Die Huishouding van God - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 264

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281.

Die vrees van Terhad, die nuwe bekeerling, vir die Heer. Die lig- en troosvolle woorde van die Heer tot die vreesagtige Terhad

264 Na hierdie woorde bedink die woordvoerder hom nie langer nie en neem die arm Man geheel en al in hom op as die Heer van hemel en aarde.

2. Maar nou begin iets anders hom te bedruk en hy wend hom daarom weer vinnig tot sy vriend en sê vir hom:

3. "Luister, my allerbeste vriend en broer! Noudat ek jou woorde ryper en dieper oorweeg het, het ek nie alleen die moontlikheid nie, maar die volle werklikheid gevind, dat die Man werklik in Homself die allerhoogste goddelike Wese is en daarom het ek geen bewys meer nodig nie, omdat my hart dit nou self openlik hard verkondig.

4. Maar iets heeltemal anders kom nou in my op, en dit is veel erger as al my vroeër vertwyfeling.

5. Jy kyk my nou wel met groot oë aan en soek in my oë en op my voorhoof om te sien wat dit dan wel is. Maar ek sê vir jou, doen dit nie; want ek wil dit jou immers terwille van goeie raad vertel.

6. Sien, dit is `n ontsettende vrees, so `n groot vrees soos wat ek nog nooit in my hele lewe gevoel het nie!

7. Jy het nou wel met indringende woorde vir my gesê dat ek vinnig na Hom toe moes gaan en my aan Sy voete moes werp en Hom daar aanbid; maar hoe kan ek dit nou doen, noudat `n meer as bomatige vrees vir die eindelose groot goddelike verhewenheid al my ledemate verlam?!

8. Gee my daarom raad wat ek moet doen!

9. Ek sou wel na Hom toe wil vlieg, as ek dit kon; maar dit is vir my volkome onmoontlik! In my bewende hart is ek nou wel heeltemal by Hom; maar juis daardie verskriklike 'by Hom wees' verlam al my krag!"

10. Op hierdie oomblik staan die Heer op en gaan reg op ons woordvoerder af.

11. Maar toe hy dit sien, wou hy vlug. Maar sy vriend neem hom aan sy arm en sê vir hom:

12. "Broer, bedink wat jy wil doen! Waarheen wil jy dan vlug en waar wil jy jou vir God verberg?! - Sien, die Heer raak jou al byna aan; wat wil jy doen?!"

13. Nou raak ons spreker bewusteloos en lyk asof hy dood op die grond wil neerval.

14. Maar toe die Heer heeltemal by hom was, raak Hy hom aan en sê: "Terhad, Ek sê vir jou: Staan op en wees nie dood nie, maar lewend!"

15. Terhad staan dadelik op en met `n nog hewig verskrikte gesig staar hy die Heer aan.

16. Maar die Heer kyk hom sag en vriendelik aan en sê vir hom: "Terhad, jy wou tog altyd `n teken gehad het om ook te kan glo wat alle ander glo!

17. Ek Self sê vir jou: As Ek jou of iemand anders of `n hele volk tekens van My teenwoordigheid sal gee, dan het daar `n oordeel oor hulle gekom, wat die dood in hom berg.

18. Maar wie My herken in sy hart, het My in vryheid herken en daardeur die ware, ewige lewe in homself gevind, en die dood sal vir ewig ver van hom wees.

19. Sien, dit was die betekenis van My woorde, maar vir jou was sulke woorde nie genoeg nie, maar jy wou My eers met jou verstand en eers daarna met jou liefde aanneem.

20. Ek het dit dan ook toegelaat en het verstandelik tot jou gespreek, deur die mond van jou broer, sodat dit vir jou sou helder word dat Ek werklik is wat Lameg op sy troon oor My verkondig het. 

21. Daardeur het jy My met jou verstand geneem en dit steeds meer met My oerewige goddelikheid gevul. 

22. En deurdat jy jou verstand steeds meer met My gevul het, het jy jou hart vergeet; sy het daarop ineen gefrommel, en toe jy My in jou hart wou opneem, skrik sy so vreeslik vir My grootsheid in jou verstand en word dit terneergedruk deur My gewig in jou, dat jy van vrees en dood gebewe het en wou neerval toe Ek nader aan jou gekom het.

23. En sien, dit was dan ook `n teken vir jou dat Ek Die Een is wat jy in jou hart veel makliker en eenvoudiger sou gevind het, sonder dat dit daarby sou nodig gewees het om `n bietjie van die oordeel te ondergaan!

24. Maar noudat jy My erken het, neem My nou dan ook op met jou hart en wees `n getroue wagter van My heiligdom, wat Ek aan julle gegee het!

25. En wees nou opgewek en vrolik, want Ek, jou Vader, het dit nou aan jou geopenbaar.

26. Wees lief vir My, dan sal jy My nooit hoef te vrees nie; want Ek is net julle Redder, maar ewig geen verwoester nie. Wees dus nou opgewek en bly! Amen."


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205