie; hoe die oordeel uitval, - dit weet Ek ook!

25. En nou sê Ek vir jou, geliefde Henog, laat `n bode hom onmiddellik gereed maak en stuur hom na die landstreek wat geleë is tussen middernag en môre; want daar verlustig `n broeder homself buitensporig met `n vrou uit die laagte. Sy naam is Hored en die van die vrou Naëhme. Hy weet nie wat hier aan die gang is nie; laat hom daarom sê dat Ek hom laat roep, en daarom moet hy ook vinnig hierheen kom! Amen."


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205