Die Huishouding van God - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 266

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281.

Die goeie getuienis van die Heer oor Terhad. Oor die oordeel en die voorkoming daarvan. Terhad aangestel as opperste wagter van die voorhof van die tempel

266 Na `n tydjie neem die Heer weer Sy hand voor Sy gesig weg en sê vir Terhad: "Terhad, Ek het jou geken en het al lankal geweet dat jy `n man met `n sterk gees en `n kragtige gemoed is; daarom het Ek My ook vir jou verberg en toegelaat dat jy My moes soek, terwyl die ander My op die eerste oogopslag kon sien.

2. Omdat jy altyd so `n sterk gees gehad het en so `n kragtige gemoed en jy jou selfs deur die kerker van Lameg nie daarvan laat afbring het om My volgens die leer van Farak te erken nie, sê Ek dan ook nou vir jou dat jy een van die vernaamste redes was waarom Ek my oor die diepte erbarm het; want waarlik, slegs `n magtige gees met die ware insig, `n onwrikbare gees, kan `n redder van die heelal word!

3. En so is jy nou `n redder van Lameg en `n redder van die laagte en jy is `n afskerming vir My oordeel, wat andersins in hierdie tyd oor julle uitgegiet sou gewees het, en jy is `n skutsmuur wat staan tussen My vuur en die sonde van Kain in die diepte van die nag van die dood!

4. En soos wat dit nou is, sal dit in die vervolg bly! Solank as wat `n plek op aarde drie mense sal hê wat regverdig is in My oë, sal Ek die plek nie oordeel nie. So lank as wat `n stad in die laagte twee regverdiges sal hê, sal Ek haar spaar vanweë die geregtigheid van die twee. So lank as wat `n land sewe regverdiges sal hê, sal Ek dit nie teister in My toorn nie. En so lank as wat `n volk tien regverdiges sal hê, sal Ek dit verskoon van die uitbreek van My vuur.

5. En solank daar nog twee vaders onder al My kinders sal lewe, wat My sal erken en liefhê, en hulle kinders en bure ook so vir My leer ken en liefhê, sal Ek geen grashalm op die hele aardbodem toornig aansien nie.

6. En wanneer daar op die hele vaste land hier in die laagte, soos op die hoogte, nie meer as net één regverdige aangetref sal word nie, dan sal Ek nog `n honderd en enige jare wag, of niemand hom tot My sal wend nie, en Ek sal ter wille daarvan ook oral bodes, wat deur My onderrig is, vir alle skepsels laat predik.

7. As die afvallige mense daarna luister, dan sal Ek hulle weer opneem as My kinders; maar as hulle hulleself nie tot My wend nie, maar des te vaster sal volhard in al die boosheid en selfs die bodes sal doodmaak, waarlik, dan sal één regverdige nie in staat wees om My gramskap van die aarde af te hou nie, en Ek sal dan alle boosdoeners op aarde verdelg en `n nuwe geslag daar vestig!

8. Hierdie woorde het Ek nou vir jou, Terhad, gespreek, soos vir die hele aarde, jy moet dit daarom opteken en wie dit met jou in hierdie saal gehoor het, die moet jy `n getuienis gee dat Ek Die Een is, wat dit nou vir jou gesê het, sodat, as daar ooit so `n tyd mag kom, niemand hom kan verontskuldig dat hy dit nie verneem het nie. Hierdie getuienis moet jy altyd en aan die hele volk verkondig en jy sal `n ware wagter van My heiligdom wees, sowel jy as ook al jou nakomelinge!

9. Jy moet op die Sabbat ook altyd `n hoofwagter wees by die poort van die voorhof, wat My nuwe tempel by julle omgewe en wat jy eers môre sal leer ken!

10. So dikwels as wat jy sal waghou, moet jy die volk hierdie woorde van My verkondig, sodat dit nooit in vergetelheid sal raak nie!

11. Noudat jy dit weet, ontvang dan ook My seën vir hierdie amp, sodat jy kragtig kan word om altyd volgens My wil te handel! Amen."


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205