Die Huishouding van God - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 265

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281.

Terhad se goeie toespraak en vurige liefdesverklaring aan die Heer. Die ontroering van die Heer en die groot belofte oor die geestelike missie van die aarde

265 Na hierdie woorde van die Heer begin Terhad eers vryer asem te haal; sy hart was nie langer bevrees nie, en `n magtige liefde tot die Heer vervul nou sy hele gemoed.

2. In hierdie nuwe toestand open ons woordvoerder nou weer sy mond en gee ruimte aan sy hart deur die volgende woorde:

3. "O enige ewig ware Vader aan wie niemand gelyk is nie, - U is Die Een wat ek my nooit so eg durf voorgestel het nie, want reeds te eindeloos verhewe het die Naam, wat Hom, die almagtige Skepper van hemel en aarde aandui, in my geklink, en ek het dikwels heimlik vir myself gesê:

4. 'O heilige Naam, as ek aan jou dink, dan bewe my hele wese op al sy grondvestings!'

5. O, wat moet die eindelose verhewe heilige Draer van hierdie heilige Naam Self dan wel wees, welke gewydheid, welke ewige, oneindige glorie moet Hom omvat as Sy Naam my al so nietig maak en ek my by die uitspreek daarvan, voorkom as die mees ellendige wurm, wat nouliks sigbaar so moeisaam oor die dooie stof van die aarde kruip!

6. Sien, sien, o U, wat my oë ewig onwaardig is om te aanskou, so was dit vanouds met my gemoed gestel, langs al die res van my waaragtige groot nood!

7. Maar wat moet ek nou dink, wat voel en wat sê, omdat U nou in die hoogste eenvoud as `n broer voor ons almal hier staan, terwyl tog die hele eindelose hemel in tallose ligte vanuit U ontbrand, die son U lig aan die aarde skenk en die maan hom altyd met U glans omgord en alle heilige prag van die aarde U werk is?!

8. Ja, wat moet ek spreek ten opsigte van U, o eindelose goeie, heilige Vader, as ek bedink dat U elke oomblik my lewe met U almagtige wil behou en elke asemtog `n vry, hoogs wonderbaarlike geskenk van U is?!

9. O eindeloos verhewe, heilige, goeie Vader, ek weet nou uit louter liefde vir U geen raad nie! Ja, dit is werklik waar, o God, Vader, laat my uitspreek hoe ek dit ervaar, - ja, dit is werklik waar, van liefde kan ek dit net nie uithou in U mees heilige aanwesigheid nie!

10. En tog is dit vir my onmoontlik, om my blik ook maar één telling van U, o heilige, goeie Vader, af te wend!

11. O, laat U tog deur my bemin word met al my krag; ja, laat ek U so hewig liefhê, dat die vuur van my liefde tot U my heeltemal mag verteer en ek geheel en al mag sterf in die liefde tot U, o my God, my Heer, my heilige, goeie Vader!

12. O Vader, ek kan nie meer spreek nie; want die liefde tot U gryp my hele wese te magtig aan! Ja, dit kom my voor dat my eie hare my al toefluister: 'O bemin, bemin, bemin die Vader; want Hy het jou reeds ewighede vooraf liefgehad nog voordat jy daar was! Hy is die suiwerste, ewige liefde Self, en jou liefde is Sy liefde, wat jou gees in jou hart lewend maak; bemin, bemin, bemin daarom Hom, die goeie, heilige Vader! Bemin jou God, bemin jou Skepper; want Hy is gewyd, gewyd, gewyd!'

13. Ja, selfs my vel wil spreek en my gebeente en al my ingewande, en ek hoor hulle sê: 'God, jou Vader, is `n lewende woord in jou! Jy is `n uitgespreekte gedagte van Hom, wat voor jou staan; jy is met haar, vel, gebeente, ingewande, met hart en bloed, met siel en gees self `n woord uit die mond van Die Een wat voor jou staan! Bemin, bemin, bemin Hom; want Hy is jou alles, Hy is jou lewe, Hy is jou lig, soos die lig van die oneindigheid, Hy is al jou krag, jou spraak!'

14. O Vader, heilige Vader, laat U tog ewig liefhê deur my, - ja laat U ewig liefhê deur ons almal! U is bemin, geloof en aanbid, o mees heilige Vader, en laat U mees heilige Naam altyd en ewig deur ons liefde gewy, hoog geëer en geroem word!

15. O heilige Vader! Ek staan as `n sondaar voor U, en U laat U deur my liefhê?! O, hoe oneindig goed moet U wees, dat U Uself selfs deur `n sondaar laat bemin!

16. O broers, val tog almal met my aan Sy mees heilige voete neer, want sien, sien, hoe oneindig goed Hy, die heilige Vader, is!

17. O Vader, vergeef my dat ek, as sondaar, dit waag om U te bemin; wees daarom vir my en ons almal barmhartig en vol medelye!"

18. Hier val almal neer voor die Vader en ween van liefde.

19. Maar die Vader verberg Sy gesig met Sy hand en spreek as te ware vir Homself:

20. "O aarde, wat gee jy aan My! Waarlik, jou kinders sal My kinders wees! Ek sal jou verhef, sodat die sonne en engele hulle knieë voor jou sal buig; en as Ek ooit na jou toe sal kom, dan sal Ek altyd die sondaars soek en `n groot erbarming met hulle hê.

21. O Terhad, jou liefde is groot; en daarom sal jy `n ewe groot erbarming van My ontvang, en dit sal wees, dat Ek `n troue Herder vir die sondaars van die aarde sal word!"

22. Hier swyg die Heer en ween Self stil van groot liefde en erbarming met die arm kindertjies.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205