Die Huishouding van God - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 260

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281.

Die woorde van die geestelike blinde verstandsheld

260 Na hierdie woorde begeef die geselskap hulle weer allereerbiedig na hulle vroeër plek.

2. Maar die voormalige woordvoerder gaan na die Heer toe en sê vir Hom: "Sien, ek staan hier voor jou, soos jy my deur my broers laat roep het; maar ek weet nouliks waarom jy my laat kom het!

3. Maar tog wil ek voor jou spreek en sal jou vertel wat my daarvan afhou om te glo wat, volgens wat ek meen om op te merk, al my vriende, broers en susters nou glo, en waardeur hulle dan ook sigbaar gelukkig is deur die geloof aan jou regstreekse goddelikheid.

4. Jy is tog ewe eindig en begrens nes ek, en jy kan met jou hand op natuurlike wyse seker nie verder reik as ek nie en jy kan ook met jou voete verseker geen groter sprong maak as ek met die van my nie.

5. Dit kan jy, nóg iemand anders my betwis. Bowendien is jy hier heeltemal aanwesig, en daar ontbreek geen enkele deel van jou liggaam en ook sekerlik nie van jou gees nie.

6. Ek wil daarmee nie beweer dat jy nie die een is wat die koning of nou die leier Lameg aangedui het nie, en wat jy nou buitengewoon wys oor jouself getuig het; maar ek sou wel graag wil weet wie nou eintlik die hele skepping in stand hou, dra en lei! Wie gee lewe aan die eindelose groot aardryk, wie wek die winde op, wie hou nou die eindelose groot see binne die perke, wie stoot nou die golwe van die riviere vooruit, wie ondersteun die natuurlike vuur van die berge, wie laat nou die sade ryp word, en wie bewaak nou die lewe van alle wesens, terwyl jy, soos gesê, jou nou onverdeeld in ons midde bevind?

7. Sien, dit is vir `n denkende mens `n vraag van die grootste gewig; solank dit nie volledig korrek vir my beantwoord word nie, kan ek nie volledig aanneem dat jy werklik en tegelykertyd in alle volheid van die mag en krag die enige ewige God en Skepper en Instandhouer van alle dinge is nie.

8. Dit is waar, die liefde van die hart kan so-iets wel doen, soos wat die kinders ook doen wanneer hulle ongetwyfeld as waar aanneem dat, die mense wat vir hulle sorg, hulle ouers is; maar is die stelling daardeur ook reeds algemeen geldig?

9. Ek sê: Nee! Want laat `n suigeling net aansienlik ver weg van sy huis in die vreemde opgroei. As die egte vader hom dan na twintig jaar laat sien, dan sal mens hom as vader baie spoedig daarvan kan oortuig dat dit nie so maklik is om slegs met liefde die vaderskap aan die seun te bewys nie, en mens sal sy toevlug tot ander bewysmiddele moet neem, waardeur die seun op verstandelike wyse daarvan oortuig word dat wat sy vader sê om te wees, hy ook werklik sy egte vader is. 

10. As dit gebeur het, dan sal die liefde van die seun ten opsigte van die vader sondermeer die eerste plek in sy gevoel en sy lewe inneem; maar solank dit nie gebeur het nie, kan die seun afgeraai word om die vader as sodanig lief te hê, voordat hy hom met sy verstand herken het.

11. Werklikwaar, die vader moet van alle insig verstok wees, as hy dit in erns van sy seun sou verlang!

12. Sien, jy verlang nou dieselfde van ons en dus ook van my! Maar hoe is dit met jou orige wysheid te rym?

13. Behalwe ek, glo almal weliswaar dat jy heeltemal volgens waarheid, God sedert die ewigheid is; maar sien, dit is `n swak geloof, wat slegs deur Lameg en jou eie wyse welsprekendheid tot stand gebring is en daarom ook ewe maklik in rook sal opgaan soos wat dit ontstaan het, en die volk sal dan weer in groot duisternis wandel en God se oordeel vir hulle op die hals haal.

14. Want wanneer hierdie ingeprate liefde baie gou en maklik sal afkoel, sal die swak geloof ook daarmee ten gronde gaan.

15. Maar wanneer ons jou met ons verstand herken en dit natuurlik sonder enige twyfel, soos wat ons insien dat één en één twee is, - dan sal die liefde vanself ontstaan en ook verder onverganklik bly soos die onomstootlike ware grondberekening, en vir God sal dit nooit nodig wees om Sy volkere te oordeel nie, maar hulle steeds maar net gelukkig te maak.

16. Beantwoord daarom my vraag, en ek sal jou ongetwyfeld glo; maar beantwoord jy dit nie, dan bly ek wat ek is en bly by die God van Farak!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205