Die Huishouding van God - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 262

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281.

Die twyfelaar wat deur die Heer tereggewys is, in gesprek met een van sy vriende

262 Na hierdie indringende, lewende leer, maak ons woordvoerder `n diep buiging voor die Arme en gaan swyend terug na sy geselskap. Toe hy daar aankom, wend hy hom tot een van sy vriende en stel hom die volgende vraag:

2. "Beste broer! Sê net eerlik: Glo jy sonder enige twyfel dat die arm man daar die allerhoogste goddelike Wese Self is?

3. Sê my: Wanneer jy alle omstandighede, alle eienskappe wat vir `n suiwer goddelikheid tog beslis vereis word, ryplik oorweeg, stoot jy dan nie op bedenkinge nie?

4. Dit is waar: Die woorde wat die man spreek vloei oor van die diepste wysheid, en die liefde lê oral ten grondslag daaraan; maar as ek daarnaas weer hierdie ontsettend eenvoudige mens, uit wie se mond sulke wonderlike woorde kom, eens goed in die oog neem en vir myself sê: 'Moet dit, kan dit wel God wees, God, die oneindige, die almagtige, die ewige?', o sien, daarvoor versit my verstand hom vir alle tye!

5. Daarom sou ek tog graag `n oordeel van jou verneem in hierdie buitengewone belangrike aangeleentheid! Glo jy dit ernstig, of glo jy dit maar net uit suiwer, ook altyd te regverdige taktiese oorwegings? Sê dit vir my!"

6. Waarop die ander vir ons woordvoerder sê: "Luister, ons aller vriend en broer, jy weet immers nog dat ek deur Lameg in die gevangenis gewerp is, omdat ek hom absoluut nie as `n God wou erken het nie!

7. Sien, in die tyd het baie hom nie om suiwer redes, maar om die mees smerige politieke redes as God erken! Het ek dit gedoen?

8. Jy sê: 'Sekerlik nie!' Maar omdat ek nou die gevangenisse geproef het, sou dit dan nou tog suiwer of smerige politiek van my kant af wees om die arm Man volgens Lameg se uitgesproke wil as die enige ware God van hemel en aarde te erken! -

9. O broer, ek sê vir jou: Ook al sou Lameg my met duisend gevangenisse gedreig het om die Man as `n God te erken, - as Hy dit nie was nie, werklik, dan sou ek dit nooit gedoen het nie!

10. Inteendeel, ek sou altyd vooraf geneig wees, om Lameg duisend maal te trotseer as hom te gehoorsaam, want jy weet hoe hy my vrou en kinders afgeneem het en my vrou tot `n slavin gemaak het en die kinders vir die skandelikste prys aan die vorste verkoop het!

11. Luister broer! So `n wond wat aan die vader en troue eggenoot van `n hoogs beminlike vrou toegebring was, heel nie deur die gevangenis en ook nie deur hierdie maaltyd nie!

12. As jy dit net goed oorweeg, dan sal jy ontsettend weinig politiek in my ontdek!

13. Maar wanneer ek die Man sonder twyfel as die enige ware God erken en Lameg nou alle onreg vergeef en vas en lewend glo dat daar buite hierdie God ewig geen ander meer bestaan en ook nie kan bestaan nie, dan kan jy wel aanneem dat ek `n baie goeie rede daarvoor moet hê.

14. En die rede is nou juis die arm Man Self! Leer Hom met jou hart ken en nie met jou verstand nie, - dan sal jy in jouself die onuitspreeklike rede vind, wat self vir jou sal sê:

15. Sien, hierdie arm Man is die groot, heilige, mees liefdevolle, hemelse Vader van alle engele en mense, die Skepper van alle dinge, en alle ewighede en die hele oneindigheid gehoorsaam aan Sy mees heilige en almagtige wil!

16. Van Sy goddelike kant sou slegs die allergeringste wenk nodig wees en die hele sigbare skepping sou nie meer daar wees nie, of daar sou duisend nuwe sonne aan die uitspansel brand!

17. Sien, so is dit en sal dit ewig bly! Dit is nou my rede, en ek glo dit omdat die liefde tot Hom my dit sê en laat sien.

18. Het ook jy Hom daarom bo alles lief, dan sal jy dit spoedig insien; want die Vader wil liewer bemin word as om erken te word. Dit is Sy wil.

19. Die kinders hou tog ook van hulle ouers nog voor hulle hulle erken, en ons het nooit beswaar daarteen gemaak nie, al sou dit nie in orde wees nie!

20. Waarom sou die almagtige, goddelike Vader dit dan ook nie van ons so wil nie? Hy wil dit so; dus doen dit so, broer! Ja, begryp dit goed! Amen."


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205