Die Huishouding van God - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 261

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281.

Die antwoord van die Heer: Gebrek aan deemoed, liefde en goeie wil as oorsake van die blindheid van die twyfelaar. Die uitsiglose weg van die verstand as weg na die lig

261 En die Heer wend Hom tot ons woordvoerder, sien hom veelbetekenend aan en rig toe die volgende woorde tot hom:

2. "Luister nou goed na My, harde verstandsgees; want Ek wil jou laat sien hoe dwaas jy is en hoe dom, ondanks al jou verstand!

3. Ek het julle almal reeds van tevore duidelik uitgelê welke verskil daar is tussen My nou en die God wat Farak jou geleer het, en sien, behalwe jy is daar niemand wat My woorde nie in sy hart begryp het nie! Hoe het dit gebeur?

4. Ek sê vir jou dat dit gebeur het deur jou heeltemal verkeerde wêreldse hart, wat geen deemoed ken en daarom geen liefde het nie.

5. En wanneer `n hart geen liefde het en derhalwe geen lewensvuur en daarom ook geen verligtende vlam om al die hoër en diepere waarhede vir haar hele wese te belig nie, - sê My, waar moet die lig vir daardie hart dan vandaan kom?!

6. Deur welke woorde en deur welke tekens kan iemand, wat sowel doof as blind is, dan eintlik van die een of ander waarheid oortuig word?!

7. En jy is in jou hart sowel doof as blind; daarom begryp jy ook nie wat alle ander met die minste moeite van die wêreld goed begryp het nie!

8. Jy sê dat mens die seun in die vreemde, wat as suigeling uit die ouerlike huis moes weggaan, ander verstandelike bewyse moes gee as die vaderliefde, om deur hom as `n seun, wat sy ware vader herken het, bemin te word; want as die seun die vader volledig sou herken, dan sou hy hom ook sekerlik vanself liefhê.

9. Goed, sê Ek jou; maar wat moet mens dan doen as die seun ongelukkigerwys doof sowel as blind is?

10. Sien, nou is jy verbaas en verleë oor `n antwoord! Maar Ek sê vir jou: As die egte vader so `n ongeluk by sy seun sal opmerk, dan sal hy al die moontlike in werking stel om die arm seun weer horend en siende te maak.

11. Ja, hy sal sy seun aan sy skouer neem en sal hom na `n wyse met `n magtige gees bring, sodat die hom weer sy gehoor en sy gesig sal teruggee.

12. En as die seun dan moontlikerwys sy gehoor en sy sig weer terug het en dan van sy vader leer spreek, sê My, sal die seun dan ook nog na ander bewyse vra om sy vader te kan herken, of sal die groot liefde van die vader hom nie in die eerste plek en onfeilbaar sê dat hy sy ware vader vóór hom het nie?!

13. Ek as die ewige, enig ware en mees liefdevolle Vader kom dan ook na julle dowes en blindes toe en maak julle almal horend en siende en leer julle My woorde spreek, - ja, My lewende woorde leer Ek julle!

14. En sien, baie verstaan My, sien My en het in My die enig ware God en Vader herken!

15. Waarom kan jy dit dan nie? - Omdat jy jou nie op die enigste moontlike en lewende manier wil laat genees nie! Jy is in jou doofheid en blindheid self `n wyse en weet self die beste middele daarvoor; daarom versit jy jou in jou gevoel en wil jy jou nie laat genees nie!

16. Maar Ek sê vir jou, jy kan doen en laat en wens wat jy ook maar wil, maar dit sal jou tydelik, nóg vir ewig, geluk om die lig van die gees op `n ander weg te benader as slegs op die manier wat Ek jou nou geleer het!

17. Waarlik, jy sal geen ander teken van My sien as slegs dit van My liefde en groot erbarming nie! Is dit nie genoeg vir jou nie, bly dan soos jy is; maar is dit wel genoeg, dan sal jy niks anders meer nodig hê nie, - want dit sal sondermeer die hoogste vir jou wees!

18. Jy wil soos één en één twee is, `n bewys hê. Sien, as so `n bewys staan Ek ewig lewend voor jou; want Ek en die God van Farak is volkome één. Maar dit sal jy nie insien, alvorens jy My nie met jou hart sal begryp het nie!

19. Met jou verstand sal jy My ewig nooit begryp nie, want daarvoor is Ek oneindig, - en slegs Ek weet hoe Ek alle geskape dinge instandhou, wanneer Ek, volgens wat dit vir jou voorkom, ook nie verder kan reik en spring as jy nie!

20. Gaan nou, en kom met die siendes tot `n beter insig, en sê My dan hoe ver Ek in staat is om te reik en te spring!

21. Maar verwag in geen geval `n teken van My nie! Want as Ek `n teken doen, dan oordeel Ek jou; nou egter maak ek jou maar net lewend. Begryp dit nou en gaan! Amen."


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205