Die Huishouding van God - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 263

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281.

Die twyfelaar wat deur sy vriend geleer is, op weg na erkenning van die Heer

263 Toe ons woordvoerder hierdie woorde as `n goeie antwoord van sy vriend te hore kry, begin hy diep en vol aandag daaroor na te dink, hoe onmondige kinders op die weg van die liefde, hoewel dit in `n sekere sin nog instinkmatig is, allereers tot die onfeilbare erkenning van hulle ouers kom.

2. Ja, hy strek sy gedagtes selfs tot in die diere- en planteryk uit en vind hierdie stelling vir die eerste keer op `n vir hom verrassende wyse bevestig.

3. Hy word uit sy baie ervaringe gewaar, dat alle diere wat hy ken, hulle as dierekinders aan hulle verwekkers vasklem en hulle nie vroeër verlaat as wat hulle volledig met die benodigde dierlike krag toegerus is nie; en in die planteryk ontdek hy nou ook, soos mens gewoond is om te sê, dat die appel nie ver van die boom val nie.

4. Na sulke goeie gedagtes wend hy hom weer tot sy vriend en sê vir hom: "Luister, my allerbeste vriend en broer, hoe meer ek nou oor jou woorde nadink, des te meer lig vind ek daarin! In die begin het hulle vir my gelyk om heeltemal sonder betekenis te wees; maar sien, hulle wek by my `n steeds groter belangstelling! Daarom kom dit vir my voor dat hulle eintlik nie heeltemal uit jouself kom nie.

5. Ek wil daarmee nie heeltemal sê dat ek jou nie tot `n soortgelyke wysheid in staat ag nie, want ek weet immers van vroeër dat jy `n baie verstandige man was en deur niks van `n eenmaal grondig gevormde idee af te bring was nie, selfs nie deur Lameg se gevangenisse nie.

6. Maar net, weet jy, liewe broer, maak ek hierby `n klein onderskeid, omdat dit tog twee verskillende dinge is: Wys spreek en verstandig en volgens die verstand spreek en handel.

7. Teen my het jy duidelik wys gespreek, en vandaar dat ek ook op die gedagte gekom het dat so `n wysheid nie van jouself kom nie. Want sy is te veelomvattend, te algemeen; ons mense kan egter nie ons beperkte idees so ver uitbrei nie, omdat die insig daartoe ons nog altyd ontbreek het, en ons het dit in die besonder in die kerker ondervind.

8. Maar wanneer jy nou met sulke sinne aankom, waaraan `n hele skepping van begin tot einde ten grondslag lê, dan is ek van mening om jou nie te beledig nie, as ek dit oor jou uitspraak beweer.

9. Maar ek sê nou ook vir jou, dat jou woorde my nader by die doel gebring het, as wat jy miskien sou dink! Ja, jy kan dit van my aanneem, die idee van die goddelike mens word vir my ook steeds helderder, en my gemoed versit hom nie meer so erg daarteen nie; maar dat die arm man hom so verklee het, begryp ek nie so goed nie!

10. Kan jy miskien ook `n woord daaraan wy wat vir my begrypliker sal wees as sy veel te wyse woorde; dan sou ek daartoe geneig kan wees om die arm man volledig as Die Een te erken, as wat ek hom sou moet erken, en nou ook werklik graag sou wil! As jy dus, wat dit betref, my nog iets kan sê, doen dit dan tot my volledige gerusstelling!"

11. En die ander neem die woord en sê vir ons woordvoerder: "Broer, waarlik, as jy nie blinder is as die middelpunt van die aarde nie, dan weet ek dit nie meer nie!

12. Wat noem jy dan ryk en wat arm?

13. Is ryk wees vir jou dan as iemand wat sy liggaam heeltemal bedek met voortbrengsels van sy eie of sy broers se hande, welke voortbrengsels aan dinge uit die natuur ontlok is, of indien so iemand uit leem en oorbodige klippe `n huis vir homself gebou het?

14. En noem jy iemand arm as hy van dit alles, gedwing deur die hardheid van sy broers of vrywillig, min of meer behoeftig is?

15. O sien, dit is heeltemal verkeerd! God het die mens na Sy beeld geskape en het hom heeltemal naak op die aarde gesit; en so kom nog heden ten dage alle mensekinders naak op hierdie wêreld. Is die naakte mens daarom God se armsaligste skepsel? Of is hy nie juis buitensporig ryk deur die ewebeeld wat aan hom gegee is deur sy Skepper nie ?!

16. En as die Skepper nou in Sy oorspronklike menslike gestalte by ons gekom het in die volheid van Sy ewige Liefde en Wysheid?! Kan jy dan nog in jou hart aanmerkings maak op hoe Hy van oorsprong in Sy wese is?

17. Daarom sê Ek vir jou: Erken jou groot en growwe blindheid, gaan vinnig na Hom toe en val aan Sy voete neer, sodat daar lig kom in die grootste dwaling van jou lewe!

18. Kyk na die eindelose barmhartigheid, om God, die almagtige Skepper, die allermildste Broer en mees liefdevolle Vader, in ons midde te hê!

19. Waarlik, slegs die gedagte daaraan is al te groot en te gewyd vir die mens; en sien, hier is meer as die mees verhewe gedagte! Hier is Hy, die almagtige Vader Self!

20. Kan jy nou nog in jou gees talm, terwyl die hele oneindigheid van al te groot eerbied bewe?!

21. Sien, Hy, die almagtige, ewige God, die Skepper van die oneindigheid, wag op jou!

22. Vinnig daarom na Hom toe, voordat dit te laat word, en aanbid Hom met jou hele hart!

23. Haas, haas jou na Hom toe, na die heilige Vader! Amen."


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205